Suid-Afrikaners kan hulle groen vlae begin wapper want die Wêreldbeker-rugbytoernooi is om die draai en die SAUK mag die Bokwedstryde nou uitsaai!
Zizi Kodwa, minister van sport, kuns en kultuur, sê hy is verheug dat die SAUK, die openbare uitsaaier, en MultiChoice ʼn ooreenkoms oor uitsaairegte vir die 2023 Wêreldbeker-rugbytoernooi kon bereik.
Maroela Media het vroeër berig dat SuperSport Saterdag in ʼn verklaring bevestig het dat hy ná maande lange onderhandelings met die SAUK nie ʼn ooreenkoms vir die sub-lisensiëring van uitsaairegte vir vanjaar se Wêreldbeker kon bereik nie.
MultiChoice het egter Donderdag aangekondig dat hy nou wel ʼn ooreenkoms met die SAUK bereik het om uitsaairegte aan die openbare uitsaaier vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi te sub-lisensieer.
“Dit beteken dat miljoene Suid-Afrikaners sleutelwedstryde in die 2023 Wêreldbeker-rugbytoernooi sal kan dophou, insluitend al die wedstryde waaraan die Springbokke deelneem,” sê Kodwa.
“Ek verwelkom hierdie baanbrekende ooreenkoms wat alle Suid-Afrikaners sal toelaat om ons wêreldkampioene, die Springbokke, dop te hou terwyl hulle die Wêreldbeker-titel verdedig.
“Rugby het die potensiaal om ons mense te verenig, om sosiale samehorigheid en nasionale eenheid te bevorder. Ons het dit gesien in die tye toe die Springbokke die Wêreldbeker gewen het,” sê Kodwa.
Goeie nuus! Gaan ESCOM ook hulle samewerking gee?
Nou moet Eskom ook net ‘n ooreenkoms met die SABC bereik om nie beurtkrag tydens die Wêreldbeker toe te pas nie.
Alle oë is nou op Ramakgopa en sy maatjies by Eskom…ons “watch” julle…
Nou weet ons op wat 7e Laan se budget geblaas is?
Dankie tog SAUK dis al wat ek en ek glo miljoene gewone armer mense so graag wou hê dat ons ook kan die Wereldbeker Rugby wedstryde kan kyk vernaam waar ons Springbokke in gaam speel. Dowe mense kan dit ook geniet Baie dankie
Ja Eskom is nog n groot faktor so asb gun vir ons die genot van die Wereldbeker Springbokke Rugby
Wel gedaan SABC nou kan almal die Bokke ondersteun…hoop net Eskom speel saam
En so mis die volkie die die olifant in die kamer. ‘n Winsgedrewe maatskappy wat besluit wat mense mag kyk en wat nie …
Die mense wat DSTV kan bekostig, besluit deur die subscription wat hulleself kies, wat hulle mag kyk en wat nie??
Gaan MultiChoice hulle intekenare afslag gee? Ek is nie ‘n MultiChoice intekenaar nie, maar glo daaraan dat niemand op ‘n ander se rug kan ry nie.
Het hulle laaaankal terug die stewel onder die agterstewe gegee. Beste besluit ooit.
Die rugby is vir baie jare slegs beskikbaar in DSTV se duurste paket. Om dit beskikbaar te maak vir almal is ‘n skop in die mense wat daarvoor betaal het se gesig.
Absoluut Riaan.
Gun tog maar die armes ook iets. Ek is oortuig die Bokke waardeer die ondersteuning van meer as n select few.
Dit gaan suiwer oor wat is reg of verkeerd.
Net soos mense wat wel vir krag en water betaal.
Hulle moes mos hulle skottels stukkend geskop het soos Steve beveel het. Steve gaan nie happy wees met julle nie.
Gun jy dan niemand iets nie. Net oor jy dit kan beskostig seker.
Hoe sou jy gevoel het as jy vir jare vir iets betaal en skielik kry almal dit verniet, maar jy moet nog steeds aanhou betaal? Wees eerlik asb.
JOU keuse om te betaal. Niemand dwing jou nie. Dit is my 100% eerlike antwoord. Baie mense is bly dat die land vir n slag gee en nie net vat nie.
Om eerlik te wees, dis onregverdig teenoor die intekenare wat ten duurste moet betaal en ek is nie een van hulle nie hoor, ek is net oopkop.
Hier is ‘n aantal mense wat nie die abba effek verstaan nie omrede dit hulle pas. Ek wonder wat hulle sou sê as hulle intekenare was en ander kry die gelukkie verniet?
Dit gaan hulle niks help want ons gaan sit met loadshedding!!!!! Kyk maar die schedule
Ons kraggies is af van 22h00 (alle fases).
Wat het nou van die SABC boikot geword?
Lankal vergewe en vergeet. Rugby is die Afrikaners se T-hemp en vlaggie as geskenk.
Ek dog dan dis die SABC wat MY al jare lank boikot deur niks te wys wat ek wil kyk nie
Ons kort ‘n deal met ESKOM ook!!!!!!!!!!!!
Die Sabc wou seker weer dit verniet gehad het, hoop Multichoice word betaal.
Jammer Loadshedding gaan n probleem wees,Ons sit 2 x 4.30 ure per dag sonder krag dan praat n mens nie eers van die ander 2.30 min sonder krag nie.