SAUK-hoë oorleef beweerde sluipmoordaanval

SAUK-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Thami Zikode, hoof uitvoerende ouditbeampte van die SAUK, het na bewering ʼn sluipmoordaanval oorleef.

Die openbare uitsaaier het gesê ʼn man is reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem.

“Zikode was op pad werk toe. Aanvallers het hom agternagesit en op hom geskiet. Die polisie stel verder ondersoek in. Die SAUK is dankbaar dat hy ongedeerd is,” het Vuyo Mthembu, woordvoerder van die SAUK, in ʼn kort verklaring gesê.

ʼn 37-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die skietery. Die polisie is op soek na nog drie verdagtes. Beamptes het reeds die vermeende wegkomvoertuig gevind.

Zikode is glo besig met ʼn forensiese ondersoek, maar die SAUK het gesê die motief vir die skietery is nog nie duidelik nie, het EWN berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Die Motief is voor die hand liggend – “hulle” het nie gehou van die ou dit nie, want n ou dit kan moontlike ongerymdhede blootle = logies!!!

LHS ·

Sluipmoordaanval bwaawawa, dan was dit verseker nog vakleerlinge. Kom ons kyk eerder na n moontlike roofpoging maar ook maar uitgevoer deur vakleerlinge.

Maluan ·

Wat van “afvuur van n vuurwapen in n beboude gebied? Net so perongeluk? As daar n gat in sy kar geskiet was, was die foto orals gepubliseer?n

John ·

Was dit vergiftiging of gewone slegte kos? Watter intriges broei tog in hierdie land uit… party in koppe en ander in vuil potte… en ons koop dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.