SAUK-hoof vaar uit teen ‘kwaadwillige’ koerantopskrif

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng, omstrede bedryfshoof van die SAUK, het Sondag uitgevaar teen ʼn “kwaadwillige” koerantopskrif en volgehou dat hy volle respek vir die regstelsel en Openbare Beskermer het.

“Ek het met kommer kennis geneem van vandag [Sondag] se artikel met die opskrif ‘Howe sal my nie keer nie, sê SAUK se ‘gebore leier’ wat in die Sunday Times gepubliseer is,” het Motsoeneng in ʼn verklaring gesê. “Dit is ʼn kwaadwillige opskrif en gee ʼn growwe wanvoorstelling van die feite, aangesien dit insinueer dat ek geen respek vir die land se howe het nie en die prosesse van die howe ondermyn.”

“Ek beskou hierdie saak in ‘n ernstige lig en verwerp dit met die minagting wat dit verdien, aangesien dit daarop gemik is om my in ʼn slegte lig te stel. Dit moet beklemtoon word dat ek op rekord is in vorige onderhoude met ander publikasies, asook in die onderhoud met Sunday Times, dat ek die Suid-Afrikaanse regstelsel en die kantoor van die Openbare Beskermer respekteer, hetsy die uitspraak in my guns is of nie.”

Motsoeneng het gesê die Sunday Times se artikel is deel van ʼn veldtog deur “sommige mediahuise” om sy naam swart te smeer en hy waardeer joernaliste wat regverdig in hul beriggewing is.

Die SAUK het Vrydag gesê hy het sy regspan opdrag gegee om die appèlhof se beslissing dat Motsoeneng geskors moet word, in die grondwethof te beveg. Die appèlhof het Donderdag beslis dat Motsoeneng vir 60 dae geskors moet word terwyl ʼn tugverhoor vir sy beweerde oortredings gehou word.

Die uitgerekte wetlike geveg oor Motsoeneng het begin toe die Demokratiese Alliansie (DA) hof toe gegaan het nadat adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se aanbevelings nie nagevolg is nie. Madonsela het onder meer vroeër bevind het dat Motsoeneng se aanstelling onregmatig was en dat hy buitensporige salarisverhogings ontvang en oor sy kwalifikasies gelieg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Eddy ·

Dit is absoluut pateties dat mense met geen kwalifikasies in posisies is en dan nog hul eie salaris bepaal. Diefstal!!!

Bleskop ·

Eddy, dis juis omdat hulle geen kwalifikasies het nie, nie eens matriek nie, dat hulle doen wat hulle wil, want hulle ken gin beter nie, en kan nie dink vir hulle self dat enige besigheid ‘n korrekte balans moet he tussen inkomste en uitgawes nie.

Eish, te SABC hy maak biljoene, o ok, ekke kan hom die vat paar miljoene, want hy sal hom nie voel by die biljoene nie.

Gert ·

Dit is omrede onbevoegde mense nou opnbevoegde mense kan begin aanstel.

joppie de beer ·

Die een skandaal op die ander. Soos ‘n Sepie wat nooit einde kry nie……

GES ·

As die man so lieg oor alles, lieg hy seker ook oor sy bloedgroep? Dit laat ‘n mens ook in verwondering staan, die eie geregtigheid.

Han ·

Motsoeneng lieg soos ‘n tandetrekker en self sy beeld skade berokken. Hy vaar uit teen die koerante omdat hy nie die waarheid kan hanteer nie. Selfregverdiging!

Johann Marx ·

Hoe vorder jy tot bedryfshoof van die Nasionale Uitsaaier met net ‘n baie gemiddelde matriek?

Rubelien Rheeders ·

Niks maak meer vir my sin nie, daar is soveel van hulle in poste wat lieg en bedrieg, en dit hou net aan en aan. Is daar nie n manier om hierdie skelms en leuenaars met wortel en tak uit te roei nie. Ons land gaan ten gronde met die euwels wat plaas vind.

Griki ·

Hulle sal eerder die vuisvoos belastingbetalers se swaarverdiende geld mors as om te erken dat hulle gefouteer het en stappe te neem om dit reg te stel. Johann Marx, hy hét nie matriek nie en dis een van die dinge waaroor die hele bohaai gaan – dat hy daaroor gelieg het.

christa ·

Kan glo hul kom weg daar mee hy is in elk geval n stuk gemors sien hom sommer al dik gesteel gee hom sommer self n vet bonus in my tyd in ou staatsdiens het ek baie hard gewerk vir my bonus en so ou klein bedragie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.