SAUK-baas geskors

James Aguma. Foto: SAUK

James Aguma, die SAUK se finansiële hoof wat in Mei vanjaar as waarnemende bestuurshoof aangestel is, is geskors.

Khanyisile Kweyama, die voorsitter van die openbare uitsaaier se tussentydse raad, het dié aankondiging gemaak, maar nie redes daarvoor verskaf nie.

Die ANC se studiegroep oor die parlement se staande komitee vir openbare rekeninge (Skoor) het Aguma se skorsing verwelkom.

“Die skorsing volg op ʼn onlangse aanbeveling van Skoor dat hy geskors moet word terwyl die tussentydse raad sy forensiese ondersoek na onreëlmatighede in aankope en uitgawes by die SAUK uitvoer,” het Nonceba Mhlauli, Skoor se woordvoerder, Saterdag gesê. “Ons het volle vertroue in die tussentydse raad se toewyding om goeie bestuur en openbare vertroue in ons openbare uitsaaier te herstel.”

Aguma is tydens ʼn onlangse vergadering van die parlement se komitee oor kommunikasie skerp gekritiseer oor die groot finansiële verliese wat die SAUK gely het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Will i am

Geskors met volle betaling seker.

Annette Stander

Nou word daar ‘n ander waarnemende “baas” aangestel wat ook ‘n salaris gaan kry! Wat ‘n sirkus!

Isak Visser

Dit is die beste nuus in jare by die SAUK. Sy arrogansie tydens Hlaudi se bewind was net te erg. Al wat nou oor bly is om hom af te dank…

Johann

Hire en fire soos verstandlose mense

Johann Marx

Weereens…..hoekom is daar nie “checks and balances” in plek om hierdie gemors te voorkom nie? Maar nou kan daar forensiese ondersoeke gedoen word? Die geld is weg. Die geld is vermors. Die geld is gesteel. Dit gaan nooit weer herwin word nie…dit het in cronies se sakke verdwyn….wat die strate vol rondry in duur Ferrari’s en Bentleys. Suid Afrika kan nie langer hierdie “ondersoeke” bekostig, terwyl die “oortreders” met volle salaris by die huis sit, en skotvry daarvan afkom indien hulle skuldig bevind word nie. Ons sal bitter vinnig moet begin om ‘n sisteem in plek te kry waar hierdie… Lees meer »