Muthambi het in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die DA bekend gemaak dat Motsoeneng in 2013 R2,87 miljoen verdien het. Hy het in 2012 R2,48 miljoen verdien en R1,61 miljoen in 2011.
Tian Olivier, waarnemende uitvoerende hoof van die SAUK, het in 2012 R871 000 verdien. In 2013 het hy R1,75 miljoen verdien nadat hy vir 11 maande as hoof finansiële beampte en vir een maand as uitvoerende hoof waargeneem het.
James Aguma, waarnemende hoof finansiële beampte, het R122 000 verdien vir die een maand wat hy in 2013 waargeneem het.
Die SAUK het in Julie vanjaar R65,76 miljoen in bonusse uitbetaal aan personeellede na uitgerekte loononderhandelinge.
“Deel van die ooreenkoms het ‘n eenmalige, ex gratia-betaling aan werknemers behels,” het Muthambi in haar antwoord gesê.
“Die bestuur het ook ‘n eenmalige betaling ontvang om loondispute op te los wat voortgespruit het uit vorige jare se gebrekkige salarisverhogings as gevolg van besparingsmaatreëls en uit waardering vir verskillende prestasies.”
Gavin Davis, DA-LP, sê Motsoeneng se salaris van R2,8 miljoen in 2013 is meer as wat president Jacob Zuma verdien.
“Die president verdien tans R2 622 561 per jaar.”
Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), het in Februarie onder meer bevind dat Motsoeneng se aanstelling onregmatig was, dat hy in een jaar ‘n salarisverhoging van R900 000 (van R1,5 miljoen tot R2,4 miljoen) gekry het en dat hy gelieg het oor sy kwalifikasies. Sy het destyds ook beveel dat daar binne 90 dae ‘n nuwe bedryfshoof aangestel word.
Muthambi het in Junie Motsoeneng se permanente aanstelling aangekondig. Madonsela het hierna aangekondig dat sy weer ‘n ondersoek na Motsoeneng gaan doen.
Die DA het intussen ʼn hooggeregshofaansoek gebring om Motsoeneng se aanstelling tersyde te stel. Muthambi en die SAUK staan die aansoek teen. Uitspraak in die saak is voorbehou.
Belaglik as jy nog nooit belaglik gehoor het nie. Kan die ander nie hulle oë oopmaak nie……..????
Genade! Red nou ‘n land met hierdie spulletjie.
Geen wonder daar is nie geld vir nuwe TV reekse nie – opkanaal 1,2,3,en E TV
word die ou goed net WEER EN WEER
OPGEDIS – WEL ONS HET AL DAARVOOR BETAAL – SO HOEKOM MOET ONS WEER………………..
die verskil kom seker in by die geleerdheid op skool, nl st 6 en st 7