SAUK gaan DA-advertensies uitsaai

'n Skermskoot uit die advertensie

‘n Skermskoot uit die advertensie

Die SAUK het aangekondig dat hy die DA se verkiesingsadvertensies met onmiddellike effek op sy televisie- en radiostasies gaan uitsaai.

Dit kom nadat die Onafhanklike Uitsaai-owerheid (Okosa) se klagte- en nakomingskomitee Woensdagaand die DA se saak teen die SAUK uitgestel het. Wandile Tutani, voorsitter van die komitee, het Woensdagaand by Okosa se hoofkantoor in Sandton aangekondig dat die saak onbepaald uitgestel word aangesien die SAUK ʼn nuwe regspan aangestel het. Die nuwe regspan sal eers die feite van die saak ondersoek en dan besluit of die saak moet voortgaan.

Die DA het nie die versoek om uitstel teengestaan nie. Helen Zille, DA-leier, het egter gesê dit is op voorwaarde dat die party se advertensies onmiddellik uitgesaai word. “Dit is ʼn oorwinning vir gesonde verstand.” Terry Motau, vir die SAUK, het bevestig dat die openbare uitsaaier onmiddellik die DA se ses advertensies sal uitsaai.

Die SAUK het die DA einde verlede week meegedeel dat die openbare uitsaaier nie die party se advertensies op televisie of radio gaan uitsaai nie. Die SAUK het aangevoer dat die advertensie geweld aanhits en het die DA versoek om gewysigde weergawes van die advertensies te verskaf.

Mmusi Maimane, die DA se woordvoerder en premierskandidaat vir Gauteng, staan in die advertensie voor ʼn spieël en praat oor die huidige stand van die land. Klik hier om die advertensie te sien.

Lees ook:
Nuuskommentaar: Steel die SAUK ‘n vry en regverdige verskiesing?
SAUK-base bang om hul werk te verloor, sê DA
DA mag gewysigde advertensie indien
SAUK onttrek DA se TV-advertensie
DA kap ANC met nuwe advertensie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan Viljoen ·

Lekker stert tussen die bene weghardloop. Wys weereens dat die kaders in die SABC geen grysstof in hulle boonste verdieping het nie. Die DA lag al die pad stembus toe, hulle gaan heelwaarskynlik n paar meer stemme kry. Wonder nou net hoe raak mens ontslae van die ouens in die SABC.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.