SAUK gaan nie sensuur-besluit terugtrek

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng, omstrede bedryfshoof van die SAUK, het Maandag tydens ʼn mediakonferensie gesê die openbare uitsaaier sal nie voorgeskryf word nie.

Hy het die uitlating gemaak kort nadat die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) beslis het die SAUK moet sy besluit om nie gewelddadige beeld- en klankmateriaal oor betogings uit te saai nie, terugtrek.

Motsoeneng het gesê die SAUK sal dit nie doen nie. Hy het gesê die SAUK sal nie “verskonend” wees oor iets waarin hy glo nie. “Ons verstaan nie waarom mense vir die SAUK wil voorskryf nie. Ons glo steeds ons tree binne die nodige regulasies op.”

Hy het gesê die openbare uitsaaier sal die kwessie tot in die konstitusionele hof beveg indien nodig.

ʼn Man het tydens die mediakonferensie opgespring en geskree “down with Motsoeneng”, waarna veiligheidswagte hom uit die gebou vergesel het.

Mbulaheni Maguvhe, voorsitter van die SAUK-raad, het gesê die openbare uitsaaier het vyf dae om sy regspan te raadpleeg en die kwessie saam met die relevante owerhede onder die loep te neem.

Volgens Maghuve glo die SAUK hy het ʼn morele en doelbewuste besluit geneem en hy het verduidelik die verbod is in plek om kinders te beskerm teen blootstelling aan gewelddadige beeldmateriaal.

Die SAUK is sewe dae gegee om Okosa te antwoord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

vermeende ·

Die SABC sal die besluit nog tergtrek met n swak verduideliking maar eers na die verkiesing.

Jan maak n Plan ·

Nou wonder ek maar hoe die groot meneer Motsoeneng gaan maak as Lituhli huis nou vir hom intruksie gee om die sensuur terug te trek.

Daan Erasmus ·

Kan die SABC se uitsaai lissensie groot asb terug getrek word. Dit sal die land n beter plek maak.

Marie Salzwedel ·

Ek dink baie adverteerders gaan hul advertensies op SAUK onttrek en die mense wat nog al die jare hul TV lisensies betaal gaan ophou betaal. Ek gaan beslis NIE weer betaal nie!!

Flintstone ·

Haha,tv lisensie,om wat mee te maak?sodat hulle pro regerings propaganda aan die gepeupel kan versprei?Terloops Motsoeneng,deur gehoor te gee aan die regering laat jy jou in elk geval voorskryf!

Gys ·

Ons betaal al die afgelope paar jaar getrou ons TV-lisensie, maar het tot op hede nog geen fisiese TV-lisensie ontvang nie. Oorweeg dit ook om in die lig van die veranderinge by SAUK nie weer ons lisensie te betaal nie.

Adam ·

Het die MR nie ore aan sy kop nie Dit gaan prokureers weer skatryk maak en wie moet die gelag betaal….publiek met verhoogde lisensiegelde

Lance ·

Die man is onkundig en n damn verleentheid vir SA …anc hierdie man kos julle baie stemme en ek is bly oor dit

Deon ·

Daai tou….jy ken daai tou?…….hy en/of die ANC gaan hulself hang……..

Johanna Botha ·

Dis nou finaal …geen lesensiegelde todat hierdie huis in orde kom ….stem saam dis n skande

Daenerys Targaryen ·

Ek wonder of Hlaudi wat so besorgd is oor die kinders se blootstelling aan die media rakende onluste en dies meer al ooit na van die koerante se opskrifte gekyk het wat so aan lamppale vasgemaak word. Soos byvoorbeeld die SUN s’n……….wonder watse indruk dink hulle skep dit by kinders……….. en by dit alles as hulle die onluste uitsaai SAAM met hoe die oortreders gestraf is dan sal dit mos goeie voorkoming wees………

Chris ·

Dan moet die hof hom maar reghelp soos wat hulle onse zumpie ook al n paar keer reg moes help.

Deon ·

Seker waar dit sal eindig…..MAAR…..ek en jy gaan daai regskoste moet opdok…..

TM ·

Kan hy homself nie sensuur nie? Ek is ook moeg om na hom te kyk en luister.

Deon ·

Het al laaaaankal opgehou……een of ander invorderings besigheid…(wat sekerlik aan een of ander broer/suster/oom/tannie/seun/dogter/eks vrou of man behoort van een of ander lid op SABC se direksie dien….bel my gereeld….

Die plek waarheen ek hulle stuur kan ek nie noem nie…..gaan gesensor word…..Maroela se sensuurraad…….ag tog….

Kaufman ·

Stel uit tot na verkiesing. Hoogs oneties en dienageslag sal dit besef.

Lions ·

Daai man se arrogansie verstom my. Ken hy die verskil tussen onkunde en reëls nakon nie? Wys jou net hoe ken hy die beleid rondom vryheid van spraak asook sy eie party se beleid daar rondom

Buitestander ·

Alles moontlik om die verkiesing in die ANC se guns probeer swaai.
Daarna kan hulle hom ‘n goue handruk gee om ‘n kader aanstelling te kry.

Deon ·

Ag toe nou Maroela….gee ons ook vryheid van spraak……julle sensor darem baie maklik en gou……

Adrian ·

Sou hy gehoor gee aan ocasa se opdrag om als weer uit te saai val die aanklagte teen die geskorste joernaliste plat dus keer hy om die opdrag teen te staan. Terloops, let op hoe als om hom draai en nie die publieke uitsaaier nie

JOHAN ·

Volgens die News 24 se Hlaudi “I walk tall and I talk tall” – onthou net die val is sover harder Hoe bome vang die meeste wind

Sarie ·

Dis wat ek noem domastrant. Dis nou dat ons in ‘n oorlog gewikkel is soos inPW se dae ons leef dan indie lekker Nuwe SA Hulle kan mos maar wys wat in al die mooi dorpe met die pragtige infrastruktuur wat die ANC vir hulle gegee het :)) aangaan. hoe die mense vuurtjies maak om alles te vier.

neelsie ·

Boikot alles wat Sabc is ,radio sowel as tv.
Pretoria fm praat in alle gevalle die waarheid en bied aangename luistergenot.

Johannes Meintjes ·

Is die SAUK ‘n openbare uitsaaier of regerings propagandamasjien waarvoor die publiek lisensegelde moet betaal?

Theuns ·

Muthambi en Hlaudi Motseneng is soos kinders met speelgoed en uit die oog van ‘n kind behoort alles aan hulle. Kort kort hoor ek Hlaudi en Muthambi praat van hulle self as “Aandeelhouers” van die SAUK maw Mede Eienaars wat hulle nie is nie. Die Parlement en sy ministers en ook Hlaudi en Muthambi is aangestel as “RENTMEESTERS” om OPENBARE entiteite soos die SAUK, ESKOM, SAL, DENEL, POSKANTOOR en ander te bestuur na die beste van hulle vermoe! Ongelukig dink die mense die entiteite behoort aan hulle en dit word nie bestuur om n RENDEMENT te lewer nie maar as ‘n instansies waar die geld(wins) ook in hulle sake beland. Hlaudi het mos die beredeneering bewys deur homself miljoene rande aan salaris toeteken en openlik teverklaar dat die SABC nie daar is om wins te maak nie.Hlaudi ken ook sommer miljoene toe aan Zuma se dogter sodat sy haar pa se Nkandla rekening kan betaal.

Mixi ·

En daar groei die bank rekening toe nog voor die media konferensie klaar was.

Marlene ·

Die beste is, ek het in October laas jaar n oproep gekry van n persoon wat my net daaraan herinner dat my TV lisensie geld Desember betaalbaar is, vererg ek my, want dit was op maandeinde en het nie tyd vir sulke stupid dinge nie, vertel hom toe sommer om nie my tyd te mors nie, en liewer aandag gee aan die mense in sekere gebiede wat glad nie betaal nie, en dat ek in elk geval nie na die SAUK se gemors kyk nie, ek betaal maandliks vir multichoice want dit is my choice, en sit die telefoon neer, groot was my verbasing, n week daarna kry ek n email van een of ander invorderings agent, dat hulle opdrag gekry het om namens die SAUK agterstallige geld in te vorder, dit lees : current account due December 2015, ammount R296.00, ek het maar net terug geskryf dat hulle vir my moet verduidelik hoe kan n current account agtertallig wees, maar net n teken van hoe arrogant party mense is van stupidgeit

Theuns ·

Mooi Marlene, jy kan verseker weet dat die Invorderings Agentskap dit vir iemand doen by die SAUK se eie sak. Dit gee ‘n nuwe betekenis aan “Privaatsak”!

Willie ·

Ek moet n televisielisensie betaal om gesensorde nuus te kyk? Lekker man, lekker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.