Sassa sê stelsel is nou ‘stabiel’

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Maandag gesê sy betaalstelsel is gestabiliseer en daar is reeds R746 miljoen van die R1 miljard vir maatskaplike toelae vir Julie uitbetaal (72%).

Sassa het verlede week fel deurgeloop onder kritiek ná duisende begunstigdes met leë hande moes terugkeer nadat hulle dae lank in rye gestaan het om te wag vir hul toelae.

In ʼn verklaring het Sassa gesê hy betaal maandeliks meer as R12 miljoen aan begunstigdes en sowat 700 000 van hulle maak gebruik van die nuwe kaarte.

Dit was glo dié begunstigdes wat nie hul geld by banke kon onttrek nie ondanks die feit dat Sassa reeds die geld in hul rekeninge inbetaal het.”

Sassa het om verskoning gevra vir die agterstallige betalings en gesê hulle werk onverpoos daaraan om die probleem op te los.

Abraham Mahlangu, waarnemende Sassa-hoof, het gesê begunstigdes wat probleme ervaar, kan die tolvrye Sassa-nommer by 0800 601 011 skakel of ʼn boodskap laat op sosiale media.

“In uiterste gevalle sal Sassa maatskaplike verligting bied in die vorm van kospakkies aan enigiemand wat probleme ervaar met toegang tot hul toelae,” het Mahlangu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Spike ·

Glo julle nie. Die afgelope 24 jaar is sa op alle vlakke totniet bestuur. Die rand verswak drasties, ekonome voorspel ñ groeikoers van net meer as 1% en so kan ek aangaan. Die 1ste werêld sien nou dat hierdie mense glad nie demokratiese ekonomiese bestuur verstaan nie. Kommunisme wil alles beheer en vir hulself inpalm. Die 1ste werêld het geen vertroue in sa en het sa nie nodig nie.

Callie ·

Maatskaplike toelae n Miljard per maand. Dan n salaris van baie miljarde per maand aan n regering korps wat met meer as seker die helfte gesny kan word. Die einde is nie ver. Daar is geen manier hoe n land so kan aangaan nie.

Joey Polony ·

Die regering leen reeds R30 miljard per maand net om kop bo water te hou.

Alida ·

Wanneer gaan daai Dhlamini vrou aangevat word? Seker ook nooit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.