SAUK het nuwe waarnemende hoof

Minister Ayanda Dlodlo. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

James Aguma is tydelik vervang as waarnemende uitvoerende hoof van die SAUK.

Ayanda Dlodlo, minister van kommunikasie, het dit bekend gemaak tydens ʼn voorlegging aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge. Tselidso Ralithabo sal nou waarneem as uitvoerende hoof.

Aguma, wat ook die hoof finansiële beampte van die openbare uitsaaier is, was volgens Dlodlo nog nie by die werk die week nie aangesien hy glo met siekverlof is. LP’s het egter aangevoer hulle glo nie dat hy siek is nie en dat hy eerder nie voor die komitee wou verskyn nie.

Dit het ook aan die lig gekom dat Aguma vir die tydelike SAUK-raad korrespondensie gestuur het waarin hy aandui dat hy vir Hlaudi Motsoeneng, omstrede voormalige bedryfshoof, toestemming gegee het om in April ʼn mediakonferensie te kon hou.

Die tussentydse raad het vroeër vandeesmaand aangedui dat Motsoeneng dissiplinêr verhoor sal word na aanleiding van die Wes-Kaapse hooggeregshof se uitspraak in Desember.

LP’s wou by Dlodlo weet of Aguma geskors gaan word vir sy optrede, waarop sy gesê het sy is nie in ʼn posisie om die vraag te beantwoord nie.

Motsoeneng se verhoor het intussen Woensdagoggend afgeskop. Zola Majavu, Motsoeneng se regsverteenwoordiger, het gesê hulle sal veg vir sy kliënt se regte.

Motsoeneng se aanstelling as uitvoerende bedryfshoof is vroeër onwettig verklaar. ʼn Uitspraak in die Wes-Kaapse hooggeregshof het in Desember gelas dat hy onbevoeg is om enige pos by die uitsaaier te beklee totdat ʼn dissiplinêre verhoor hom vrygespreek het van enige aantygings, of as ʼn hof die openbare beskermer se verslag wat meld dat hy gejok het oor sy akademiese kwalifikasies en sy eie salaris onregmatig verhoog het, ter syde stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bolander ·

In hierdie land van ons verander die “HOOFDE” van verskillende instansies vinniger as wat ek my oë kan knip. Goeie genugtig!!!!!!!!!!!!!!!!!KOMMERWEKKEND!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

BOLANDER ·

In hierdie land van ons verander “HOOFDE” vinniger as wat ek my oë knip.!!!!!!!! Goeie genugtig!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Tikkel Tokkel ·

Wat het van die RAINBOW nation geword? Hoekom sien ek nooit meer ‘n wit of indier of kleurling gesig in TOPPOSTE nie? Dit word maar net weer met die volgende ANC kader gevul. En elkeen wat waai kry soveel miljoene al het hy aangejaag, hy hoef nooit weer te werk nie .. lekker in die nuwe SA .. Ons eie Utopia, ons Reenboogland.

Snuffels ·

Tikkel

Moet nou nie vir jou dom hou nie – die zuptas bestuur SA, watwou indiers kry nie top poste nie!!! :)

tom ·

Kom ek se so kyk maar wie is in die poste dis hoekom als agter uit gaan hulle hou aspris rainbow mense weg

Johann ·

Halo. Eks die Waarnemende Tussentydse Tydelike Semi permanente Half Hoof nie uitvoerende beampte…of is ek? Whahahahahhaaaaaa!!!!!! Dis om van te HUIL van absurdheid! En ons moet dit vir gebrande pap en sweetner opvreet ?

BOLANDER ·

Lêkker laat jy my nou lag. Want dit is wat die regering is, ‘n massiewe groooot GRAP!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Johan ·

Teen die tyd behoort ons almal te weet die land is nie meer ons land nie. Dis n Afrika land. n Zulu land. Die tradisionele Hoof sal die baas wees van n firma. Geen kwalifikasie nie want dis hoe dit in Afrika gedoen word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.