Die SAUK het bevestig hy het met stappe begin teen werknemers wat hul glo aan seksuele teistering skuldig gemaak het.
Die SAUK het in Junie ʼn hoëvlak-kommissie van ondersoek op die been gebring om bewerings van seksuele teistering te ondersoek. Dit nadat daar bewerings was van poste vir seks en dat druk op werknemers geplaas is om gunste te doen in ruil vir werk.
Volgens die SAUK het die kommissie sy werk op 31 Oktober afgehandel. Die kommissie, wat onafhanklik van die openbare uitsaaier is, het sy finale verslag voorgelê wat in sy geheel deur die SAUK se raad aanvaar is.
“Die mandaat van die kommissie was om verbale en geskrewe bewerings van seksuele teistering van voormalige en huidige SAUK-werknemers te ontvang en hulle van die geleentheid te voorsien om ervarings van seksuele teistering aan te meld. Dit het ervarings wat nooit aandag gekry het of nie voldoende hanteer is volgens die klaers nie ingesluit.”
Volgens die SAUK het die kommissie van ondersoek tot bevindinge gekom en aanbevelings voorgelê wat deur die openbare uitsaaier geïmplementeer word. “Die SAUK bevestig dat ʼn gepaste plan van aksie in werking gestel is teen die beweerde oortreders ooreenkomstig toepaslike maatskappybeleid en toepaslike wetgewing. Die beweerde oortreders is van kennisgewings voorsien om hulle die geleentheid te bied om vertoë te lewer in reaksie op die aksies wat deur die SAUK begin is.”
Barbara Watson was aan die hoof van die kommissie wat die bewerings van seksuele teistering ondersoek het. Watson is ʼn gekwalifiseerde maatskaplike werker met ervaring van meer as 40 jaar.
Die wiel draai!!, stadig maar seker!!. Dit is wonderlik dat dinge nie net meer onder die mat ingevee word nie. Daar is soveel negatiewe nuus wat positiewe uitkomste het. Ek hoop dat die nuus in SA binnekort binnekort net positiewe uitkomste sal he. Geluk aan Babara Watson en haar span. Julle staan in ‘n beroep nie ‘n “job” dankie
Ja nee, eindelik tyd vir die sekspeste! En die korrupsie?
Good ole bbbee! Dis mos ma hoe hulle rol.
Aag asseblief
Wat n klomp twak.
Die plek is bankrot en korrup verby ?
Hoekom nou eers nadat klagtes al vir jare ingedien word. Hoop en vertrou dat due nodihe stappe geneem sal worf sonder dat dit jare duur.
Die volgende gaan seker gebeur. Baie geld, wat hulle nie het nie, word gespandeer met rade van ondersoek. ʼn Paar skuldiges word uitgewys maar die persone is “well connected” en gevolglik onaantasbaar. Nou word daar ʼn media konferensie gehou en ʼn verklaring uitgereik met ʼn “after party” wat baie geld kos. Die verklaring lui dat die skuldiges sal ophou met hulle ‘stout’ aktiwiteite. Die skuldiges vra verskoning en die probleem is opgelos. Besigheid soos gewoonlik. Dit is my waarneming maar gewoonlik reg.
Aksie in plek sê artikel. Die persone wat hul skuldig daaraan gemaak het moet sekerlik af gedank word EN krimineel aan gekla word. Ek is jammer maar die stelsel in RSA waar elkeen net kan doen wat hy/sy lus het en daar is geen gevolge, raak nou net te veel!!!
It takes two to tango!
Alida, werkloisheid word op baie terreine uitgebuit. Hierdie tipe van praktyk kom egter nie net voor by due SABC nie maar by ander Staats en Semi Staatsinstellings voor.