SAUK dank sportbaas eensydig af

Pieter van den Berg Foto: RSG

Pieter van den Berg Foto: RSG

Die SAUK het die vryskutkontrak van Pieter van den Berg, een van die land se mees senior sportkommentators, by dié instelling sonder die inagneming van enige bewyse, waaronder twee poligraaftoetse, summier opgehef.

Volgens Johan Kruger, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, het die SAUK deur hierdie optrede weereens bewys dat alhoewel die uitsaaier swaar op die kundigheid van honderde vryskutpersoneellede steun, daar geensins na hulle omgesien word nie. “Diane Riemer, hoofbestuurder van radioproduksies, het Van den Berg se kontrak totaal eensydig opgehef sonder dat sy kant van die saak enigsins oorweeg is,” het Kruger gesê.

Kruger het voorts verduidelik dat geen skikking ná talle ontmoetings bereik kon word nie en dat Solidariteit gevolglik die hooggeregshof nou sal nader. Die vakbond het vandag ’n dagvaarding op die SAUK beteken.

“Die saak hou verband met ’n buite-uitsending van ’n Superrugby-wedstryd in Durban op 7 Mei. Van den Berg het ’n tegniese kontroleur gevra om sy werk korrek te doen. Dié kontroleur was laat vir sy roeptyd, onder die invloed van alkohol en het boonop die reëls van die stadion oortree en ander personeellede ontstig. Ná die insident het die kontroleur Van den Berg daarvan beskuldig dat hy aanvallende en rassistiese opmerkings jeens hom gemaak het,” het Kruger verduidelik.

Volgens Kruger het die howe reeds in verskeie hofsake gewys dat valse bewerings van rassisme nie geduld sal word nie. “Valse aantygings van rassisme deur werknemers om hul eie oortredings te probeer verbloem, het mode geword in Suid-Afrika. Hierdie optrede op sigself bied gronde vir ontslag. Dit is betreurenswaardig dat die SAUK die gedrag van die tegniese kontroleur geïgnoreer het, terwyl hy die kwessie behoorlik moes ondersoek,” het Kruger gesê.

Van den Berg het sowat 34 jaar gelede begin om sport uit te saai en om sportprogramme aan te bied. Hy het al as kommentator vir meer as 30 verskillende sportsoorte opgetree. Kykers het hom gesien as aanbieder van Teletien, TV4 Sport en Topsport op televisie en sy stem word ook jare lank reeds op die radio gehoor. Sedert 2009 word hy gereeld as rugby- en sportkommentator op RSG gehoor en sy dekking het die Olimpiese Spele in Londen ingesluit. Hy was ook Monitor se daaglikse sportverslaggewer. Van den Berg was ten tye van die opheffing van sy kontrak RSG se sportorganiseerder en uitvoerende regisseur by SABC Sport.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

popeye ·

Pieter, my raad aan jou vanaand is om regsadvies in te win. Tweedens vat die SAUK dan hof toe (pro bona) verkoop jou talente dan aan ‘n ander uitsaaier, al is dit in die buiteland. Meer as enigiets, wanneer jy die saak gewen het moet jy dit wyd publiseer….WYD!

Jos ·

Stem saam met jou popeye. Doodseker Kyknet wag vir jou. Sterkte !!!

Acca ·

Net soos ek gedink het. Die mannetjie het nie daarvan gehou dat sy senior hom aanspreek nie want ons kan mos maak wat ons wil en nou gooi hy die raskaart want hy het niks anders om te gebruik nie. Sy broers sal hom natuurlik beskerm soos hulle altyd maak. Pateties

Moeggepraat ·

Ethnic cleansing is the systematic forced removal of ethnic or religious groups from a given territory by a more powerful ethnic group, with the intent of making it ethnically homogeneous. See BBBEE, EE, AA, Transformation, etc….

Alida ·

Looi hom Solidariteit. Arogante vent wat dink hy kan doen wat hy wil. Sorg dat Pieter n 3 X 6 syfer pakket kry. Die baas kry dan R11m bonus. Daar is genoeg gesteel anyway!

Cornelius Geldenhuys ·

Lankal tyd vir al die Afrikaners, Boere, wit mense, en anderskleuriges wat normale mense is en nie op die waansinnige boot verder wil reis nie, om af te klim, Radio Stasies soos Pretoria FM het `n toekoms, die “SAUK“ is `n sinkende skip.

Asjas ·

En ons kan help om daai skippie vinniger te laat sink deur nie ons TV Lesensies te betaal nie.
Ek kyk in elk geval nie die gemors nie.

EvW ·

Wonder wie gaan nou sy plek inneem?? Seker iemand wat polities korrek is en nie idië het wat aangaan nie….?

Melt Olckers ·

In elk geval is poligraaf toetsing in arbeids aangeleenthede onwettig en kan glad nie as bewyse in enige hof aanvaar word nie.

Scalla ·

Geen pligsbesef nie, onder die invloed by die werk, speel die raskaart want sy kollegas sal hom beskerm, fire hom eerder.

Belaglik ·

En die hoofroof bly stewig op sy sitplek sit ongeag ALLE klagtes teen hom, lieg oor kwalifikasies, lieg oor alles, run die plek in die grond in en STEEDS sit hy stewig in die saal, terwyl die blankes vir elke klein dingetjie afgedank word!

neelsie ·

Wie luister nog Rsg?
Hoekom die Sauk ondersteun?
Probeer om die Afrikaner uit te skakel en hy spring oral op met baie meer inisiatief as tevore.
Ondersteun ons mense ; Solidariteit/Afriforum/Maroela media/Pretoria fm ,daars nog talle.
Boikot Sauk en hulle adverteerders, hulle is treurig!

Bolander ·

Jy sal verbaas wees NEELSIE!!!!! Dit is by verreweg die enigste stasie wat nog “sence” praat!!

Johann Marx ·

Dis nie net hierdie kontrak wat opgeskort word nie. Daar is talle kundige mense (veral in finansies) wie se “kontrakte” net nie hiernu word nie, en van wie sommiges voortydig “uitbetaal” word sodat die persoon kan loop. Toe hierdie persone, wie se kontrakte nie hernu word nie, permanent aangestel moes word, was dit SAUK “beleid” om nie meer werknemers vas aan te stel nie, maar op “kontrak-basis”….jy moes dus elke keer wanneer jou “kontrak” verstryk ‘n nuwe kontrak gaan onderhandel. Hierdie “verstrykte kontrakte” se mense word nou vervang met etnies-korrekte “acting” personeel…..wat nie ‘n idee het wat hulle doen nie. Hulle word aangestel vir 5 jaar kontrakte…en na 6 maande miljoene betaal om net te loop….sodat daar plek gemaak kan word vir die volgende groep “acting” personeel. Gaan kyk maar hoeveel “miljoenêrs” die SABC so geproduseer het…..

DB ·

Perfekte voorbeeld van wat orals in die land gebeur. Iemand skreeu “racist!” en so vinnig soos nou is daar ń hekse jag op die wit vel en alle logika en bewyse word by die venster uitgegooi.

Buks Barnard ·

Die uitdrukking is TEN TYDE VAN, nie “ten tye van” nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Buks

Dankie vir jou terugvoer. Ons bevestig graag dat beide uitdrukkings volgens die sesde uitgawe vat die HAT aanvaar word.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Cherokee ·

En ten tye van klink meer na goeie Afrikaans. Ons taal is uniek, oorspronklik en hoef nie vas te klou aan Nederlands of ander Vlaamse tale nie.

John ·

Wie is die geagte Me Diane Riemer? Is sy ‘n Suid-Afrikaner?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.