SAUK 8: Hlaudi moet sê hoekom hy nie moet opdok

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Die arbeidshof het vandag die vakbond Solidariteit se aansoek toegestaan om Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, as respondent toe te voeg in die vakbond se kostebevelsaak teen die uitsaaier.

Dit volg nadat die arbeidshof in 2016 beslis het dat die sogenaamde SAUK 8 onregmatig afgedank is en Solidariteit sowel as Bemawu (Broadcasting, Electronic, Media & Allied Workers Union), wat elk vier van die SAUK-lede verteenwoordig het, se aansoeke om die joernaliste weer aan te stel met kostes toegestaan is.

Solidariteit het aangevoer dat Motsoeneng in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou moet word vir die besluit om die joernaliste af te dank.

Volgens Francois Redelinghuys, woordvoerder van Solidariteit, het die vakbond aangevoer dat Motsoeneng as destydse bedryfshoof die uiteindelike besluit geneem het om die joernaliste af te dank. “Ons is verheug dat Motsoeneng nou as respondent tot die saak gevoeg kan word,” het Redelinghuys gesê.

“Motsoeneng sal nou aan die hof moet kom verduidelik waarom hy nie in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou moet word vir die onregmatige afdanking van die joernaliste nie. Daar is geen rede dat die belastingbetaler hiervoor moet opdok nie,” het Redelinghuys aangevoer.

Foeta Krige, Suna Venter, Busisiwe Ntuli, Krivani Pillay, Jacques Steenkamp, Lukhanyo Calata, Vuyo Mvoko en Thandeka Gqubule is almal in Julie deur die SAUK afgedank omdat hulle volgens die uitsaaier “voortgaan om die SAUK-bestuur se gesag te ondermyn” en hul “wangedrag onhoudbaar” geword het. Nadat die joernaliste hulle na die arbeidshof gewend het, is sewe van hulle weer in hul poste aangestel.

Mvoko, wat slegs op kontrakbasis vir die SAUK gewerk het en nie vas aangestel was nie, se hofaansoek om weer deur die openbare uitsaaier aangestel te word, is in Augustus in die hooggeregshof in Johannesburg van die hand gewys. Mvoko het intussen aangedui hy sal teen die uitspraak appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

lw ·

Mooi so Solidariteit! Ons belastingbetalers is sat daarvan dat ons geld gebruik vir die ANC Regering se foute!
Wanneer die ANC Regering se amptenare gekonfronteer word dat hul besluite neem wat hul later geld kan kos, sal hul 2 keer dink voor hul aanjaag.

Blits ·

Dis reg laat hy betaal, hy het genoeg van on geld gevat, nou kan hy dit terug betaal. hy moet vir hom kry en terug Qwa qwa toe

FM ·

President Montsoeneng!!!!! 20 miljoen mense sal vir jom stem as hy vir president genomineer word.Bulperd!!!!!So n verbeelding getuig van ha..us…sies.!!!!

Al ·

Legend in his own mind. Die hek is oopgelaat, die varkies het ontsnap.

Fritz ·

Die storie raak nou vervelig,dan dit,dan dat,maar niks gebeur nie.

Klip in die bos ·

Mense julle verstaan nie?Al sy geld is uitgeparty daarom kan hy dit nie betaal nie.?

Probeer weer ·

Mense julle verstaan nie?Al sy geld is uitgeparty daarom kan hy dit nie betaal nie.?

SARIE VAN HEERDEN ·

Kyk na daardie gesig met die bloedbelope oe en luister na sy mal praatjies en dan vra jy jou die vraag af: “Wie kon hierdie skepsel aanstel deur net na hom te KYK”. Dis dinge soos hierdie wqt jou laat terugverlang na ‘n tyd toe mense aan die stuur van sake was nog verstand en oordeelsvermoe gehad het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.