Sassa wil geld terugkry vir Dlamini-kinders se lyfwagte

Bathabile Dlamini, voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling (Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) wil ongeveer R2 miljoen terugkry wat spandeer is aan privaat lyfwagte vir Bathabile Dlamini, voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, se kinders.

Dlamini se opvolger, Susan Shabangu, het in ʼn skriftelike reaksie op ʼn vraag in die parlement gesê Sassa het alle betalings vir die lyfwagte gestaak nadat die kontrak met die privaat veiligheidsmaatskappy in Februarie 2015 verval het.

“Sassa het die uitvoerende hoof skriftelik gevra waarom sy nie die bedrag moet terugbetaal nie en dit vorm deel van die voorlopige stappe wat gedoen word om die geld terug te kry.”

Dlamini het verlede jaar in die staande komitee oor openbare rekeninge onder skoot gekom omdat sy Sassa oorgehaal het om die rekening vir haar kinders se sekuriteit te betaal in plaas daarvan om die polisie te betrek. Die minister was in Februarie deel van ʼn kabinetskommeling en is nou hoof van die ministerie van vroue. Sy het aan LP’s gesê Virginia Petersen, uitvoerende hoof van Sassa in daardie stadium, het glo die betaling saam met voormalige direkteur-generaal van maatskaplike ontwikkeling, Coceko Pakade, goedgekeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johann ·

Die vlak van gewetenloosheid waarmee hierdie een haar en haar gespuis verryk het!!!!!!! En steeds loop sy los rond om NOG te vat en vergryp? ANC LEGACY!

Koos de Meyer. ·

Elke dag meer en meer kom daar geld mors van miljoene rande te voorskyn en wie betaal. Dis ‘n staatsgeheim.

Alida 2 ·

Tik my om met ‘n veer.
Word alle ministers se kinders deur lygwagte beskerm?
Waarteen nogal in die vreedsame land?

ferdi ·

Sy moet tronk to dan is sy veilig dis wa sy hoort saam met die Zumas

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit is n skreiende skande . Sy het weinig indien enige bydrae gelewer , selfs ruim van kosultante gebruik gemaak om haar werk te doen,en dan moet ons nog betaal sodat haar telge opgepas kan word. Laat sy die geld terugbetaal.

Cor ·

Nee wat daai bubble kan nie bars nie, sy het iemand aan die kort hare beet . Mnr Rama en kie kan haar niks doen nie want sy is mos in beheer van die anc vroue liga, daarom is sy geskuif na miisterie van vroue net n kwessie van tyd dan betaal die minesterie die lyfwagte en net 1 word hier ook betrek vir een of ander skema

PJC ·

Dlamini verdien alles wat haar kant toe kom en meer. Sy is een van JZ se maatjies en ek dink CR sal dankbaar wees as ander lede van die kabinet kan help om van diesulkes ontslae te raak want hy het nog te veel rugstekers in die ANC om nou al sy nek te ver uit te steek.

Pietman ·

Wees eerder dankbaar dat sy na die nuwe pos geskuif is – dink net aan die skade wat daar aangerig gaan word -wat in elk geval onder die mat ingevee gaan word – waarna daar weer herontplooing sal plaasvind – en die proses hom bly herhaal. So, wats nuut?

snoefie ·

ou batta wou die wagte vir haarself en kinders hê sodat almal moes sien wie die main peanut in die pak was. PAY BACK DA MUNNIES!

Oom Kalahari ·

Stem saam vele kommentaar hierbo. Die Dlamini het regtig nie veel gedoen of bygedra tot pensioene nie en was meer betrokke by ongerymdhede. Waarvoor het haar kinders nou 02 miljoen Rand van belastingbetalers se geld nodig en wat maak hul dan so spesiaal of wat was hul bydrae tot die gemeenskappe en regering dat hul lyfwagte benodig. Sy was maar ‘n swak skakel in die ministerie.

Han ·

Nog ‘n amptenaar met meer arrogansie as insig. Het mos gedink as Zuma haar rugsteun, kan sy met moord wegkom. Die wiel draai en al die wurms peul nou uit die kas. Sluit haar ook toe.

DPJ ·

As jy ‘n Skurk is het jy baie leywagte nodig om jou en familie te beskerm.
Jy is ook in mags posisie om geld uit te gee.
CR het nog ‘n laaaang pad om kuripsie in sy geledere uit te roei. Na die verkiesing en die ANC so weer wen sal CR dan sterker staan om regstellings te dien.

Manie ·

Die sogenaamde meerderheid is vreeslik angsbevange vir hulle eie meerderheid wat vir hulle gestem het

Dries ·

Daar is n goeie rede hoekom mense so in opstand kom in die land wat ek hulle nie kwalik neem. Hoe kan belasting geld so vermors word en mense is honger en nie n blyplek. Hier moet iets gedoen word of ons gaan nog baie meer geweld sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.