Sassa wil weer CPS-kontrak verleng

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het weer die konstitusionele hof genader om sy omstrede kontrak met Cash Paymaster Services (CPS) met ses maande te verleng.

Pearl Bhengu, waarnemende hoof van Sassa, het in ʼn beëdigde verklaring wat by hof ingedien is gesê Sassa moet nog reëlings tref vir minstens 2,5 miljoen begunstigdes wat nie toegang het tot ʼn bank nie. Sy het versoek dat CPS nog tot September vanjaar die uitbetalings van maatskaplike toelae moet hanteer.

“Dié begunstigdes is hoofsaaklik bejaardes, ongeletterde en gestremde persone,” het Bhengu gesê. “Hulle het nie toegang tot enige alternatiewe bron om hul betalings te verkry nie. Hulle maak staat op betalings wat fisiek aan hulle gemaak word. Dit is ten opsigte van dié begunstigdes dat Sassa versoek dat CPS met die diens mag voortgaan van 1 April tot einde September 2018.”

Die konstitusionele hof het op 17 Maart 2017 beslis CPS se kontrak met Sassa moet met nog 12 maande verleng word, om te verhoed dat die betaling van maatskaplike toelaes onderbreek word. Dit nadat die hof vroeër bevind het die kontrak was onwettig. Die verlenging kom einde Maart tot ʼn einde.

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, is grootliks vir die gemors geblameer. Sy het egter die blaam op Thokozani Magwaza, voormalige uitvoerende hoof van Sassa, geplaas.

ʼn Kommissie van ondersoek is intussen begin na die krisis en moet bepaal of Dlamini persoonlik aanspreeklik gehou moet word. Die kommissie hervat sy werk volgende maand by die kantoor van die hoofregter in Midrand.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

PJC ·

Bathabili Dlamini het nog nie moed op gegee nie en sal hierdie kontrak rek om haar vriende by CPS te bevoordeel. Sy besef blykbaar nie wanneer genoeg genoeg is nie. Sy dink seker JZ sal nog vir lank die ghitaartjie slaan en haar beskerm.

CWS ·

Ek verheug oor besluit dat kontrak verleng word….my man invalide kan nerens kom. Ek versorg hom alleen…was al die tyd my gebede dat hul kontrak kry…..nog nie 1 dag n fout of geen geld….gee hul eer wat hul toekom..as daar ongerymdhede is…is dit tussen hulle…niks met ons te doen…Net dankbaar vir ons toelae…en gee nie om vir bankkoste….mens moet seker vir uitstekende diens betaal?…

Alida ·

Hoekom gryp die DA nie in en sorg dat daardie vrou verwyder word nie. Dit is tog duidelik dat sy totaal en al onbevoeg is om haar werk te doen. Hoe lank wil nog met weerlose mense se geld dobbel.

John ·

Moet skelms nou ge-eer word en aanploeter totdat daar nie meer geld vir die werklike behoeftiges oor is nie? Verkeerd broei altyd meer verkeerd uit… en raai-raai watter groep gaan eerste in die stof byt?

Domvraag ·

Dlamini en almal wat hul nie aan die konstitusionelehof se uitspraak steur nie behoort aangekla te word. As hier nie korrupsie is nie is dit onbevoegdheid van die ergste graad. Duidelik Dlamini se geskiktheid kan bevraagteken word

wilma ·

Waarom word daar nie net ‘n wettige ooreenkoms met CPS gesluit deur persone wat daartoe in staat is nie aangesien uitbetalings skynbaar vlot verloop en hulle reeds alles in plek het om dit te doen. Ek glo nie enige besigheid kan bekostig om ongeveer 17 miljoen “kliënte” te verloor nie en sal inskiklik wees om hul fooie te onderhandel!

Jordaan ·

Wanneer word ‘n forensiese ondersoek gedoen om vas te stel wat gebeur met die geld wat aan CPS betaal word? Hierdie dame is darem net te gretig dat die kontrak nooit ten einde loop nie.

snoefie ·

wat kry bathabile van cps? het sy onverklaarde bande met hulle? gn mens kan so kla vir sommer net nie. poskantoor het geslagte lank aan uiters bejaardes, ongeletterdes en gestemdes kontant uitbetaal. hulle kan dit weer doen.

SjN ·

Sy besef dat as CPS kontrak verloor sy nie meer tjo tjo geld gaan kry nie.

Alida ·

Ek wonder of sy dink die regters het die IK van slakke. Kom by.

Marinda ·

Stem saam Wilma, alles loop vlot… oudit CPS en kyk vir ‘n wettige kontrak… seker dit gaan tyd en geld bespaar. Waar jy nou nuwe mense moet oplei en sisteme in plek moet kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.