Sassa spartel steeds om toelae te betaal

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Woensdag gesê die probleme wat tans ervaar word met die betaling van maatskaplike toelae sal teen die einde van vandeesweek uitgestryk wees.

Maroela Media het vroeër berig Sassa moet behoorlik vure doodslaan nadat talle begunstigdes van maatskaplike toelae nie vandeesmaand hul korrekte toelae ontvang het nie.

Duisende pensioenarisse het gekla dat hulle sedert Sondag nie in staat is om hul geld by die Sassa-betaalpunte te onttrek nie. Baie van hulle is weggewys en beamptes van Sassa het gesê daar het foute by die stelsel ingesluip.

Abraham Mahlangu, waarnemende uitvoerende hoof van Sassa, het in ʼn verklaring bevestig dat die agentskap probleme ervaar met die elektroniese betaling van toelae. “Wat tans aan die gang is, is die gevolg van die oorskakeling van die ou na die nuwe betalingstelsel vir maatskaplike toelaes. Sassa is in die proses om Cash Paymaster Services (CPS) uit te faseer en die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) in te bring om die maatskaplike toelae te betaal soos deur die konstitusionele hof beveel,” het Mahlangu Dinsdag gesê.

Sowat 17 miljoen Suid-Afrikaners ontvang toelaes van die staat vir onder meer kinders, afhanklikheid asook pleegsorg.

Mahlangu het tydens ʼn radio-onderhoud gesê die stelsel sou na verwagting teen Woensdagoggend verbeter het en dat hulle begunstigdes op ʼn uurlike basis oor die vordering van die rye sal opdateer.

Hy het bygevoeg dat Sassa onderneem om teen Woensdagmiddag kospakkies uit te deel as verligting indien daar nog nie verbeterings aan die stelsel is nie om te verseker dat mense nie met leë hande huis toe gaan nie.

Hy sê Sassa is oortuig dat die kwessie binne twee tot drie dae uitgestryk sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ekke ·

Tipies! Onbekwaam en pateties! En dan staak poskantoorwerkers ook nog …

Lee ·

Hulle moes die stelsel weke voor die tyd al getoets het en kyk of hy gaan werk. Regtig swak. Party van daai mense staan in die koue al van vroeg oggend af om hulle geld te kry terwyl beamptes in lekker warm kantore agteroor sit en skouers optrek. Hierdie Regering van ons val uitmekaar uit.

Basjan ·

Netso Lee! Hulle het nie gedink om die stelsel eers te toets nie. Die probleem sal homself oplos. ???

bgj van der westhuizen ·

betaal dit die rek in die mense wat bank rekeninge het alles is altyd n probleem as daar nie meergatsak betalings is nie

marous ·

En wie gaan die tender vir die kospakkies kry? Wie gaan daarvoor betaal ? Geen wonder daar kom ‘n staats fiasko’s toesmeer wet nie. Die regering is ‘n skande vir die wereld en hulle ontken alles! Die land is op die rand van burgeroorlog as gevolg van die absulute vergrype van regeringslui en hul kamerade , en hulle gaan voort asof daar niks verkeerd is nie! Daar gaan binnekort geen regering wees nie . Rwanda gaan soos ‘n kleuter partytjie lyk teenoor wat hier gaan gebeur . Maak maar gereed ….dit kom vinnig.

christa ·

wat in die land is nie in gemors nie. Ek kan nie dink aan een ding wat beter is met die regering aan bewind nie. Die regring sit lekker tuis sonder probleme en die arme mense moet sien en kom klaar. Ek kan nie glo dieselfde mense stem nog vir die regring nie.

SKOETER ·

Gaan besoek gerus ‘n SASSA kantoor as jy onbevoeg wil beleef, ongeorganiseerd, deurmekaar, op ‘n tyd van hul eie en duidelik nie ‘n benul van wat hulle doen nie terwyl honderde mense staan en wag om gehelp te word om soms na ure se wag weggewys te word want die stelsel is van lyn af, of hulle staak, of haal gaan eet….. daar is altyd een of ander verskoning behalwe dat hulle nie bevoeg is om die werk te doen nie.

D V ·

‘n Bietjie geduld, geloof en gebed sal baie help.
Ons God die Vader, Seun en Heilige Gees kan wondere doen. Ons moet net glo en vertrou.

Ten laaste almal het nie bankrekeninge nie.

Alida ·

Waar is ons nuwe Staatspresident hoekom spring hy nie onder die onbekwames in nie. Hy was al die jare terwyl hy langs Zuma gesit het bewus van die onbekwaamheid van die staatsamptenare en die stelery maar hy het niks gedoen nie. Nou doen hy nog minder en laat dinge maar net aangaan soos voorheen. Baie terleurgesteld in hom. Hoekom daai Dlamini vrou nog hoegenaamd toegelaat word om naby die parlementsgebou te kom gaan my verstand te bowe.

Cynthia TREDOUX ·

Ek hoop die KOS PAKKIES sluit blankes ook in……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.