SAUK-baas tot priester georden

Hlaudi Motsoeneng. Foto: SAUK

Hlaudi Motsoeneng. Foto: SAUK

Hlaudi Motsoeneng, die SAUK se waarnemende bedryfshoof, is oor die naweek tot ʼn priester georden, het The New Age Maandag berig.

“Persoonlik dink ek dit is belangrik dat mense kan sien dat ek goed gedoen het,” het Motsoeneng gesê nadat hy ʼn diploma in Christelike gemeenskap van die Universiteit van die Vrystaat ontvang het. “As jy na my geskiedenis kyk, kan ʼn mens sien dat ek vir ander mense omgee.”

Hy sê hy gee om vir mense en dit is wat God wil hê. “Ek het ook goed gedoen vir die SAUK. Ek dink kerke moet mense help met kwessies oor kultuur en ubuntu.”

Motsoeneng het gesê ware opleiding is belangriker as tersiêre opleiding. “Ons kort opgevoede mense en nie mense wat bloot net sertifikate ontvang het nie.”

Adv. Thuli Mandonsela, die Openbare Beskermer, het in Februarie bekend gemaak dat Motsoeneng se aanstelling onreëlmatig was. Sy salaris is ook in een jaar van R1.5 miljoen na R2.4 miljoen verhoog. Madonsela het bevind dat Motsoeneng valslik sy kwalifikasies, dat hy matriek geslaag het, aan die SAUK voorgelê het toe hy vir die pos aansoek gedoen het. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jasper ·

Aan Peter Says: Hier is die ander jakkals waarvan jy in n vorige berig gepraat het.

Ria Maritz ·

Dit word gesê om nie iemand op sy baadjie te takseer nie – gmfff, ek sien die skelmgeit sommer in sy oë ! ‘n Nederige mens sal in elkgeval nie so loop en spog oor waar hy/sy sodanig goed gedoen het nie – los dit vir ander om raak te sien.

Johan Leiding ·

Mmmm.
Pleks dat hy hom doenig hou met dinge wat sy werkgewer van hom verwag….is daar veel kans vir ander dinge. Hoor is min.

Leana ·

Johan, daar is baie van sy soort wat hul werkgewers se tyd so steel. Selfs onder die blankes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.