‘SAUK-beleide strydig met ANC se beleide’

Jackson Mthembu, ANC-hoofsweep en voorsitter van die party se subkomitee oor kommunikasie Foto: Getrude Makhafola / ANA

Jackson Mthembu, ANC-hoofsweep en voorsitter van die party se subkomitee oor kommunikasie Foto: Getrude Makhafola / ANA

Die ANC het Dinsdag gesê die SAUK se besluit om sy redaksionele beleid te wysig en nie geweld tydens betogings uit te saai nie, is teenstrydig met die regerende party se beleidsposisionering.

Jackson Mthembu, die ANC se hoofsweep, het gesê die SAUK het nooit die ANC of Suid-Afrikaners geraadpleeg oor dié verandering nie. “Dit is kommerwekkend, aangesien dit neerkom op verandering aan beleid van die regerende party. As jy dus beleide wil verander en ons nie raadpleeg nie, toon dit ʼn ernstige gebrek aan respek vir die regerende party,” het Mthembu aan joernaliste in Johannesburg gesê.

Die SAUK se besluit om die uitsaai van geweld tydens betogings te verbied het wye kritiek van burgerlike- en politieke partye uitgelok. Sewe senior SAUK-werknemers word dissiplinêr verhoor vir beweerde wangedrag ná hulle kommer uitgespreek het oor toenemende sensuur by die uitsaaier.

Mthembu het gesê beduidende beleidsveranderings, soos die wat die SAUK gemaak het, vereis openbare bespreking voordat dit geïmplementeer word, waaronder om publieke menings te werf. “As hoofsweep van die meerderheidsparty sou ek geweet het as dit bespreek was,” het hy verduidelik.

Hy het gesê die SAUK rapporteer nie aan die ANC nie, en dat die regerende party nie enige hulp van die openbare uitsaaier nodig het nie. “Ons is in staat daartoe om onsself te verteenwoordig. As ʼn beweging het ons baklei vir ʼn openbare uitsaaier met ʼn openbare mandaat. Daar is geen manier dat die ANC kan inbreuk maak op die openbare mandaat van die SAUK nie,” het Mthembu gesê.

Hy het bewerings dat die ANC “gekonkel” het met sommiges by die SAUK om opposisiepartye te ondermyn, ten sterkste ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hendrik Havenga ·

Julle maak my moeg, julle is puppets van die regering

Hendrik ·

Hoekom maak hulle jou moeg. Steur jouself net nie aan hulle nie. Moenie die SABC ondersteun om na dit te kyk nie en weerhou jou lisensiegeld.

PJ ·

Het die OB en howe dan nie bevind dat moetsoneng nie die kwalifikasies gehad vir die pos nie ? anc toe niks gesè nou hulle so verontwaardig

Lida ·

Oe gits die ANC slaan nou vure dood vir n vale! Weereens in ontkenning soos gewoonlik!

HEVW ·

En nou, waarom gewag totdat dit vir motsoneng en ook die anc te warm geraak het??????? motsoneng skep sommer sy eie heerskappy. Maak sy eie wette, hiet en gebied en skors en reel sy eie dissiplinere verhore. Belet selfs die geskorsdes om sekere grense nie te verlaat nie. Hier gaan beslis howe roe gegaan word. En wil die anc voorgee hulle het al die tyd nie geweet nie?? Besef seker nou n vrye en regverdige verkiesing kom nou ernstig in gedrang. Wat gaan hulle met hul ondergekwalifiseerde kader wat miljoene in sy sak steek, maak???

Johan ·

Jy vertel leuns Jack…..as dit teen julle beleid is doen iets daar oor…….wys ons dit is so en dat Jakob nie betrokke is nie….want jy is net sy puppet soos comrade hauladi…..pateties….net die “meerderheid” sal jou dalk glo…..

christine ·

Julle gese opdrag van sy meester maar soos gewoonlik gaan hy sy job verloor en sy meester red net homself Ha Ha Ha.

christine ·

Motsemeng nou gaan jy voel presies hoe KOUD is dit daarbuite hoera

Marietjie ·

Het hulle pres Zuma gevra of hy dalk opdrag gegee het!? Als is mos die pres se prerogatief?

John ·

Klink of die buiteland ‘n oproepie of twee gemaak het, vandaar die prez se skielike ommeswaai.

Lance ·

Lyk of anc ministers nie eers weet wat in hulle eie reels vervat is nie …presies totale onkunde …lagwekkend !

Cherokee ·

Omdat hy net sê wat hy gesê word om te sê en hy is nog nie gesê om te sê nie.

snoefie ·

gr8! die anc het nie geweet nie. hulle het ook nie agtergekom die betogings en vernietigings kry geen media dekking nie. hulle het ook nie gehoor van die joernaliste wat geskors is nie.hulle kyk net fiksie op TV nie nuus nie. daarom het weke verloop sedert dit begin het voor dat hulle daarop reageer en onkunde pleit.

lynette ·

Soos altyd glo ons alles wat hulle vir ons opdis, ne? Lol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.