SAUK-hoof geskors

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng, omstrede bedryfshoof van die SAUK, is Donderdag vir 60 dae geskors hangende ʼn dissiplinêre verhoor.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het die uitspraak gelewer nadat die DA ʼn aansoek teen Motsoeneng gebring het. Volgens die DA se James Selfe spreek die bevel tot die kern van die Openbare Beskermer se regstellende stappe in staatsaangeleenthede.

Die DA het die bevel gebring nadat die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, aanbeveel het dat Motsoeneng geskors word terwyl ʼn dissiplinêre ondersoek na hom aan die gang is. Ten spyte van Madonsela se aanbeveling, het Motsoeneng egter in sy pos by die openbare uitsaaier gebly.

“As die dissiplinêre proses vind dat hy onskuldig is, kan hy ná 60 dae terugkeer werk toe,” het Selfe gesê. Volgens die DA is hierdie uitspraak ʼn belangrike toets vir die mag van die Openbare Beskermer.

“Die implikasie van hierdie uitspraak is dat staatsinstansies die bevindinge en regstellende aksies van die Openbare Beskermer moet implementeer, tensy rasionele gronde, wat in ʼn hof kan staan, gelewer word om dit nie te doen nie,” het die opposisieparty gesê.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leon ·

Nkandla is net n gemaklike rookskerm vir die 700 miljard wat nou al gesteel is vanaf “onafhanklikheid”. Hoe langer hulle die ander kan besig hou met Nkandla, hoe beter vir hulle.

Leon ·

En as hy skuldig is, sal die arme mens seker darrem nog sy salaris vir hierdie 60 dae kry … die karakter van die SABC …

Peet Schabort ·

Jy is reg Leon. Die bedryfshoof moet vergoed word vir sy bedrywe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.