SAUK hof toe oor ‘onreëlmatige aanstellings’

(Foto: Facebook)

Die SAUK wend hom nou tot die arbeidshof om minstens 28 aanstellings wat onreëlmatig gedoen is ter syde te laat stel.

Die openbare uitsaaier sê in ʼn verklaring die aanstellings is nie ingevolge die SAUK se reëls gedoen nie. Hy vra die arbeidshof dus om dit onwettig en ongeldig te verklaar.

“Die aansoek volg die riglyne in die verslae van die Openbare Beskermer, die parlementêre ad hoc-komitee, asook die SAUK se interne ondersoek oor onreëlmatige aanstellings,” lui die verklaring.

“Tot dusver is 28 sake in die eerste fase van die proses geïdentifiseer. Nóg onreëlmatige aanstellings kan met verloop van die ondersoek moontlik aan die lig kom. Alle geraakte partye gaan die geleentheid kry om die aansoek teen te staan.”

Die SAUK sê hy bly verbind tot die afdwing van behoorlike bestuursmaatreëls wat moet verseker dat daar aan alle beleid voldoen word.

Intussen het die SAUK se nuutaangestelde bedryfshoof, dr. Craig van Rooyen, verlede week bedank. Hy is einde April in ʼn waarnemende hoedanigheid aangestel, nadat Chris Maroleng, sy voorganger, weens growwe nalatigheid en wangedrag afgedank is.

Van Rooyen sou ʼn sleutelrol in die SAUK se herstelplan speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lolla ·

Soos gewoontlik die ou storie gewees ” meer tyd aan sy familie spandeer “. Dis maar net ‘n ordentlike manier om vir hulle te sê hy stel nie meer belang om deel van die sirkus te wees nie.

Leon ·

Hulle mag nie uitpraat nie. Die slim rotte verlaat die skip. Iets vertel my die SAUK kan nie meer gered word nie.
Verkoop sy verskillende radio stasies aan die publiek. Baie lande het nie meer ‘n nasionale uitsaaier nie.
Ongelukkig dink ek die ANC sal nie graag sy propaganda masjien wil laat gaan nie.

Keelvol ·

Hoop die 28 onreëlmatige aanstellings is van die fat cats en kaders wat miljoene verdien om niks te doen nie.
As jou aanstelling onreëlmatig was is jy seker nie geregtig op skeidingspakket nie.
Aag maar wat is die kans.

Ben ·

Wonder hoeveel onreëlmatige aanstellings is in die Staat gemaak asook in ander SOE’s. Wat my ook laat dink het is die aanstelling van Brian Molefe in die SANDF. Daardie kwessie moet ook aandag geniet.
Hierdie stap van die SAUK is ‘n stap in die regte rigting.

jakes ·

SAUK het sy galie gesien toe Hlaudi nog die baas was. Het sommer homself n 300% verhoging gegee. Nes Eskom is die SAUK ook besmet met kaders van die ANC wat onbevoeg is om enige werk te doen. Hulle wedywer met Eskom om te sien wie se blikwurms die grootste is.

Gert van Wierdapark ·

Nogal aangegaan verras gewees om te sien daar is darem nog reels waar volgens aanstelling gedoen behoort te word!!! He-he-he!

ne ·

Die Dr. het gesien die skip kan nie gered word nie. Die enkeles wat nog TV lisensies betaal is te min!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.