SAUK het EFF-advertensie “verwerp”

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het ʼn klag van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) ontvang nadat die SAUK ʼn verkiesingsadvertensie van dié party verwerp het.

Paseka Maleka, woordvoerder van Okosa, het bevestig dat die klag ontvang is. Okosa sal bepaal of die klagte- en nakomingskomitee die klag verder gaan ondersoek.

Die SAUK het Dinsdag gesê hy het nie die advertensie verbied nie, maar dat hy die advertensie verwerp het. “Daar is ʼn verskil,” het Kaiser Kganyago, woordvoerder vir die SAUK, gesê. Die SAUK voer aan die woorde “breek e-tolhekke af”, hits geweld aan.

Die SAUK het die EFF verlede week oor sy besluit ingelig. Die party is die geleentheid gebied om sy advertensie te wysig, maar dit het nie gebeur nie.

Die advertensie, “Now is the time for economic freedom”, is reeds byna 70 000 keer op YouTube gekyk. (Die advertensie volg onderaan die berig.)

Okosa het vroeër vandeesmaand gehoor dat die SAUK ʼn advertensie van die Demokratiese Alliansie ook verbied het omdat dit “geweld aanhits”. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.