SAUK gaan joernaliste weer aanstel

Foeta Krige, Suna Venter, Jacques Steenkamp en Krivani Pillay Dinsdag (26 Julie 2016) in die arbeidshof in Johannesburg. Foto: Facebook

Foeta Krige, Suna Venter, Jacques Steenkamp en Krivani Pillay Dinsdag (26 Julie 2016) in die arbeidshof in Johannesburg. Foto: Facebook

Die SAUK het Woensdagmiddag ʼn ommekeer gemaak en aangekondig dat hy sewe van die agt joernaliste wat vroeër afgedank is, weer gaan aanstel.

Kaizer Kganyago, woordvoerder van die openbare uitsaaier, het in ʼn kort mediaverklaring bevestig dat die SAUK sy regsverteenwoordigers opdrag gegee het om nie met enige verdere regsaksies voort te gaan nie.

“Die SAUK bly daartoe verbind om sy mandaat van openbare diens na te kom,” het Kganyago gesê.

Dit is in teenstelling met die brief wat die SAUK se regsverteenwoordigers Woensdagoggend aan Solidariteit se regspan gestuur het. In die brief het die SAUK aangedui dat hulle wil appelleer teen die arbeidshof in Johannesburg se beslissing dat Foeta Krige, Suna Venter, Jacques Steenkamp en Krivani Pilllay onmiddellik weer aangestel moet word.

Die SAUK het ook vroeër geweier dat die joernaliste terugkeer werk toe. Krige, Venter en Steenkamp het Woensdag by die SAUK se kantore in Auckland Park opgedaag maar is later weer daar weg nadat daar vir hulle gesê is hulle mag nie weer begin werk voor die appèlproses afgehandel is nie.

Die ander vier joernaliste is Busisiwe Ntuli, Lukhanyo Calata, Vuyo Mvoko en Thandeka Gqubule. Hulle het ook bekend gestaan as die SAUK-8. Die SAUK verwys egter in sy verklaring na sewe joernaliste. Mvoko is vermoedelik die joernalis wat nie weer aangestel word nie, aangesien hy vryskutwerk gedoen en sy kontrak beëindig is.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê die vakbond het die SAUK voor ʼn ultimatum gestel om sy lede voor 16:00 vandag by hul werkplek toe te laat, anders sal die vakbond ’ʼn voldoeningsbevel en ʼn aansoek vir minagting van die hof teen die staatsuitsaaier bring.

“Solidariteit en die joernaliste is uiteraard baie verlig oor die nuutste verwikkeling. Ons is egter teleurgesteld dat ons met verdere hofaksies moes dreig om die afgedankte joernaliste terug by die werk te kry. Die joernaliste is veral verlig dat hulle nou uiteindelik kan doen wat hulle graag wil doen – naamlik om objektief, veral oor die komende plaaslike verkiesing, te berig,” sê Hermann.

Hermann het bygevoeg dat laasgenoemde ‘n strategiese oorwinning is, maar het beklemtoon dat die oorlog nog nie gewen is nie. “Ons doen ‘n beroep op burgerlike organisasies om die druk op die SAUK en die parlement te verskerp sodat daar ’n leierskapverandering by die SAUK kan plaasvind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Yvonne ·

En so sien die SAUK sy gat!!! Whoop Whoop – wel gedaan Solidariteit

Nico ·

Voer nou net die ding deur en raak ontslae van die bedryfshoof met sy vervalste kwalifikasies en oormatige salaris. Hlaudi with a chance of meatballs…

Hendrik von Wielligh ·

Nou is dit die mees aangewese tyd om yster te slaan solank as dit nog warm is. Motsuneng is maar n gedeelte van die ūprobleem. Daar moet na die geheel gekyk word.

koos ·

As jy iemand anders se geld mors dan is jy groot meneer maar as jy jou hand in jou eie sak moet steek dan change jy gou jou mind. Ons is toe nie so braaf as wat ons wou voor gee nie ne.

JC ·

Hehe, dis baie waar Koos, daardie de bonis propriis kostebevel het vir hul sakke gewink hehe, nogmaals geluk Solidariteit/Afriforum!!! Wat ‘n petalje!

Cherokee ·

Presies soos jy sê, Koos. Indien dieselfde tipe hofbevel meer kere uitgereik word sal minder gesloer word met kettingreaksies wat die belastingbetaler geld kos.

Dirk/Solidariteit/Afriforum….. julle is yster! Netjies gedoen. :-) Dit geld ook vir die regters wat by die saak betrokke is.

pieter ·

Die ander kop van die probleem (die minister) wat snake eyes aangestel het moet ook waai

Knoffelkop ·

Ons mag nou seker maar jil-en-skreeu vir snake eyes asook die minister se kop op ‘n skinkbord.
Maar ek voel dat die SABC8 nou ook persoonlike broodnodige ondersteuning nodig het
Flippit…ek sal dink dit vat ‘n baie spesiale persoon op ‘n perd om vanoggend in daardie gebou te in gestap het.Julle ouens is die beste…al agt van julle!!! En julle personeel.

Sune van Heerden ·

Dagsê E

Die agt joernaliste is Foeta Krige, Suna Venter, Jacques Steenkamp, Krivani Pillay, Busisiwe Ntuli, Lukhanyo Calata, Vuyo Mvoko en Thandeka Gqubule. Soos bevestig in die berig verwys die SAUK egter in sy verklaring na sewe joernaliste. Mvoko is vermoedelik die joernalis wat nie weer aangestel word nie, aangesien hy vryskutwerk gedoen en sy kontrak beëindig is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Knoffelkop ·

Een van my vriende het ‘n hond met die naam Maxi…sy is nogal vreeslik gehoorsaam.

Sarel Strydom ·

Baie sterkte vir hierdie Joernaliste en Solidariteit wat mou uitsteek om sy lede te help. As oud Vakbondman mot ek egter ook waarsku dt dit gaan nie maanskyn en rose
wees nie. Nie met hierdie mense nie. Julle is gemerk. Sterkte en mooi loop.

Hendrik von Wiellighs ·

Om n hond in dese dae max maxi te noem is baie onbedagsaam. Ek bedoel nou teenoor die hond.

GES ·

Knap gedaan Solidariteit!!! Terwyl die yster warm is moet Snake-eyes en sy poppemeester ook aangevat word. Dit gee moed dat reg en geregtigheid nie doodgedruk kan word nie.

Waarheid ·

Baie dankbaar die saak het voor die sonsak vir almal se siellerus soort van voorspoedig uitgedraai so Nou is die miljoendollar vraag na die sabc 8-petalje, hoever van bankrot af is die uitsaaiertjie??? Hoelank nog Gaan sy mense hulle salarisse ontvang???

John ·

Waarom weer aanstel? Beteken dit dat hul vorige pensioen-voordele ea soos verlof, beeindig is en nuwe werksvoorwaardes nou gaan geld? Hulle kan nou benadeel wees as hulle lank in diens was. Bekyk die kontrakte.

Pieter ·

Nee John, hulle hoef nie weer aangestel te word nie – hulle is nog STEEDS in diens. Die hof het die afdankings “ab initio” (uit die staanspoor) onwettig verklaar, dit ter syde gestel en gelas dat hulle onmiddellik met hulle werk mag voortgaan asof hulle nooit afgedank was nie. Die optrede van die SAUK was onwettig en het geen regskrag nie. Daarom bly alle byvoordele, ens., onveranderd. Maroela, let asb daarop dat julle berig in hierdie opsig ook verwarring skep. Hulle kan nie weer aangestel word, indien hulle nog altyd regtens in diens was nie.

Johan ·

Iets heel anderste. Wat gaan gebeur as Zuma nie die R.7.8 terug betaal het teen middel Sept Nie?
Ek verstaan ook dat ky nou aanspreeklik gehou kan word vir persoonlike belasting op die verskil van die berekende bedrag. Is dit waar en wat Dan?

DR ·

Kom almal verhoog ons bydrae vir Afriforum en Solidariteit elke maand.. Sonder hulle is dit nag!!!

Lance ·

Sauk besluit asb wat julle wil dien julle gaan aan soos iemand wat net n std 3 het !

Lola ·

Wel ek hoop Solidariteit gaan aanhou veg vir Vuyo Mvoko. Vryskut se dinges.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.