Sassa waarsku teen nóg ʼn slenter

‘n Skermskoot van die slenter wat die ronde doen. Foto: Twitter

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Donderdag gewaarsku teen nóg ʼn slenter wat onder die agentskap se naam die ronde doen.

In die nuutste slenter word ʼn boodskap rondgestuur waarin beweer word dat ʼn “Sassa-leningsaansoek” ingevul moet word om aanlyn toegang tot ʼn Sassa-lening of Sassa-toelaag te kry. Die boodskap beweer Sassa is op die been gebring om maatskaplike toelae en lenings te administreer en uit te reik.

Sassa het begunstigdes daarop gewys dat die agentskap geen lenings of ander finansiële produkte aanbied of administreer nie. “Begunstigdes word aangemoedig om nie enige lenings uit te neem nie, omdat dit tot onnodige aftrekkings van hul maatskaplike toelae kan lei,” het Sassa op sy amptelike Twitter-profiel gesê.

Dit is nie die eerste keer dat Sassa se naam by ʼn slenter betrek word nie. Maroela Media het vroeër berig die agentskap het begunstigdes ook gewaarsku teen nog ʼn slenter waardeur begunstigdes ʼn SMS of WhatsApp-boodskap ontvang van iemand wat beweer hulle werk vir Sassa. Die boodskap voer aan daar word ʼn spesiale Kersfees-trekking gehou en dat die wenner met R1 500 sal wegstap.

Begunstigdes word dan versoek om hul ID-nommer, Sassa-kaartnommer en PIN te stuur om in aanmerking te kom vir die trekking. “Dit is ʼn slenter en begunstigdes word versoek om die boodskap te ignoreer. Beamptes van Sassa sal nooit vra vir jou kaartnommer of PIN nie,” het Sassa gesê.

Indien jy onseker is oor ʼn boodskap of inligting rondom Sassa wat versprei word, kontak Sassa by 0800 601 011.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

realis ·

Ja Danie. Jy sal verbaas wees.
Het vandag ‘n verdagte oproep ontvang van ‘n “persoon” wat noem dat my SASSA kaart verval einde Desember en sy soek my kaart nommer. Sit telefoon neer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.