Sassa-staking gaan voort ondanks vergadering met minister

Argieffoto

Die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) het gesê hul sal Woensdag voortgaan met hul nasionale staking ondanks die feit dat van hul verteenwoordigers met Susan Shabangu, minister van maatskaplike ontwikkeling, gaan vergader oor hul griewe.

Nehawu betoog oor die algehele verwerking van maatskaplike toelaaguitbetalings, en voer aan die migrasie van die betaalstelsel vanaf Cash Paymaster Services na die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) is eensydig gedoen.

Nehawu meen die nuwe stelsel bring uitdagings wat nié deel uitmaak van die werk van die administratiewe beamptes nie en dat hulle nie daarvoor opgelei of vergoed word nie.

Nehawu voer aan dié migrasie het die stelsel kwesbaar gemaak vir maklike manipulasie, bedrog en korrupsie.

Zola Saphetha, Nehawu se sekretaris-generaal, het gesê die staking sal onbepaald voortgaan totdat Sassa se bestuur ingee aan hul eise. Volgens Saphetha word sommige vakbondlede gedreig om nie aan die staking deel te neem nie.

“Die vakbond neem met afgryse kennis van die bestuur se pogings om ons lede en werkers te intimideer en te verhoed om hul grondwetlike reg om te staak uit te oefen. Ons word egter nie van stryk gebring deur simpel dreigemente nie aangesien ons vas oortuig is dat ons eise realisties en billik is,” het Saphetha gesê.

Volgens hom het Shabangu ʼn dringende vergadering met Nehawu belê om te probeer om die dooiepunt op te los.

Sapetha het gesê hulle sal met die minister vergader en hoop dat ʼn gepaste oplossing vir die krisis wat begunstigdes en hul lede in die gesig staar, gevind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wilma ·

Ag siestog. Niemand wil meer werk vi hul salarisse. Wil hul ni maar permanent tuisbly en steeds op maandelikse salaris aandring. Werknemers het versleg. SIES

Elvira ·

Waarom moet daar alewig n staking of stroomop menae wees. Kan niks in hierdie land ordentlik om n tafel opgelos word nie. Die enigste mense wat hieronder gaan ly is die pensioenariase en mense wat toelaes kry vir hulle kinders en gestremdes. Hoekom sal hulle omgee vir die mense wat alreeds sukkel om met die karige bedraggie maandeliks uit te kom. Hulle kry mos hulle salarisse so waarom verder omgee. Sies.

Mrs H ·

Lol ja, dis nou wanneer die “empowered-blackness” op die tafel gesit word en nie “skills” nie… As hulle 30% vir n vak gekry het, slaag hulle en kan net 30% verrig daar buite wat opgesom word in n brandende protes, en dis waar dit stop. Hartseer verlore spul ekskuus van leiers.

Johan ·

Elvira, volgens my is dit omdat hulle grootgeword het in tye waar hulle gesien het hoe daar oor alles gestaak is. Hulle het by hul ouers geleer. So dit is in hul wese om te staak. Let wel – ek stem nie saam nie. Maar ek probeer net om jou te antwoord. Dit is maar my opinie.
Gaan ons dit uit hulle kry? Ek twyfel baie sterk. Mag ek verkeerd wees asb. Want dit irriteer my ook grensloos.

zoom zoom ·

Wonder nou of die miljoen wat geld kry vanaf sassa ook nou op die wa gaan klim en plekke afbrand en vernietigben plunder omdat hulle benoud is oor hulle gelde????

Hans ·

Vakbonde veral in die staatsdiens het te veel mag en gee niks om vir arme mense aan wie hulle n diens moet lewer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.