SAUK gee toe oor DA-advertensie

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die DA het Vrydag gesê dat hy ʼn skriftelike kennisgewing van die SAUK ontvang het dat sy tweede Ayisafani-advertensie van vandag [Vrydag] uitgesaai gaan word.

“Ons sal die SAUK se kanale dophou om seker te maak dat die advertensie uitgesaai word in die tydgleuwe waarop daar ooreengekom is,” het die party in ʼn verklaring gesê. “Die SAUK se besluit is vir ons ʼn oorwinning. Die advertensie is van uiterste belang in die laaste week van ons verkiesingsveldtog.”

Die DA het gesê sy tweede Ayisafani-advertensie moes al sedert Woensdag uitgesaai word, maar dit het nie gebeur nie. “Fakir Hassen, bestuurder van uitsaainakoming by die SAUK, het gesê die advertensie gaan nie uitgesaai word nie, omdat die inleiding ‘So hulle het probeer om ons stil te maak’ onwaar is. Natuurlik weet ons dit is waar,” het die party gesê. Die DA se eerste Ayisafani-advertensie is aanvanklik deur die SAUK verbied, aangesien dit glo geweld aanhits. Die SAUK het egter later besluit om wel die advertensie uit te saai. Klik hier om die eerste Ayisafani-advertensie te sien.

Die DA het Woensdag ʼn dringende perskonferensie belê nadat hy oor die verwerping van sy tweede advertensie ingelig is. Die DA het gesê hulle beskou dié stap as politieke sensuur. “Ons tweede Ayisafani-advertensie moet op alle SAUK-kanale uitgesaai word tot Sondagaand, die afsnytyd vir politieke advertensies.” Klik hier om die tweede Ayisafani-advertensie te sien.

* “ANC Ayisafani” beteken dat die ANC is nie meer is wat hy vroeër was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.