SAUK: Afrikaans skuif toe wel

sabcDie SAUK het aangekondig dat die Afrikaanse nuusbulletin van SABC2 na SABC3 geskuif het, hoewel die openbare uitsaaier dit vroeër ontken het.

Die Afrikaanse nuusbulletin het reeds Maandagaand na SABC3 geskuif en word nou om 19:30 uitgesaai in plaas van die gebruiklike tydgleuf van 19:00 op SABC2.

Zandile Nkoyeni, woordvoerder van die SAUK se televisiekanale, het in ‘n mediaverklaring die skuiwe aangekondig. Sy sê talle veranderings is aan SABC1, SABC2 en SABC3 se program- en inhoudskedules aangebring.

Behalwe vir die Afrikaanse nuusbulletin skuif 50/50, Swartwater en Fokus ook na SABC3. 50/50 sal voortaan op Sondae om 17:30 uitgesaai word terwyl Swartwater van Woensdag af om 21:30 op SABC3 uitgesaai sal word.

7de Laan, Pasella en Noot vir Noot bly intussen op SABC2. Volgens Nkoyeni is daar van Vrydagaand 19:00 af ‘n nuwe Afrikaanse tydgleuf op SABC2 met die nuwe seisoen van Mooiloop! wat afskop.

Noot vir Noot bly in sy huidige tydgleuf van 19:30 op Vrydae. Voetspore sal vanaf Sondag om 18:00 op SABC2 uitgesaai word.

Die SAUK het kort voor die aanvang van die Sokkerwêreldbeker veranderings in sy programskedules aangekondig. Daar is egter aangevoer dat dit slegs geldig is vir die tydperk van die Sokkerwêreldbeker.

Dit het egter tot bespiegeling gelei dat die SAUK sy Afrikaanse inhoud van SABC2 na SABC3 gaan skuif. Die SAUK het die gerugte destyds ontken. Een van die groot besware is dat SABC3 nie oral in die land , soos SABC2, opgevang kan word nie.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het destyds gesê: “Tensy die SAUK beplan om eers die opvangsprobleem uit te sorteer, sal so ʼn verskuiwing vele Afrikaanse kykers ontneem van toegang tot programme in hulle eie taal.”

Lees ook:
AfriForum vra SAUK vir duidelikheid oor Afrikaanse TV-uitsendings
SAUK ontken dat hy Afrikaans skrap
Nuuskommentaar: SAUK mors met Afrikaans
Kykers boos na Afrikaanse nuus ‘verdwyn’ op SABC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

AmY ·

Baie hartseer. Maar wat kan ons doen en sê?

Wie het nou weer daai gedig geskryf van ons taal wat so vermoor word?

AmY ·

Was dit Hoogenhout wat in ‘n gedig gesê het:

“Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy sien en hoor;
In ons skole, in ons kerke, word ons moedertaal vermoor.
Ag, hoe word ons volk verbaster, daartoe werk ons leraars saam.
Hollands nog in seek’re skole: is bedrog, ‘n blote naam!
Wie hom nie laat anglisere, word geskolde en gesmaad.
Tot in Vrystaat en Transvaal al, oweral dieselfde kwaad.
‘Dis vooruitgang’, roep die skreeuwers, ‘dis beskawing wat nou kom!
Die wat dit nie wil gelowe, die is ouderwets en dom…’.”

Maar in die geval gaan dit nie soseer oor Afrikaaan nie. Ek dink hulle HAAT ons Afrikaner, en alles wat daarmee gepaard gaan.

ONS is ‘die vyand’ en klaar. Maak nie saak hoe hard ons saam probeer om uit te reik en die land ‘n beter plek te probeer maak nie. Alles wat Afrikaans is, moet uit en weg!!! Al was daar Afrikaner Aktiviste gewees.

Sad but true.

vuilbaard ·

Weereens het die anc-kaders gepraat met die gesplete tong van ‘n slang. Mense moet maar net hul tv-lisensiegelde weerhou.

veronica ·

Ek hoop regtig nie daar is iemand wat verbaas is oor die nuwe verwikkeling nie! Dit was te wagte want dis al wat “hulle” GOED kan doen: lieg en as iets goed werk verfonkfaai dit !!

veronica ·

Vat vyf, Vuilbaard! Goeie idee! Hoekom moet ek betaal as my mening en voorregte geminag word?

JOHANNES ·

Dankie tog ek kyk al vir jare glad TV op SAUK nie en luister ook GLAD NIE na die SAUK se radio stasies nie.

jg pretorius ·

Die SABC bestaan deesdae net uit bestuurders wat leunens vertel as hul hul mond oopmaak.

Elize ·

Kyk llllaaannnkkkk al nie meer sabc tv nie. Miskien moet ons net ophou om tv lisensies te betaal dan sal ons sien hoe vinning spring hulle om jou te dagvaar………

Venesa ·

Ek betaal elke jaar my TV lisensie gelde. Maar ek kan nie se hoe lank terug ek SABC gekyk het nie.Dit is lankal nie meer vir Suid Afrikaners nie.Ek voel dat dit nou tyd is om nie meer TV lisensie geld te betaal nie.

D Greeff ·

Gaan ons toelaat dat die SAUK ons intelligensie onderskat, of gaan ons stem met ons voete? Ons het ander keuses. Laat hulle sien hoe skaad hul leuens en agendas hul sakke. Dit gaan vrek moeilik wees om salarisse te bly betaal as die advertensies na ander media skuif. Kom ons doen dit.

Theresa ·

Wys jou maar net weer. Praat praat praat praat praat – dis al wat hulle goed kan doen en come hell or high waters. Hulle sal doen wat HULLE WIL!!!

Toeks ·

SWARTWATER is die Beste. ek is n ouer vrou en hou van vroeg slaap. 19.30 het my gepas en 21.30 is te laat. Hoekom doen hulle dit? Ons wil nie sport,sport,sport heeltyd op elke kanaal sien nie. veral nie sokker nie. BRING SWARTWATER TERUG na oorspronklike tyd toe. Hulle weet almal hou van Swartwater nou boikot hulle dit. Sies man

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.