Sassa het gesê dit het onder hulle aandag gekom dat begunstigdes ʼn SMS of WhatsApp-boodskap ontvang van iemand wat beweer hulle werk vir Sassa. Die boodskap voer aan daar word ʼn spesiale Kersfees-trekking gehou en dat die wenner met R1 500 sal wegstap.
Begunstigdes word dan versoek om hul ID-nommer, Sassa-kaartnommer en PIN te stuur om in aanmerking te kom vir die trekking. “Dit is ʼn slenter en begunstigdes word versoek om die boodskap te ignoreer. Beamptes van Sassa sal nooit vra vir jou kaartnommer of PIN nie.” Indien jy onseker is oor ʼn boodskap kontak Sassa by 0800 601 011.
Die slenter kom kort nadat Sassa aangekondig het dat maatskaplike toelae vir Desember vroeër as gewoonlik betaal sal word.
Volgens Sassa sal die betaling van die Desember-toelae reeds op 28 November begin. “Geld sal vanaf 28 November by kitsbanke en ander betalingskanale beskikbaar wees om afgehaal te word. Betalings by Sassa-betaalpunte sal op 28 November 2017 begin, uitgesluit die punte in die Wes-Kaap wat op 1 Desember 2017 sal begin,” lui die verklaring.
Die oorspronklike betaaldatums vir die betaalpunte is op die kwitansies gedruk wat begunstigdes saam met hul November-toelae ontvang het. Toelaes kan tot 22 Desember by kitsbanke en winkels afgehaal word. Die laaste betaling van toelae by Sassa-kontantbetaalpunte is op 15 Desember 2017.
“Ontvangers van maatskaplike toelae word herinner om hul Sassa-betaalkaarte en PIN’s veilig te hou en dit met niemand te deel nie. Hulle word ook weer herinner dat die vervaldatum van hul kaarte tot ná Desember 2017 verleng is en dat die kaarte nie vanjaar vervang hoef te word nie,” lui die verklaring.
En daar is BAIE wat daarvoor gaan val.
Ek verstaan dat daar vorms is wat ons moet invull voor die einde desember kam julle my laat weet of dit nodig is en waarvoor is dit
Hoekom hierdie berig in ‘n afrikaanse koerant – dit hoort mos in die Sowetan of die media van die mense wat die grants kry.
Miskien moet jy eerder jou oogklappe af haal, want daar is BAIE wit mense wat SASSA-gelde kry, en hulle bly ongelukkig nié in Soweto nie.
Dankie Maroela Media vir hierdie berig.
My ma is 80 jaar oud en ‘n SASSA pensioen trekker so nou kan ek haar hieroor inlig.
Baie mense kry SASSA uitbetalings en nie net mense wat die Sowentan lees nie.
Miskien moet jy eerder jou oogklappe af haal, want daar is BAIE wit mense wat SASSA-gelde kry, en hulle bly ongelukkig nié in Soweto nie.