SAUK gee Motsoeneng die koue skouer

Hlaudi Motsoeneng tydens die mediakonferensie in Johannesburg (19 April 2017). Foto: ANA

Die tussentydse raad van die SAUK het Vrydag gesê hy hersien die besluite wat deur die voormalige uitvoerende bedryfsbeampte, Hlaudi Motsoeneng, geneem is, en gaan ook voort om die pos te adverteer en van sy omstrede beleide te hersien.

Die tussentydse raad het gesê hy werk saam met die departement van kommunikasie om ʼn pakket saam te stel wat die openbare uitsaaier uit sy finansiële verknorsing kan red en die dokument sal binne die volgende paar dae aan die tesourie oorhandig word.

“Die tussentydse raad het die bestuur opdrag gegee om voort te gaan om onmiddellik die posisie van uitvoerende groepshoof en uitvoerende bedryfsbeampte te adverteer,” het die raad gesê. “Die proses wat reeds met die werwingsagentskap begin is, sal met een maand verleng word, om aansoekers wat nog in aanmerking wil kom, die kans te bied om aansoek te doen. Die pos van uitvoerende groepshoof: Radio sal ook geadverteer word.”

Motsoeneng, die voormalige bedryfshoof, het koppe gestamp met die tussentydse raad nadat hy die aanstelling van die raad Woensdag tydens ʼn perskonferensie veroordeel het.

Hy is by die SAUK vervang ná ʼn verdoemende verslag van ʼn parlementêre ad hoc-komitee bevind het dat die vorige raad die openbare uitsaaier wanbestuur het, en dit tot die verlies van honderde miljoene rand gelei het.

Die openbare beskermer se verslag het ook teen Motsoeneng bevind, insluitend sy onreëlmatige aanstelling, die verhoging van sy salaris van R3,8 miljoen tot R4,2 miljoen en dat hy ʼn “oneerlike” werknemer was wat “ʼn giftige versuim van korporatiewe regering” by die SAUK veroorsaak het.

Die tussentydse raad is in Maart deur pres. Jacob Zuma aangestel en aan die begin van vandeesmaand deur die minister van kommunikasie, Ayanda Dlodlo, bekragtig. Die raad se mandaat is om binne ses maande stabiliteit te verseker by die SAUK en om weer die publiek se vertroue in die uitsaaier te herstel nadat die vorige raad ontbind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johanna Botha ·

Wel dis net nog n gemors van die anc en ek gaan nie my lesensie betaal nie.

Johann Marx ·

Wat ek nie verstaan is nie is hoe die “aanjaers” geskors word, by die huis gaan sit teen R350 000,00 per maand….en die hardwerkende personeel nou die kastaiings uit die vuur moet krap? Hoekom is hierdie persoon nie nou op kantoor….om die gemors wat hy veroorsaak het, reg te maak nie? Hy kan begin deur sy salaris en bonusse te gebruik om einde April die werknemers se salarisse te betaal!!!

Marina ·

Ek wens hulle wil n ondersoek instel op mnr Mccola van city of johannesburg se brandweerdienste daar word vir langer as 15 jaar lelike koerupsie gepleeg. Brandweermanne wag al meer as 10 jaar vir salaris aanpassings!!hofsaak is n jaar terug gewen maar nog steeds kry die brandweermanne nie hulle geld nie!!

GES ·

Dit blyk dat geen raad of kommitee geen magte het om ANC kaders te beheer nie. Hulle is bo die wet verhewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.