Sassa sê oor Desember-toelae

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Maandag in ʼn kort verklaring alle ontvangers van maatskaplike toelae ingelig dat die maatskaplike toelae vir Desember vroeër as gewoonlik betaal sal word.

Volgens Sassa sal die betaling van die Desember-toelae reeds op 28 November begin. “Geld sal vanaf 28 November by kitsbanke en ander betalingskanale beskikbaar wees om afgehaal te word. Betalings by Sassa-betaalpunte sal op 28 November 2017 begin, benewens die punte in die Wes-Kaap wat op 1 Desember 2017 sal begin,” lui die verklaring.

Die oorspronklike betaaldatums vir die betaalpunte is op die kwitansies gedruk wat begunstigdes saam met hul November-toelae ontvang het. Toelaes kan tot 22 Desember by kitsbanke en winkels afgehaal word. Die laaste betaling van toelae by Sassa-kontantbetaalpunte is op 15 Desember 2017.

“Ontvangers van maatskaplike toelae word herinner om hul Sassa-betaalkaarte en PIN’s veilig te hou en dit met niemand te deel nie. Hulle word ook weer herinner dat die vervaldatum van hul kaarte tot ná Desember 2017 verleng is en dat die kaarte nie vanjaar vervang hoef te word nie,” lui die verklaring.

Vir enige navrae, bel Sassa by 0800 601 011.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Genieve ·

Ja nee ek gewag vir dit. Waar kan die mense al so vroeg pay 28 Nov??? vir Desember en waar sit Januarie vir jou en wag.

Leon ·

Ek aanvaar dat die toelae vooruit betaal word en nie soos ‘n salaris aan die einde van die maand nie. M.a.w Desember se toelae moes vanaf 1 Des betaal word maar word nou vanaf 28 Nov. betaal. 2 Dae vroeër. Nie vreeslike voordeel of na deel nie. Waarom al die giftige reaksie?

JK ·

Genieve, as jy regtig honger is en sukkel kan jy saam praat so nie los die Sassa mense uit

marianna ·

jk ek stem saam met Genieve hulle word nou betaal dan spandeer hulle die geld . Des en Jan.
loop die mense rond en bedel. Dit gebeur elke jaar in ons klein dorpie. Want die meerderheid koop alkohol en nie kos soos hulle moet nie.

Genieve ·

jk ek hoop jy kan die meeste dan uithelp wat moet wag tot Januarie..en dis so n lange maandag ag nee ek weet waarvan ek praat meer misdaad sal plaasvind.

Leentjie ·

Dis net die onwetendes wat nie met uitbetalings werk nie wat nie weet dat dit elke jaar al vir JARE reeds in November begin nie en teen die 15de Des is almal uitbetaal

Johan Smal ·

Ek is ook ‘n Sassa pensioenaris, en ek kan die wie so veralgemeen verseker dat nie almal van ons barbare is, of ons toelae misbruik nie. Ek en baie soos ek loop ook nie rond en bedel nie, maar ontvang ons Sassa sonder voorbehoud in ruil vir belasting wat ons ons lewe lank betaal het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.