SAUK dank joernaliste af sonder verhoor

Foeta Kriger en Suna Venter

Foeta Kriger en Suna Venter

Die SAUK het vier van die joernaliste wat geskors en teen wie dissiplinêre stappe aanhangig gemaak is sonder verhore, afgedank.

Dit tree onmiddellik in werking. Die vier afgedankte joernaliste is Foeta Krige, Suna Venter, Krivani Pillay en Jacques Steenkamp. Die uitsaaier het dissiplinêre verhore teen agt joernaliste aanhangig gemaak omdat hulle hulself na bewering gedistansieer het van die SAUK se sensuurbesluit om nie geweld tydens protesaksies uit te saai nie.

Die lot van die ander vier joernaliste is nog nie bekend nie. Die vakbond Solidariteit en die SAUK gaan mekaar eerskomende Donderdag in die arbeidshof in Johannesburg ontmoet waar Solidariteit op ’n dringende grondslag gaan versoek dat die besluit om die joernaliste af te dank ter syde gestel word en dat die dissiplinêre proses in die geheel opgehef word.

In die afdankingsbriewe word gemeld dat dit algemene kennis is dat die joernaliste nie die bestuur van die SAUK respekteer nie en dat daar dus voortgegaan gaan word om die SAUK en die bestuur se gesag te ondermyn.

Jacques Steenkamp het na die skorsing van drie van sy kollegas sy profielfoto op Facebook verander.

Jacques Steenkamp het na die skorsing van drie van sy kollegas sy profielfoto op Facebook verander.

Volgens die SAUK is die joernaliste se wangedrag onhoudbaar en word hul diensverhouding op 18 Julie beëindig.

“Hierdie afdankings volg nadat Okosa bevind het dat die besluit om te sensor onwettig is. Indien die besluit onregmatig is, is die skorsings van die joernaliste ook onregmatig. Hul skorsings behoort teruggetrek te word. Die SAUK doen die teenoorgestelde en dank hulle af omdat hulle hulself, ironies genoeg, van ’n onwettige opdrag gedistansieer het,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

“In my 20 jaar van betrokkenheid by arbeidsverhoudinge het ek nog nooit so iets beleef nie. Dit is byna soos ’n boendoehof wat ’n aangeklaagde solank teregstel hangende ’n appèlproses. Hier word geen respek vir regsprosesse betoon nie.

“Dit is asof die SAUK se topbestuur dink hulle is bo die reg verhewe en daar sal geen gevolge wees nie. Die strydlyn-lyne is duidelik getrek en ons gaan die beste regsgrofgeskut wat beskikbaar is, betrek.

Krivani Pillay. Foto: Facebook

Krivani Pillay. Foto: Facebook

Ons glo in ’n regstaat asook gevolge vir onregmatigheid. Ons gaan die saak verder voer deur vir ’n kostebevel teen Hlaudi Motsoeneng in sy persoonlike hoedanigheid te vra,” het Hermann gesê.

Solidariteit het stukke op die arbeidshof beteken waarin gevra word dat die skorsings en dissiplinêre verhore van die joernaliste opgeskort word hangende die beregting van die verskillende regsprosesse teen die SAUK se sensuurbeleid.

Die SAUK moes voor Maandag 18 Julie om 17:00 aandui of hy dit gaan teenstaan. In plaas van om die hofprosesse te volg, het hulle die joernaliste eensydig, sonder ’n verhoor en per brief summier afgedank. Solidariteit sou eerskomende Donderdag voor die arbeidshof verskyn om ’n tydelike interdik teen die skorsings en dissiplinêre prosesse te bekom. Die vakbond gaan nou sy bedes aanpas en ook vra dat die besluit om die joernaliste af te dank op ’n dringende grondslag ter syde gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Koos ·

Miskien in 1912 kon jy dit doen maar ek glo nog dit is net ‘n verkiesing plan om die aandag op te neem van die opposisiepartye sodat die ANC se tekortkominge nie beklemtoon word nie na die verkiesing word Hlaudi net verplaas na ‘n ander staatsdepartement en alles is weer terug na normaal nogal innoverend van die klomp.

Rapes ·

Die SAUK maak soos hulle wil en kom mense ons wys hulle wat ons as publiek kan doen. Staan saam en ons betaal nie tv lisensies nie.

apie ·

Ek stem saam. Ek gaan nie betaal nie en het my vrou die leviete voirgelees, sou sy dit waag doen.

Gerd Lourens ·

Die ongekwalifiseerde “top matrikulant” werk hard aan sy goue handdruk!

Anoniem ·

Ek hou veral van die gedeelte wat sê: “…deur vir ‘n kostebevel teen Hlaudi Motsoeneng in sy persoonlike hoedanigheid te vra.” Mag Solidariteit Donderdag suksesvol wees, en mag dit realiseer!!!

Klong ·

Daar is spreekwoord JY SAL BY JOU PAY uitvind
Draai die krane toe tot hulle van die martrikulant en gevolg ontslae word

Boesman ·

Ek het n vraag. Ek het gelees dat OUTA daarna kyk om die betaling van TV lisensie gelde te bevraagteken. Sover ek weet, en ek betaal my jaarlikse TV lisensie getrou, is daar ‘n wet wat ons verplig om dit te betaal. Mens kan ook nie n nuwe TV stel koop sonder ‘n TV lisensie nie (ja daar is maniere, maar nie as jy dit wettig wil doen nie). Ek kyk geen van hulle kanale nie en het ‘n DSTV subskripsie. My vraag is: as ek nie saamstem met die gemors wat op SABC se TV kanale uitgesaai word nie, en my ook nie kan vereenselwig met dit wat hulle bestuur besluit nie, moet ek steeds die lisensie betaal? Die SABC is baie vinnig om dreigende SMS boodskappe te stuur wanneer die betaling van die lisensie laat is. En ek sien nie kans om vervolg te word agv nie-betaling van die lisensie nie. Hoe kan ek betaal vir iets waarmee ek nie saamstem nie? Dis mos nie demokraties nie?

Peter ·

Deur nie TV-lisensies te betaal nie stel ons onself bloot aan ‘n verdere heksejag en vervolging. Ek weet daar is hordes wat nié betaal nie, maar blankes sál spesifiek geteiken word – soos huidiglik. Die guptas en hul lakeie sal heelwaarskynlik finansiële steun aan die SAUK bied. Soos in meeste gevalle en Afrika lande is die semi-ongeskoolde motsoeneng óórbewus van sy eie “belangrikheid” en die “status” en mag wat hy homself toeien daarom misbruik hy die outoriteit van sy posbenaming ten grofste. ‘n Forensiese Oudit deur ‘n onafhanklike en onomkoopbare persoon sal dalk wys wíe en watter entiteite sy grootste ondersteuners is en waar sy persoonlike finansiële ondersteuning vandaan kom. Vir ‘n persoon wat nie tersiêre studies voktooi het nie verdien hy ‘n alkemintige salaris wat hy te lekker aanpas soos dit hom behaag……terwyl die SAUK reeds R300m in die rooi is.

Koos1 ·

Peter, ek het al vir amper 10 jaar ‘n dispuut met die SABC oor lisensie geld. Ek het al hulle prokureurs versoek om my te dagvaar, dat ek my kant in ‘n hof kan stel en dat ‘n landros ‘n bevel kan maak (Ek is BAIE seker maak saak is reg), maar hulle wil dit nie doen nie, al wat ek deesdae kry, sowat elke 3 maande, is ‘n epos om te se ek skuld hulle geld. Weet jy wat, ek delete die eposse en niks verder gebeur nie. So ek sal kykers wat nie meer wil betaal nie aanraai on hare op die tande te groei. Dink maar so ook aan die etol stelsel. Sal hulle dit kan bekostig om 10 miljoen mense hof to te sleep om ongeveer R400.00 be elkeen te kry? Die hofkostes sal hulle total en al vernietig.

Lisensieloos ·

Koos, wat jy se is waar! Hoop ons kan die keer saamstaan. Maar kyk gerus ook wat Sarie te se het! Miskien kan Futa en kie ook besluit om ter wille van hul eie volksgenote meer patrioties te wees, aangesien Solidariteit nou goed genoeg is om vir hulle te baklei…

Jan maak n Plan ·

Roofkyker per escalance baie dankie!!!!! Ons moet onthou dat hierdie rooi oog boetie nou n groot meneer is jong – hy laat hom net deur die Vet Marionet voorse.

Tiger ·

Ek dink daar moet ‘n veldtog geloods word waardeur ons ons tv lisensiegeld weerhou soos tans met die e-tol aan die gang is.Dan sien ons waar kry die sabc geld in om voort te bestaan .Ons het baie jare gelede reeds ophou sabc tv programme kyk want dis breinspoeling en ‘n klomp snert.
Mnr.Dirk Herman,HAAL HULLE UIT!!

Tiger ·

Kom ons weerhou ons tv lisensie geld soos in die geval van die e-tol en kyk wat maak die sabc om miloene mense hof toe te vat daaroor!Ek hoop Mnr.Dirk Herman looi sie sabc met alles wat hy mee kan.

Lida ·

O nè !!! Die SAUK dink dit is so maklik om net mense af te dank. Surprise waiting !!!1

Sê maar net ·

Dis nie net vir afdank nie. Die Arbeidswette is gans te streng. Hy reken seker dat regskoste so vrek duur is, die afgedanktes dit sommer net gaan aanvaar en niks verder doen nie.

Tong in die kies, as ek so vir ou Cloudy se foto loer, lyk dit mos vir my die rakker is nie bang vir ‘n bottel Johnny Walker Blue nie. Die ou se oë glad te rooi. As sy ogies so sleg lyk van hierdie kant af, wil ek nie weet hoe lyk dit van sy kant af nie. :-)

Anoniem ·

Kan ons dalk die geld vir ons TV lisensies in ‘n fonds inbetaal waar dit gehou word totdat die SAUK hulle varkies op hok kry? (Soos wat by disfunksionele munisipaliteite soos Sannieshof gedoen word nie?) Dan kan Foeta en kie van die rente kry as plaasvervangende “salaris”? Het iemand ‘n regsopinie?

Poot ·

Okay…nou waar trek mens die streep? Vir watter party is hierdie politieke gewin? Alle uitsaai owerhede het ‘n eed onderteken by die Onafhanklike Uitsaai Owerheid wat sê dat hulle nie haatspraak, geweld of materiaal sal uitsaai wat ‘n negatiewe invloed op luisteraars of kykers sal hê nie.
Ek is nou wel nie ‘n politieke ontleder nie, maar is die SAUK nie besig om nou vir die eerste keer aan hierdie eed te voldoen nie. Ja ek stem nie saam met hoe die mense sumier afgedank is sonder ‘n disiplinêre verhoor nie. En ja daars goed soos “freedom of expression, the right to information” en allerhande snert. Maar regtig….is dit nie tyd dat ons bietjie kieskeurig moet wees oor wat ons wil sien en hoor nie.

Koos1 ·

Aai. Onse president respekteer ook nie die land nie en hy ondermyn dit, so ook nie die art.9 instellings en ook die howe, maar hy word nie afgedank nie. HOEKOM NIE???

Klong ·

Iemand kan jou nie forseer om iets te eet of gebruik wat joune is
Maw is jy nie wil rubbish kyk hoekom betaal daarvoor

Connie ·

Moenie julle lisensies betaal nie. Ongelukkig is myne klaar betaal voor hierdie “jol”. Die adverteerders moet ook asseblief saamwerk.

Anso Boshoff ·

Helaas spreek die vanne van die mense wat onregmatig afgedank is boekdele……….

Chris Ws ·

Die NP regering het in 1975 ‘n wet gepromulgeer wat tv lisensies verpligtend maak SOU JY ‘N BEELD ONTVANG op ‘n tv, rekenaar skerm,of enige ander manier.Dit dek DSTV en enige ander tv uitsendings ook.Dan het hulle die radio lisensie daarby ingesluit.Baie slim!So al het jy net ‘n radio MOET jy ‘n tv lisensie uitneem!So die gemors is fyn uitgewerk deur die NP van toeka en die huidige regering bou net voort op wat hulle van die NP geerf het!Hulle het seker gemaak hulle het almal aan die kort haartjies beet!Behalwe die “agtergeblewenes” natuurlik.

Koos1 ·

Chris Ws, ek is seker daarvan dat die radio vry gestel is van die wet, of so iets, maar die kruks van die saak is, as almal ophou betaal, gaan die SABC nie die fondse he om die wet af te dwing nie. As 1 miljoen mense voor die hof moet veskyn op oorterding van die wet sal daar ongeveer 380 mense per dag in die hof moet voorkom en sake moet afgehandel word op die selfde dag, om dit binne ‘n jaar af te handel. In die ou SA het burgerlike ongehoorsaamheid gelei tot die versnelle val van die NP regering, as almal in SA saamstaan en nie betaal nie, kan die SABC val.

Wat-ek-lees ·

En dis hierdie wet dat hulle kwansuis ‘n openbare uitsaaier is waaragter hulle wegkruip. Ook een van die min apartheidswette wat die ANC nie sal verander.

Loeis ·

“…’n kostebevel teen Hlaudi Motsoeneng in sy persoonlike hoedanigheid”.

Nou praat jy!!!!

Karma ·

@Loeis – hy sal hom net so min daaraan steur as wat Zuma hom steur aan die opdrag dat hy R7,8m van die Nkandla-geld moet terugbetaal!

Loeis ·

LOL, tot die balju by hom opdaag!

Op daai noot, vir Zuma is die deel wat hy vir Nkandla moet terugbetaal steeds ‘n moewiese ‘bargain’! Sal interessant wees om te sien waar al die geld heen is, want daai plek en die kostes stem nie ooreen nie. Maar dit is nou van die onderwerp af. Ons moet regtig vasklou en staan by waar die oppergesag van dioe reg nog deurkom.

Lida ·

Waaroor stress julle. Solidariteit sal mos nie hierdie afdankings net so aanvaar nie. Watch hulle hier kom groot sports

Angie ·

Foeitog, hulle sukkel nou vier jaar om my oorlede skoonpa se rekening toe te maak. Na herhaaldelike bewyse bel hulle nog elke jaar en vra of ons nie wil pa staan vir die uitstaande rekening.lol

Sarie ·

Toe Solidariteit destyds hulle Plan B bekend gemaak het was hierdie joernaliste nie te vriendelik nie. So draai die wiel. Die DA wat hul so voorstoot is nie bereid om in die hof te gaan staan , maar Solidariteit wel. Hoop hulle slaag.

Mariaan ·

Hlaudi word nie in die bek geruk nie. Die opdrag kom van bo af.
Dit bevestig, Zuma sit agter als.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.