SAUK-baas geskors

James Aguma. Foto: SAUK

James Aguma, die SAUK se finansiële hoof wat in Mei vanjaar as waarnemende bestuurshoof aangestel is, is geskors.

Khanyisile Kweyama, die voorsitter van die openbare uitsaaier se tussentydse raad, het dié aankondiging gemaak, maar nie redes daarvoor verskaf nie.

Die ANC se studiegroep oor die parlement se staande komitee vir openbare rekeninge (Skoor) het Aguma se skorsing verwelkom.

“Die skorsing volg op ʼn onlangse aanbeveling van Skoor dat hy geskors moet word terwyl die tussentydse raad sy forensiese ondersoek na onreëlmatighede in aankope en uitgawes by die SAUK uitvoer,” het Nonceba Mhlauli, Skoor se woordvoerder, Saterdag gesê. “Ons het volle vertroue in die tussentydse raad se toewyding om goeie bestuur en openbare vertroue in ons openbare uitsaaier te herstel.”

Aguma is tydens ʼn onlangse vergadering van die parlement se komitee oor kommunikasie skerp gekritiseer oor die groot finansiële verliese wat die SAUK gely het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Annette Stander ·

Nou word daar ‘n ander waarnemende “baas” aangestel wat ook ‘n salaris gaan kry! Wat ‘n sirkus!

Isak Visser ·

Dit is die beste nuus in jare by die SAUK. Sy arrogansie tydens Hlaudi se bewind was net te erg. Al wat nou oor bly is om hom af te dank…

Johann Marx ·

Weereens…..hoekom is daar nie “checks and balances” in plek om hierdie gemors te voorkom nie? Maar nou kan daar forensiese ondersoeke gedoen word? Die geld is weg. Die geld is vermors. Die geld is gesteel. Dit gaan nooit weer herwin word nie…dit het in cronies se sakke verdwyn….wat die strate vol rondry in duur Ferrari’s en Bentleys. Suid Afrika kan nie langer hierdie “ondersoeke” bekostig, terwyl die “oortreders” met volle salaris by die huis sit, en skotvry daarvan afkom indien hulle skuldig bevind word nie. Ons sal bitter vinnig moet begin om ‘n sisteem in plek te kry waar hierdie tipe van gedrag voorkom word, in plaas van agterna ondersoek word.

Nee wat ·

Nee wat, dit is polities, tensy hy en Motseneng saamgewerk. Jy kan nie na n maand verantwoording doen, verseker nog Motsoneng se gemors, dalk baie goeie Anc politiek

jaco ·

Hoe lank gaan hierdie nonsens by die SABC nog aanhou? Die ANC kan die besigheid mos eenvoudig net volledig oorvat en nasionaliseer. Waarom nou maande lank baklei oor ‘n raad en ‘n voorsitter en ‘n waarnemende waarnemende voorsitter???

Johan. H. ·

Het onlangs 13 dstv dekodeerders gekanseller, Eet aan klaar nooiet by spur nie ,binnekort sit ek net in my tuin met my tone en speel. Maar ja dit is hoe hulle oppereer, Sal enig kader aanstel maar nie n bevoegde witmens nie

Johan. H. ·

Johannes van staden , weet jy hoe lyk n slim mens , ja ek verstaan jy was sarkasties, groete

Johanna Botha ·

Ek wens net groot asb dat hulle bevoegde slim mense weer wil aanstel wat wil en kan en nie net slim lyk met n bril nie

Christie ·

Aaaii tog! Soos wat lyk hy nou eintlik? Slim? Nee ek dink nie eers graad 1 nie

Hanna ·

Dis omdat Z hierdie mense aanstel. Dis laankal tyd dat behoorlike panele met verteenwoordiges van alle politeke partye genomineer word om deursigtige integriteit evaluerings, kortlyste, onderhoude en aanstellings te behartig.
Dit is na alles nie die ANC se geld wat verdwyn nie maar die belasting betalers se geld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.