Sassa-toelaes: Duidelikheid oor betaling kom

Pravin Gordhan (22 Februarie 2017) Foto: GCIS

Pravin Gordhan (22 Februarie 2017) Foto: GCIS

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Dinsdag gesê die regering sal indien nodig die howe vir grasie vra om seker te maak toelaes word die volgende paar maande betaal.

Gordhan het egter sy kommer uitgespreek oor etiese probleme met die maatskappye waarop die land gedwing word om te vertrou. Hy het LP’s in die staande komitee oor openbare rekeninge toegespreek en gesê die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) se versoek om van normale tenderprosesse af te wyk om ’n kontrak met Cash Paymaster Services (CPS) aan te gaan word nog oorweeg.

Volgens Gordhan sal gesprekke tussen Sassa en CPS van voor af begin indien daar aan die versoek gehoor gegee word. “Ons wil so gou as moontlik die onsekerheid uit die weg ruim en vir die 17 miljoen begunstigdes die versekering gee dat hulle op 1 April hul toelaes sal ontvang.”

Gordhan het gesê daar sal binne die volgende dae duidelikheid wees oor die betaling.

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Dinsdag in die parlement die blaam vir die Sassa-krisis voor opposisiepartye se deur gelê. Die minister het gesê sy wil “die feite regstel” en het begin deur LP’s te verseker daar is geen krisis by Sassa nie. “Ons het nog deurentyd die regte toelaag aan die regte persoon op die regte tyd en plek betaal sedert Sassa tien jaar gelede op die been gebring is. Ons sal voortgaan om dit te doen, sonder uitsondering, van April af en daarna.”

Sy het die verwarring oor die betaling van toelaes op “doemprofete” geblameer, in ʼn oënskynlike verwysing na die opposisiepartye.

LP’s van die opposisiepartye het egter volgehou die minister moet bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

snoefie ·

daardie R25 per toelaag wat hulle uit betaal (dalk is dit meer) kan die sassa begunstigdes twee brode meer per maand koop. laat die sassa werknemers hulle werk self doen of dank hulle af en kry mense wat die werk self kan doen en sit sodoende twee brode meer per maand op die mense se tafels.

Gatvol ·

Iemand wat so blatant probeer iets wegsteek, het beslis geraamtes in die kas.

Francis ·

mense wat sassa ontvang gaan ALMAL beslis saamstaan ongeag kleur of kultuur

Alida ·

Ek hoop hulle veroorsaak chaos as die toelaes nie betaal word nie. Dan kan hulle sien wat die ANC aan hulle doen.

Johann ·

Dlamini se dom astrantheid ken geen perke. Ek dink sys RERIG oortuig van haar eie sotte paradys rondom haar? Pass the blame; soos sy en Zuma en die ander Zumaikies geleer het in die “hoe om niks te doen en weg te kim met leuns en bedrog” ANC leerskool. Kry Pravin baie jammer: hy word opgestel deur als en almal om hom in n onmoontlike posisie te plaas. Skokkend om.te dink Zuma sal die land in totale anargie dompel net om homself te beskerm?

Johann ·

MAROELA: wie besit en bedryf CPS? M.a.w. wie trek voordeel uit die miljoene der miljoene se fooie wat CPS kry…of nie gaan kry nie?

Ed ·

My ma het Sassa gekry vir die maand. Dis maar R1500 wat sy kan trek (nie dat ek moan oor die bedrag nie, elke sent help). Wat my kwaad maak is die R100 bank kostes wat daarvan afgetrek word deur die bank as dit getrek word. Rerig, moet die bank ook nog sy stukkie van die pie vat…belaglik!

Christa ·

Waarom is SASSA in die eerste plek geskep? Vir DEKADES was staatspensioene by die Poskantoor uitbetaal!! Waarom was dit verander? Wie het SASSA geskep en daarby gebaat? Wat my die g@tvolste maak van hierdie ANC regering is: hulle het aan als gekarring wat werk, totdat dit uitmekaar geval het!! Waarom het hulle nie reggemaak of verbeter wat nodig was nie? African National Collapse!!!

John ·

Duidelikheid? ‘n Blik wurms word vandag in die GW-hof afgeskroef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.