Sassa vermors R2 miljard

Begunstigdes wag in die ry by ‘n maatskaplike toelaag-betaalpunt in Nongoma, KwaZulu-Natal (1 April 2017). Foto: Twitter via @GovernmentZA

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het bykans R2 miljard in onreëlmatige en nuttelose uitgawes die afgelope boekjaar aangegaan.

Die ouditeur-generaal het Maandag aan die parlementêre komitee vir maatskaplike ontwikkeling gesê die R2 miljard se onreëlmatige uitgawes wat die departement van maatskaplike ontwikkeling aangegaan het, is grotendeels deur Sassa aangegaan.

Dit kom boonop ná bewerings van bedrog van etlike miljoene rand wat glo in ʼn verslag deur die maatskappy Foregenix Compliance and Risk Management gedoen word.

Foregenix is blykbaar genader nadat dit in ’n interne ondersoek by Postbank aan die lig gekom het dat daar na bewering bedrog met sowat 250 Sassa-kaarte gepleeg is en onbeperkte betalings gedoen is. Die verslag het nog nie voor die parlement gedien nie.

“Geld wat aan die 17 miljoen minderbevoorregte Suid-Afrikaners bestee moet word, word wanaangewend en herlei deur korrupte beamptes en politici. Dit is verstommend hoe ʼn departement, wat die tweede grootste toegewing van die nasionale begroting ontvang, misluk om behoorlike dienste aan die armes en kwesbaarstes te lewer,” sê Bridget Masango, DA skadu-minister van maatskaplike ontwikkeling.

Masango sê maatskaplike werk in Suid-Afrika is in chaos gedompel. “Indien dit voortduur sal miljoene ontvangers van maatskaplike toelaes en hul onafhanklikes in gevaar gestel word.”

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Duiwelsadvokaat ·

Dis nou dieselfde staat wat ons wil laat glo dat hulle bevoeg is om die nuwe NVG te bestuur?? Ons is in baie groter moeilikheid as wat ons besef…

Gert R@Midstream ·

Duiwelsadvokaat voeg daarby die subsidies aan opvoedkundige instellings, studies, vervoer, behuising en standaarde wat so afgewater word is daar beslis middelmatige uitkomste indien wel. Opeenbare werke? Gemeet aan suksesse. Verder dienslewerings stakings.

Chris ·

@Duiwelsadvokaat, praat jy nie eerder van die NGV nie? Of het ek die kat aan die stert beet?

Pieter ·

Nee want ons bly vir hulle geld gee om te mors ons moes tien jaar terug al standpunt in geneem het en gese het genoeg is nou genoeg maar ons blankes karring maar so aan

James ·

Moet nie bekommerd wees nie, as die geld op is dan druk ons nog soos in Zimbabwe, oja… natuurlik kos n brood dan so 1 Miljoen. Maar daar is darem grond..

Griet ·

Johanna, nee dit gaan nooit stop so lank as wat die abc regeer nie. Dit is baie erg. Ek wens die mense wat vir die huidige regerende politieke party gestem het se oe wil oop gaan. Dit raak die ontvangers van SASSA geld nou direk.

Piet ·

Stomgeslaan – en niemand aanvaar verantwoordelikheid. Kan Buang gaan uithelp hy kry die skuldige(s) sommer chop chop.

Heleen ·

Wonder net of die skuldiges ook “in gevaar gestel” gaan word. ……. ????

Se maar net. ·

N werknemer van sassa het n paar weke terug sassa kaarte op facebook verkoop vir R500 en na eerste maand weer R500. Wonder wat hy verdien op die einde van die dag.

john ·

het jy dit by die polisie gerapporteer? dit is bedrog en jy laat dit toe?

Linda J ·

Om die waarheid te sê: ek dink daar is met meer as net 250 SASSA kaarte bedrog gepleeg.
Sommige mense staan sommer met 6 tot 7 SASSA kaarte by Shoprite se tellers en trek geld van elke liewe kaart.

Gert R@Midstream ·

Die vlak van verantwoordelikheid en integriteit voldoen geensins aan behoorlike bestuur nie. Polisie en inligtingsgemeenskappe behoort dit “op te tel” en dadelik op te tree. Maar nou ja!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.