SAUK-gebou in Auckland Park ontruim

Tientalle werkers moes die SAUK se gebou in Auckland Park ontruim. Foto: Netcare911

Tientalle SAUK-werkers moes die openbare uitsaaier se gebou in Auckland Park in Johannesburg verlaat nadat diesel op een van die boonste verdiepings van die gebou uitgemors en glo gevaarlike walms veroorsaak het. Die diesel word glo gebruik vir ʼn kragopwekker.

David Mashabela, ʼn aanbieder van Radio2000, het getwiet dat personeel in Radio Park die gebou moet verlaat, maar dat luisteraars ingeskakel kan bly vir musiek wat deurlopend gespeel gaan word.

Dit blyk dat verskeie van die SAUK se radiostasies tydelik dié maatreël volg.

Daar was aanvanklik ook berigte dat die gebou ontruim word weens vrese oor ʼn moontlike ontploffing.

Die radiostasie RSG het in sy 12-uur-nuusbulletin bevestig dat die gebou weens ʼn diesellekkasie ontruim is en dat werkers sou terugkeer sodra die situasie veilig verklaar is.

RSG het berig radiostasies soos Metro, FiveFM en Radio2000 word geraak. Verdere besonderhede was nie bekend nie.

Die SAUK se woordvoerder, Vuyo Mthembu, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

koos ·

Weet hulle iets wat ons nie weet nie.?Hoekom het hulle ‘n kragopwekker wat vol diesel is, as beurtkrag dan nou so mooi onder beheer is?

Gert van Wierdapark ·

Die Minister van Kommu-nik-asie gaan hul seker nou Gas Gee oor die toedrag van sake!!! He-he-he!!!

Pierre ·

Wie gaan dit nou agterkom? Gedink hulle het al lankal die gebou ontruim, as ek kyk na wat op hulle TV aangaan.

Ellisras ·

Dit is regtig nie slim om diesel bo op die gebou te hê nie. Nie dat ek iets anders van die SABC verwag nie. Ek het simpatie met RSG se personeel wat in ‘n vyandig omgewing hul bes doen vir Afrikaans. Dankie mense.

Wielspore ·

Volgens wetgewing moet enige permanente diesel tenk oor ‘n opvangsgebied onder die tenk beskik wat enige lekke uit die tenk kan opvang. Hierdie opvangebied moet die volle volume van die tenk kan opvang sonder dat dit oorloop.
Hoe is dit moontlik dat die diesel uitgeloop het?

Db ·

Hoe de ongeluk kry hulle daardie tenk vol as hy op een van die boonste vloere is? Word daar nou van helikopters gebruik gemaak om vir hulle te voorsien of dra hulle dit kannetjie vir kannetjie op om in te gooi

Braam ·

Sabotasie? Deur diesel op top-floor te he in so n groot maat is mos moeilikheid soek. Masjienerie vir kragopwekking moet mos in die kelder verdieping wees. O ja daar sal dit dalk maklikker gesaboteer kan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.