SAUK gaan grondwethof toe oor omstrede bedryfshoof

Hlaudi Motsoeneng. Foto: SAUK

Hlaudi Motsoeneng. Foto: SAUK

Die SAUK het Vrydag gesê hy gaan die appèlhof in Bloemfontein se beslissing dat Hlaudi Motsoeneng, sy bedryfshoof, geskors moet word, in die grondwethof beveg.

Die appèlhof het Donderdag beslis dat Motsoeneng vir 60 dae geskors word terwyl ʼn tugverhoor vir sy beweerde oortredings gehou word.

Motsoeneng, die SAUK en die minister van kommunikasie het appelleer teen ʼn vroeëre hooggeregshofbevel wat bevind het dat Motsoeneng geskors moet word hangende sy tugverhoor.

Dit volg nadat adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, onder meer vroeër bevind het dat Motsoeneng se aanstelling onregmatig was, hy buitensporige salarisverhogings ontvang het en oor sy kwalifikasies gelieg het.

“Die SAUK het sy prokureurs opdrag gegee om dringend appèl by die grondwethof aan te teken met betrekking tot die appèlhof se beslissing van gister. Die korporasie sal op ʼn gepaste tyd meer kommentaar oor die kwessie lewer,” het die uitsaaier in ʼn verklaring gesê.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Christo Cloete ·

Ag dit is nie nuus nie, almal het dit verwag, klomp korruptes sal mos tot die end veg vir self verreiking

Dave ·

Selfvereiking? soos in reik na self? Jy bedoel nie dalk selfveruiking nie?

alex ·

@ Dave – Hierdie sogenaamde “afrikaans sprekende” mense wat altyd hulle mede afrikaners aanval oor spelling getuig van sub – standaard.

alex ·

@ Dave – Hierdie sogenaamde “afrikaans sprekende” mense wat altyd hulle mede afrikaners aanval oor spelling getuig van sub – standaard.

Tony ·

Die spul het geen benul wat die funksie van ‘n grondwetlike hof is nie. Ego’s is myle verhewe bo enige greintjie verstand.

Flippie ·

Dan wil hulle hê dat ons TV lisensies moet betaal. Die SAUK se prokereurs probeer nou ‘n bedrieër in die hoogste pos van die SAUK te beskerm – met pupblieke geld!!

Meneer ·

Ek dink die regspan weet baie goed hulle staan nie ‘n kans nie, maar as dit pap reën moet jy seker skep…

Millie ·

Ek hoop dit word ook met kostes van die hand gewys en dat hy deur sy nek moet betaal

Jan ·

Die mense wat verantwoordelik is vir hierdie hofsake moet hulle eie regskoste betaal. Die staat sal enige hofsaak vir ewig in die hof hou en die belastingbetaler moet opdok vir die koste. Hierdie saak (soos vele ander) is agv van die regering se arrogansie en totale onbevoegdheid van byna die hele spul. Ek wonder wat hierdie tiepe sake ons al deur die jare gekos het.

Jacques ·

Die werklike rede hoekom hulle na die Grondwethof gaan is om zuma te beskerm. Die risiko is groot dat hulle gaan duik in die hek en dan sit zuma se turf.

Yvonne ·

Hierdie is nou regtig belaglik verby
Hardloop van die Grondwethof toe oor iets soooo belagliks, regtig!!! SAUK wil julle regtig so ver gaan om iemand korrup in julle midde te hou?

Loeis ·

Eintlik doen hulle die EFF se saak teen Zuma goed: nou kan die grondwethof in ‘n afsonderlike saak ook daai puntjie uitsluitsel gee.

Die vraag bly: gaan die hof se uitspraak gerespekteer word?

Lulu ·

Middag almal. Ek wil dit net noem dat, die rede hoekom hulle grondwet-hof toe gaan, is omdat die appelhof die laaste se het as jy ontevrede is met die hof se uitspraak (volgorde is streekshof, hooggeregshof, appelhof). Die enigste middel wat jy na ‘n appelhof se besluit tot jou beskikking het… is om te “appelleer” na die grondwethof – wat die hoogste hof in die land is.

Ek dink eger ook wel dat dit belaglik is. As jy skuldig is, is jy skuldig – al baklei jy tot jy blou is. Hulle gaan seker maar staatmaak op “menseregte”…

david ras ·

En met wie se geld gaan hulle die regskoste betaal ?
Ek hoop die grondwetlike hof bepaal dat die applikante die kostes uit hulle eie sakke moet betaal. en NIE VAN publieke geld gebruik mag maak nie.

Daar is gans te veel gevalle van openbare instansies wie se voorbestaan van publieke geld afhang, wat tog alte maklik hulle na die howe wend met regskostes wat die publiek moet dra, of hulle nou wil of nie.

Kwagga ·

Ek het n tv lisensie rek gekry vanaf SAUK. Die ou het nie eens matriek nie. Verdien R3m plus SAUK loop op b verlies. Krap programme. Dan wil hulle hê ek moet betaal. Ja reg.

Winston ·

Ja wat anders kan mens in n rowers nes verwag? Lig my ook in asb

Yvonne ·

Nee magtig man, as jy dan wil kritiseer, kry dit ten minste reg! Selfverryking!

Mentz ·

Mag ons kapsie aanteken deur lisensiegeld te weerhou wat so vermors word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.