SAUK gee oor; DA-advertensies binnekort te sien

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die Demokratiese Alliansie het Vrydag gesê die SAUK het ingestem om sy verkiesingsveldtogadvertensies uit te saai.

“Die DA is bly om aan te kondig dat die SAUK uiteindelik ingestem het om die party se advertensies uit te saai, nadat hulle elke truuk in die boek probeer het om die uitsending met meer as vyf dae uit te stel,” het Phumzile van Damme, woordvoerder van die DA, gesê. “Dit is ʼn belangrike oorwinning en ons hoop dit sal die openbare uitsaaier ontmoedig om opposisiepartye ooit weer te sensor.”

Van Damme het gesê die party sal gevolglik sy klag by die Onafhanklike kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa), wat Maandag ingedien is, op ys plaas. “Ons klag word slegs tydelik op hou geplaas, dit beteken nie dit is heeltemal laat vaar nie. Indien die SAUK enigiets anders probeer om die uitsending weer te vertraag, sal ons dadelik voortgaan en die klag weer instel.”

Van Damme het vroeër Vrydag die SAUK daarvan beskuldig dat hy voete sleep, ondanks onderhandelinge en ʼn beginselooreenkoms om die advertensies, waarin die party aanvoer armes ontvang beter dienste in plekke waar die DA regeer, uit te saai.

Sy het gesê nadat die ooreenkoms bereik is, het die SAUK die DA laat weet dat hy nie die videolêers kan oopmaak nie. Sodra dié kwessie opgelos is, het die SAUK die party versoek om ʼn vrywaring by te voeg dat die beeldmateriaal ʼn politieke advertensie is. Sy het verduidelik die SAUK het in die verlede self die vrywaring bygevoeg en die party vermoed die openbare uitsaaier het gepoog om die opposisieparty te verhoed om ʼn voorsprong te kry voor die munisipale verkiesing op 3 Augustus.

Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, het vroeër vandeesweek gesê die DA se klag is misleidend, aangesien die uitsaaier bevestiging van partyregistrasie moet kry voor die materiaal uitgesaai kan word. Hy het gesê die betrokke inligting is Maandag ontvang, en daarom kan die materiaal binne die gebruiklike vyf dae ná ontvangs uitgesaai word. Hy was nie Vrydag beskikbaar vir verdere kommentaar nie.

Die SAUK is die afgelope week sterk veroordeel deur opposisiepartye en menseregtegroepe oor ʼn besluit om nie meer gewelddadige diensleweringsbetogings uit te saai nie. Die Right2Know-veldtog het dit met apartheid-era-sensuur vergelyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Poplap ·

His Master’s Voice het gesien dat die DA se boodskap toe nie van hul eie geliefde ANC s’n verskil nie.

LouiseB ·

Is “die klagte is op hou geplaas” enigsens Afrikaans?

christine ·

Mense ons kom van die Kaap af en bly nou in die Vrystaat ,die DA se dienlewering is puik net vrek duur. Ek stem vir dienste DA. Eks Afrikaans en ewe vrek trots daarop. Maar die ander parye is te min hulle gaan nie noual wen nie KRY net die ANC van julle rue af staan tog bymekaar vir eers. Dis tog net n ou minusipale verkiesing ai jai stem DA raak ontslae van vrot dienste. Vat hande al is dit vir eers die dem Engelse. Hoeveelheide is uiters belangrik. Sonie moenie kla nie jyt jou kruis loop trek by die wat eerlik nie n dyk gaan slaan nie moenie stemme breek nie laat die DA regmaak wat hulle veroorsaak het met hulle liefde vir n 1man 1stem mknder vir ons om te herstel

Leendert van Oostrum ·

Die idees wat “christine” hier verkondig is so verdouderd. (Die DA verkondig dieselfde onsin – net so verouderd.)

“Moenie stemme breek nie” en sulke twak was geldig voor 1994. In ‘n kiesstelsel soos wat ons nou het het dit geen betekenis nie.

Inteendeel: Daardie idees, as hulle suksesvol is om die regering te verander, gee ons net nog ‘n party met ‘n absolute meerderheid. En nie net die ANC nie, maar enige party met ‘n absolute meerderheid is hovaardig, baasspelerig en luister nie na die kiesers nie – so het die DA in die Wes-Kaap ons geleer.

In ‘n stelssels soos ons s’n moet mens juis NIE vir eenvan die twee grootste partye stem nie, maar vir die kleineres. Dit dwing die groot partye om koalisies te vorm om te kan regeer.

En dit hou hulle nederig (of, in elk geval, so nederig as wat ‘n politikus kan wees.)

James ·

@Christene: Mense soos jy maak dat ek aspris vir die ANC stem want die DA is absoluut anti wit en anti behoudend. Die DA is in die bed met die ANC en selfs met die EFF!! Sies vir jou om DA twak hier te praat…. en dit als net vir duur dienslewering! Steve Hofmeyer het meet teen plaasmoorde al gedoen as wat jou DA al ooit gedoen het. Jy is seker nie bewus daarvan dat De Lille (een van jou leiers) al met ‘n “kill the boor, kill the farmer” plakaat in haar hande betoog het nie….. en jy stem vir só ‘n party? ….. … .. jy stem dus vir jou eie moord.

Annie ·

@James………….vir wie gaan jy stem? #ekvramaarnet# Kyk in watter gemors is ons land. Ons moet saamstaan en vir 1 party stem. Soveel mense vlug uit ons mooi land. Wat gaan van ons kinders word….veral met die “goeie voorbeeld” wat hul van ons staatspresident kry. Moord…roof…..verkragting…..dis al wat mens elke dag hoor. Ek is 1 van dié wat hopelik binnekort die land gaan verlaat. Dis hartseer maar watter ander opsies is daar vir ons en ons kinders?

Michiel ·

Die grap is met al hierdie hoo-haa het die SAUK net MEER gratis advertensie aan die DA gegee deur middel van persberigte hieroor ens! DA BO!

James ·

@Annie… ek dink dit is beter om vir niemand te stem nie. Om vir die DA te stem is om vir plaasmoorde te stem.

Nics ·

Kan soms nie glo wat ek lees nie. James wil nou aspris vir die ANC stem Wie probeer hy nou eintlik daardeur “spite”?? Die ANC sal jou tipe met ope arms verwelkom, so doen gerus!) stem vir die DA is dan nou kammig VIR plaasmoorde, moenie stem nie… As dit nie so “sad” was nie sou dit lagwekkend wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.