Sassa-toelae: Ooreenkoms met Poskantoor van die baan

Argieffoto

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Maandag gesê die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) sal nie meer in aanmerking kom om die betaling van maatskaplike toelae oor te neem nie.

Sy het gesê die Poskantoor het nie die vermoë om al die dienste rondom die betaling van toelae aan 12 miljoen ontvangers te behartig nie.

Volgens Dlamini kan die Poskantoor nie die 4,2 miljoen kaarte wat per jaar vir ontvangers benodig word druk nie. Sy het gesê hulle kan ook nie ʼn volskaalse bankdiens bied nie. Dit behels ʼn uitbetalingsrekening wat aan ʼn kaart met biometriese verifikasiedata gekoppel is en om te verseker dat kaarte versoenbaar is met alle bestaande OTM’e.

Volgens haar sou dít die ontvangers van toelae dwing om te reis om hulle toelae te ontvang en dit sal hulle veiligheid in gedrang bring.

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) sal daarom ʼn nuwe verkrygingsproses van stapel stuur vir diensverskaffers wat die funksies kan bied wat die Poskantoor nie kan bied nie. “Die proses sal op 28 Februarie 2018 sluit.”

Dié datum is ʼn maand voor die sperdatum wat deur die grondwethof gelas is vir ʼn nuwe kontrak.

Kritici het Dlamini daarvan beskuldig dat sy nog ʼn betalingskrisis wou skep en só die kontrak met Cash Paymaster Services verleng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MM ·

Nog iemand wat maak en se soos sy wil en die ‘ONWETTIGE J=KONTRAK” IS AL 5 JAAR TERUG ONWETTIG MAAR DIT WORD NOG STEEDS DEUR DIESELFDE MAATSKAPPY GEDOEN – WAAROM WORD SY NIE GEFIRE OMDAT SY DEFNITIEF NIE HAAR WERK KAN DOEN NIE – OF HOEVEEL WORD SY BETAAL ONDER DIE TAFEL OM DIE KONTRAK TE BEHOU BY CASH MASTER PAYMENTS – NOG KORRUPSIE DEUR DIE ANC MAAR BLY BLY SY???????????????????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.