Sassa-toelaes se betaaldatums verander

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het na konsultasie met verskeie rolspelers besluit om die datums waarop maatskaplike toelaes betaal word te verander.

Volgens Sassa is daar waardevolle lesse geleer tydens die vorige betaalsiklus wat in die landswye tydperk van afsondering geval het.

Van Mei af gaan mense met gestremdhede en bejaardes op die vierde van elke maand betaal word terwyl ander toelaes op die sesde van elke maand betaal sal word.

Die betaling van Sassa-toelaes vir April is tot 30 Maart vervroeg weens die afsonderingstydperk en die eerste twee dae was bedoel vir mense met gestremdhede en bejaardes om hul toelaes te kry. Volgens Sassa kon die ontvangers van kindertoelaes egter nie tot 1 April wag nie en het hulle vroeër op betaalpunte toegesak.

Volgens Busisiwe Memela, uitvoerende hoof van Sassa, het dit talle gesondheidsuitdagings ingehou. “Daar het onder meer ʼn video aan die lig gekom waarin jong mense by ʼn winkelsentrum in Dobsonville, Soweto, bejaardes verdruk het om by die betaalpunte te probeer kom.”

Sassa het na aanleiding hiervan met rolspelers, soos die tesourie, die poskantoor en die banksektor begin konsulteer. “Daar is tydens die konsultasies bevestig dat mense met gestremdhede en bejaardes beskerm moet word tydens die betaling van toelaes en dus hul toelaes voor ander moet ontvang.”

Sassa sal dus voortaan van twee betalingslêers gebruik maak. Bejaardes wat van een kaart gebruik maak om ook kindertoelaes te ontvang sal alle toelaes van die vierde van die maand af kan ontvang.

“Geld wat jou in rekening gedeponeer is, is veilig en sal nie teruggeneem word indien dit nie gebruik word nie. Daar is geen haas om alles te trek op die dag wat dit inbetaal word nie.

“Die Sassa-kaart kan ook as ʼn debietkaart gebruik word om vir aankope te betaal en dit is daarom nie nodig om kontant te trek en vir alles met kontant te betaal nie,” het Memela gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Eerlik

Ja, as daar net gegee word is daar geen respek vir ander nie maak nie saak of hulle bejaard of gestremd is nie. Mense word aangehits om meer en meer kinders te kry vir daai R400 per maand, hoe kan mens ooit n ekonomie herstel met so n mentaliteit. Meeste van die “child grant” begunstigdes het nie die motivering om ooit werk te gaan soek nie want die staat sorg mos. Sterilisasie is n wonderlike ding, pas dit toe.

Rodger17

Hoe pateties kan Sassa nog wees?Nou kom gooi hul al die pensioenarisse se lewe omvêr deur hulle onvermoë en onbevoegdheid met die uitbetaal van pensioene.Stop die kindertoelaes want dis n euwel gló my,dit skep n klimaat vir ouers om nie te wil werk nie maar eerder kleintjies te maak vir n inkomste.Waar gaan SA eindig met al die toelaes wat betaal word?SA stuur af op n welsynstaat waar die handvol belastingbetalers die res moet dra.Word wakker regering van die dag!

Boortor

Help my uit asb. Wat help dit om die datums vier dae aan te skuif? Wat gaan dit oplos? Ek verstaan glad nie!

Lourens

En nou veroorsaak dit weer dat ek bank, en assuransie plekke toe moet gaan.
Ek betaal die geld by die bank in sodat die aftrekkings op die 2 de kan afgetrek word, en die assuransie plekke is toe.
Moontlikheid dat ek my assuransie kan verloor.
Dom besluit.

wilhelm

Dit sal help om die uitbetaling aan te skuif want die einde van die maand is die winkels n mal huis .en die jaar val die 4 op n maandag so dit gaan naweek wees en meeste debiet orders sal dus eers maandag afgaan .maak die nodige reelings waar moontlik