Sassa: Só gaan toelae nou betaal word

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Donderdag gesê vanaf 1 April sal die meeste van die land se maatskaplike toelae direk uitbetaal word sonder om soos voorheen van Cash Paymaster Services (CPS) gebruik te maak.

Ongeveer 17 miljoen mense in Suid-Afrika ontvang maatskaplike toelae van die regering.

“Ons is verheug om aan te kondig dat daar ʼn aansienlike stand van gereedheid met die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) is om te begin om vanaf 1 April 2018 die betaling van maatskaplike toelae te doen en te verseker dat Suid-Afrikaners hul maatskaplike toelae ontvang,” het Pearl Bengu, waarnemende uitvoerende hoof van Sassa, in ʼn verklaring gesê.

Die konstitusionele hof het verlede jaar ʼn bevel opgeskort wat Sassa se kontrak met CPS ongeldig verklaar. Sassa is kans gegee tot 31 Maart vanjaar om die CPS-betaalstelsel uit te faseer en begunstigdes deur, onder meer, Sapo te betaal.

In Desember verlede jaar het Sassa en Sapo ʼn diensooreenkoms gesluit. Sassa sê hy het sedertdien vordering gemaak met die uitfasering van die CPS-betaalstelsel, maar is nog nie in ʼn posisie waar die agentskap glad nie van CPS se infrastruktuur gebruik hoef te maak nie.

“Sassa het die PMG-rekeninge in die SA Reserwebank-omgewing heraktiveer, en gebruik dit om die geld te bestuur wat vir direkte oorplasings gebruik word. Dit beteken die geld word nie vooraf aan ʼn private kontrakteur oorbetaal nie, maar bly binne die regeringsomgewing totdat dit in die rekeninge van die toelaagbegunstigdes inbetaal word,” het Bhengu gesê.

Sassa het vandeesmaand direkte betalings aan 2,3 miljoen begunstigdes gemaak en verwag dat hierdie syfer vanaf 1 April sal styg.

Sy het gesê ongeveer 5,7 miljoen begunstigdes wat hul toelae met die gebruik van hul Sassa-kaarte by betaalpunte ontvang, se geld sal vanaf 1 April direk deur Sassa op hul betaalkaarte gelaai word, sonder die gebruik van CPS.

“In effek sal Sassa teen 1 April 2018 ongeveer 7,7 miljoen van die 10,7 miljoen begunstigdes [wat altyd hul toelae deur CPS ontvang het] direk betaal.”

Die poskantoor sal vanaf 3 April begin om Postbank-rekeninge vir begunstigdes oop te maak. Begunstigdes wat rekeninge by Sapo oopmaak, sal drie kontantonttrekkings gratis ontvang, een gratis balansnavraag en een gratis mini-staat per maand, asook ʼn gratis drie maande- bankstaat op versoek.

Sassa sal ʼn nuwe diensverskaffer aanstel om uitbetalings te doen aan begunstigdes wat deur die nuwe Sassa-Sapo-kaart hul toelae in kontant sal ontvang. Volgens mediaberigte sal hierdie kontant-uitbetalings aan ongeveer 2,8 miljoen begunstigdes nog deur die CPS-infrastruktuur gedoen word tot September.

Bhengu het gesê Sassa is vol vertroue dat ses maande genoeg tyd is om alles gereed te kry om heeltemal van hul dienskontrak met CPS afstand te doen.

Sassa is ook tans in gesprek met kommersiële banke om laekoste rekeninge vir die begunstigdes van maatskaplike toelae, wat hulle geld direk in hul persoonlike bankrekeninge ontvang, beskikbaar te stel.

Bhengu het ook begunstigdes gerusgestel dat die huidige Sassa-kaart nog tot 30 September gebruik kan word. Sy het gesê die nuwe Sassa-kaart sal deur die poskantoor uitgereik word en begunstigdes sal ingelig word sodra hierdie kaarte beskikbaar is. Sy het begunstigdes gemaan om intussen enigiemand wat hulle ʼn nuwe kaart aanbied weg te wys.

Intussen het die konstitusionele hof uitspraak voorbehou of hy sal toelaat dat Sassa se kontrak met CPS verleng mag word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johann ·

17 MILJOEN wat ELKE maand bakhand staan om hulle ANC stem fooi te demand! Maar hey… als is mos forniet byri new souwv afrika?

Jordaan ·

En 4 miljoen belastingbetalers sloof hulle af om die soustrein en die bedelaars aan die gang te hou!

jan ·

ek wonder of ek nou nog kan aansoek doen om my sassa direk in die bank te kan laat inbetaal

Nic ·

Jy ka, Ek het my vorm vanoggend (9 Maart 2018) by die Sassa kantoor in Pretoria ingehandig en is verseker deur die personeel daar dat my pensioen van volgende maand af direk in my bank rekening inbetaal sal word. Gaan na jou bank en vra hulle om jou te help om die vorm te bekom (jy kan dit ook self van die internet aflaai en uitdruk), voltooi die eerste gedeelte met jou persoonlike besonderhede en die bank voltooi die tweede gedeelte in verband met jou rekening nommer. Neem dit nou na die Sassa kantoor met ‘n gewaarmerkte afskrif van jou ID en jou ID. Die hele proses, by die bank en by Sassa kantoor het my so ongeveer 3 ure geneem.

k@rin ·

Dis reg dat die regering eerder sy eie instansie (poskantoor) gebruik as ‘n 3de party en die kommisie / fooie wat daarmee saamgaan.

Lou ·

Ek hoop van harte die mense wat toelaes kry het spaargeld om ‘n paar maande te oorleef want die Poskantoor gaan nie die mas opkom nie. Hulle tel onder die swakste van die swak diensleweraars in hierdie Sirkus land van ons.

Lana ·

Ai ek hoop jy is verkeerd want baie bejaardes is afhanklik daarvan. Hulle leef van hand tot mond en koop net die broodnodigste kos, daar is geen spaargeld nie. Wat ‘n tragedie sal dit nie wees nie.

Johann ·

Ek sidder om te dink wat van ons land oorbly as daai geldjies nie op tyd beskikbaar is in die 17 miljoen paar bakhande nie? ANC LEGACY van n manupileerbare massa wat sal brand en breek en verwoes aa die omkoop stem koop geldhie nie gegee word nie!

Veronica ·

Wat my briesend gemaak het is dat my Moeder die maand geen gelde ontvang het nie en dit nadat sy vorms gaan invul het dat dit in haar nuwe bankrekening inbetaal moes word. . . soos voorgestel deur SASSA. Toe ek na 3 dae uiteindelik deurkom telefonies om navraag namens my moeder te doen , moes ek hoor hul weet gladnie hoekom sy dit nie ontvang het die maand nie maar ons moet net wag want MISKIEN kry sy dan dubbel betaling einde Maart!!!
Wat n grap want hoe moet sy intussen oorleef? Sys 75 jaar en hoe kan hul geen verduideliking gee daarop nie . . . niemand by SASSA wil my ook telefonies help nie!!!!!!

Roosknop ·

Eks verseker NIE ‘n bedelaar nie. Eks n pensioenaris wat my lewe vir my man en kinders opgeoffer het.

Alida ·

Mens kan sien Mnr Gordhan is in beheer en asb mense hou tog op om negatief te wees tov die Poskantoor. Ten minste word dit nou beheer deur iemand wat nugter is en skoon hande het.

Lukas van Zyl ·

Alida. Jammer. Hier waar ek woon is die poskantoor op die dorp waar ek werk sowel as op die naburige dorp se diens pateties verby. Die sisteem is 99% vd keer van lyn af en kan nie transaksies prossesseer nie. HOE WIL HULLE SASSA UITBETALINGS DOEN. Ek voorsien een helse gemors

Watergeus ·

Dit is net soveel as die algehele bevolking van Nederland wat elke maand bakhand staan, geen wonder ons sal nooit ooit van die sosiale voordele geniet soos wat hulle in Europa kry.

GM ·

Roosknop, die mense (of belastingbetalers) veralgemeen uit frustrasie. Dit gaan oor al die jonges wat bakhand staan, terwyl hul kan werk. Hulle ‘demand’ net terwyl daar afgebreek word as als nie NOU geskied nie. Ek glo nie die mense se stellings is gemik op die ouer garde wat hul deel vir die land gedoen het nie, en nou verdien om te rus. Die land kom die ouer mense te na. Jul behoort na gekyk te word, nie te wonder waar elke dag se kos vandaan gaan kom nie.

Anton Fronemann ·

Wat gebeur indien die poskantoor van lyn af is, soos gereeld in Mpumalanga? Al antwoord wat jy kry is ” ons weet nie” en dit hou vir 3 maande aan. Nie negatief net realisties. Op 1 slag was 25 poskantore in Oostransvaal gebied van lyn af en moes ek 60 km ry om ‘n poskantoor dalk te vind in BosbokRand wat aanlyn is…………….

Hannatjie ·

Soos ek verstaan mag jy met die nuwe kaart wat jy by die Poskantoor gaan kry, by enige bank se OTM gaan trek … Tot tyd en wyl jy wel ‘n kaart kry by die Poskantoor sal jy jou geld by die Poskantoor oor die toonbank ontvang. Agter op die SASSA kaart is ‘n tolvrynommer vir enige probleme en navrae … veral vir die dame wat nie haar geld ontvang het nie … nadat ek gebel het was my geld 2 dae later in my bankrekening.

Lyn ·

Die meeste mense vir registrasie vir die “for free baby grant” blyk nie 18jr oud te wees nie. Skat so 10 snr mensies uit 100. Loer net eendag in by aansoek kantore en sien wat kom.
Sal “taxpayers”al die babas deur die skool kry.

Yankee ·

Ek wonder soms waar die eerste draai geloop word na n agtersak vol pond.

wilma ·

Pasop vir onttrekking by OTM. Daar word ‘n fooi van ongeveer R25 gehef. Ek hoop dat PnP nog toelaes gaan uitbetaal aangesien ons geen probleme daar ondervind nie. Ek kan nie verstaan waarom word daar nie ‘n GELDIGE kontrak met CPS beding met redelike fooie nie aangesien hulle alreeds alles in plek het om die uitbetalings te kan behartig. Volgens die berig blyk dit dat die huidige kaarte ook nie veel langer gebruik sal kan word nie en daar aansoek gedoen sal moet word vir nuwes.

Nita ·

CPS se diens was puik!!! En ten minste weet mens presies hoeveel hulle betaal is vir hul dienste. Maar as SAPO nou die gelde gaan hanteer sien ek: Hier kom nog n Eskom. En SAL saga. Waar geld in bodemlose putte gestort word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.