‘SAUK binnekort insolvent as iets nie nóú gedoen word’

“Onreëlmatige en onwettige” salarisverhogings in die verlede is deels die rede waarom die SAUK massa-afleggings aan die begin van volgende jaar wil toepas.

Só sê Jonathan Thekiso, hoof van menslike hulpbronne by die SAUK. Thekiso het Dinsdag erken dat ’n aantal werknemers in die verlede vergoeding ontvang het wat nié met hul vaardighede by die openbare uitsaaier ooreengestem het nie.

Dit volg nadat die SAUK vroeër vandeesmaand hul planne bekend gemaak het om met sowat 981 permanente werknemers en 1 200 vryskutwerkers weg te doen in die hoop om sowat R440 miljoen per jaar te bespaar.

Die eerste konsultasievergadering is Dinsdag gehou oor die beoogde artikel 189-proses om dié werknemers af te lê in ’n poging om koste te bespaar.

Die saak is aan die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) oorhandig en werknemers het reeds kennisgewings ontvang van die openbare uitsaaier se voorneme om ’n herstruktureringsproses te begin.

Die SAUK beplan om onderhandelinge in Januarie volgende jaar af te handel en reeds teen Februarie met minder werknemers oor die weg te kom. Thekiso het bevestig die uitsaaier sal net-net salarisse Januarie volgende jaar kan bybring, maar twyfel of die SAUK later as dit nog salarisse sal kan betaal.

Madoda Maxakwe, uitvoerende hoof van die SAUK, verduidelik dat sou die openbare uitsaaier nié sy personeel dringend verminder nie, die maatskappy ’n finansiële verlies van sowat R803 miljoen teen einde Maart sal ly. Teen daardie tyd sal die openbare uitsaaier feitlik insolvent wees.

“Dit is baie duidelik dat die SAUK nié finansieel volhoubaar is nie – daarom die besluit om artikel 189 toe te pas,” verduidelik Maxakwe.

Die SAUK het tans sowat 3 380 permanente werknemers in diens en maak gebruik van 1 200 vryskutwerkers. Maxakwe verduidelik dat vergoeding alleen die SAUK meer as R500 miljoen per jaar kos, sowat 42% van die maatskappy se bedryfsuitgawes.

Thekiso sê indien werknemers se skeidingspakkette op die beginsel van een week se betaling vir elke jaar by die maatskappy bereken word, sal die afleggings die SAUK sowat R171 miljoen uit die sak jaag.

Die afleggingsplanne het heelwat teenkanting van die arbeidsektor en politieke partye ontvang. Die ANC het ’n beroep op die openbare uitsaaier gedoen om afleggings te heroorweeg, terwyl die DA glo dat dit die absoluut laaste uitweg behoort te wees. Dié party het aangevoer dat ’n onafhanklike vaardigheidsoudit by die uitsaaier gedoen moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anoniem ·

En so ploeter ons voort ! Lekker om x-tra geld te kry wat Jou nie toekom nie ! Maar die fonteintjie gaan opraak en baie gou ook ! Wat ‘n verrassing W – A – G !!!!!!!!!!!

B-man ·

…en dis hoekom ek my tv-lisensie betaal, maar vir die afgelope 4 jaar nie eers SABC of DSTV gekyk het nie? Dis maar net weer ‘n geval van waar die handjievol betaalendes die massas moet dra. Die massas besit amper almal ‘n tv, maar hoeveel betaal regtig vir die tv wat hulle kyk…

hendrik ·

B-man, tv lisensies maak nie eers n duik aan die SAUK se finansies nie.

Ella ·

Wonder of hulle trots is om te erken dat hulle die SABC/ SAUK, wat wins gemaak het indie verlede, vernietig het deur korrupsie en wanbestuur.
Raak van die “fat cats” ontslae en dan eers die werkers.
Julle het n maandelikse inkomste uit advertensies en isensiegelde al betaal net 2.6 miljoen ipv 9 miljoen, volgens jul eie syfers, en julle begroting behoort mos te klop.
As ek my finansies bestuur het soos wat SABC, SAA, Denel en andere, het niemand omgegee of gehelp. Hoekom moet die belastingbetaler bly betaal om gemors te red?

Judge Dredd ·

En die politieke partye insluitend die DA probeer hierdie snert- en propaganda kanaal nog lewendig hou.
Nee wat, sluit maar die deure – gee ons ‘n kanaal wat die waarheid verkondig en nie betalende kykers afskeep nie.

J ·

My DSTV opgegee in 2011. Maandag ontvang ek n opoep van DSTV my 2016 rek is nie betaal. Ek vra vir die man my vir my die rek te e pos. Dit is Woendsag en nog steeds nie ontvang. Wat se rekening dit is wil ek ook graag weet.

leser ·

sabc, gaan soek die verkwisting van geld by al die hoe bome in jul geledere

Johan ·

Terwyl ek glo dat daar definitief verskeie hogere mense is in top poste wat oormatige salaris verdien en nie eers daar hoort nie, dink ek nie die salarisse aan werkers is die probleem nie. In my dommigheid klink 42% van bedryfsuitgawes vir salarisse “binne die norm”? Let wel ek stem saam dat daar steeds op hogere vlak glo ek verkwis word – maar nie op werkersvlak nie.

Moet daar nie ander uitgawes besnoei word nie?

Mark ·

Oh my soul wie sit nog met TeeVee.
Ossewa op die Autoban!
Slinger telefoon in n smartwatch era!

Kobus ·

Hoe vinniger SAUK tot niet gaan en toemaak, hoe beter. Dit is in elk geval net n spreekbuis vir die ANC. Geen ordentlike programme nie. Ou heruitsendings. 99% van die programme in n taal wat mens nie verstaan nie. Het 10j laas SABC gekyk. Net n klomp gemors en ons belastingbetalers moet dit aan die gang hou.

Johan H. ·

Wat het ou rooioog gese. Hy wil 90% lokale inhoud he,,,,babawawa. Al klaar so vol intredoktenering,as jy maar net na die advertensies kyk,en van ons probeer na intelegente,nuuswaardige ,opvoedkundige en positiewe programme te kyk. Kan maar gerus ook tata!

D B ·

Jammer, maar as die massas wat ‘n TV het elke jaar sal betaal daarvoor sal dit klaar ‘n groot verskil maak, maar hulle kry mos alles verniet.

Mrs H ·

Hoekom kan die BLack Empowered diewe nie iets terug betaal nie? Hulle goed hoort ook op n veiling nes EFF s’n. So ook die Affirmative Action diewe van VBS. So ook die Previous Disadvantaged diewe van SAL.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.