SAUK hou aan om Motsoeneng te verdedig

Hlaudi Motsoeneng. Foto: SAUK

Hlaudi Motsoeneng. Foto: SAUK

Die raad van die SAUK het Woensdag tydens ʼn parlementêre komiteesitting volgehou dat hy Hlaudi Motsoeneng regmatig in ʼn ander senior pos aangestel het.

Faith Muthambi, minister van kommunikasie, wat skynbaar geïsoleerd is van die ANC in haar ondersteuning van Motsoeneng, het gesê sy sal dit aan die raad oorlaat om die parlement se portefeuljekomitee oor Motsoeneng se aanstelling in te lig.

Mbulaheni Maguvhe, waarnemende voorsitter van die raad, het aan LP’s gesê die hooggeregshof se uitspraak dat Motsoeneng se aanstelling as bedryfshoof ongeldig was, het die SAUK nie verbied om hom in ʼn ander posisie by die openbare uitsaaier aan te stel nie. Hy het gesê daar was niks wat die raad kon keer om hom as uitvoerende hoof van korporatiewe sake aan te stel nie, ʼn nuwe pos wat geskep is volgens Motsoeneng se vaardighede.

Die SAUK se aansoek om teen ʼn uitspraak van regter Dennis Davies wat verlede jaar in die Wes-Kaapse hooggeregshof gelewer is, te appelleer, is verlede maand deur die appèlhof met koste van die hand gewys. Davies het verlede jaar bevind dit was irrasioneel van Muthambi om Motsoeneng permanent as bedryfshoof van die SAUK aan te stel, gegewe die negatiewe bevindings in ʼn ondersoek deur Thuli Madonsela, die openbare beskermer.

“Die uitspraak noem nêrens dat Motsoeneng heeltemal as ʼn werknemer afgedank moet word nie,” het Maguvhe gesê. Hy het bygevoeg dat Motsoeneng tydens ʼn dissiplinêre verhoor in Desember verlede jaar vrygespreek is van enige oortredings en in ooreenstemming met die akte van oprigting van die SAUK was die proses om hom in sy nuwe pos aan te stel, korrek uitgevoer.

“Die akte van oprigting stipuleer die mag om personeellede van die SAUK-bestuurspan aan te stel lê by die uitvoerende hoof en kan slegs deur die minister omgekeer word. Hierdie vereiste is ingesluit in klousule vier van die raamwerk van delegasie van gesag,” het hy gesê.

Volgens Maguvhe het die waarnemende uitvoerende hoof, James Aguma, dus wetlik opgetree toe hy Motsoeneng ʼn nuwe werk gegee het. “Mnr. Aguma het nie die SAUK-raad se goedkeuring nodig nie,” het hy gesê.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende komitee, het gesê die voorsitter se aanbieding was oneerlik. “Dit pas in by ʼn hele geskiedenis van ontduiking. Dit is amper onwerklik dat ons, in die lig van die OB se bevinding en drie hofuitsprake, in hierdie vergadering sit om [Motsoeneng se aanstelling] te bespreek. Ek hoop hierdie is die begin van die einde,” het Selfe gesê.

Floyd Shivambu, adjunk-leier van die EFF, het gesê die SAUK het weer eens die reg verontagsaam deur die OB se aanbeveling oor Motsoeneng te ontduik en het die parlement gevra om ʼn ondersoek te doen na die SAUK-raad se bevoegdheid om hul amp te beklee.

Die politieke ondersteuning vir Motsoeneng het skynbaar tot ʼn einde gekom aangesien die kabinet verlede week die openbare uitsaaier versoek het om die reg en hof se uitspraak teen Motsoeneng te respekteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

Laaaaaankl beplan tot in die feinste ontwykende alternatiewe om die mag te behou. En ons betaal vir ALS. Salarisse…bonusse…kommissie…hofsake. En as hyidige belasting nie genoeg is on die treun te sous nie dan dunk hulle NIG absurdhede uit om te belas.

Jeanne ·

Laat dink my dat die spulletjie mekaar se hande was en geheime het wat hulle nie wil laat uitkom nie. Hoe kan mense so lojaal was aan iemand wat onregmatig aangestel is EN nog gelieg het oor sy kwalifikasies? Hy verrig ook niks positiefs nie, die SAUK is prakties gesproke bankrot maar hy ontvang steeds bonusse?? Ek dink as een val val almal, dis hoekom hulle die mannetjie probeer bo hou.

Johanna Botha ·

Geen lesensie meer nie ja …wys mens net tot welke mate die spul tot in hulle diepste wese vrot is van korrupsie en skelmstreke !

John ·

Dit is die vreemdste musiekklub wat ek nog gesien of gehoor het. Die baas is ‘n siener en sy regterhande en linkerhande se oe gloei van wysheid. Skynbaar moet die verontregte leuenaar nou oor luidsprekers buite die SABC sy programme beeldsend. Terrorisme is skynbaar sy geliefde onderwerp. Wie die geldsakkie dra het sal Winnie se ‘skenker/belegger’ dalk kan se, as niemand anders wil praat nie. Toe was twee rotte hul hande in onskuld onder die klanke van egte Suid-Afrikaanse treurgesange en spring van die skip af. Die komitee word met gebaretaal van die hoogdrama met insetsels van sabc-martelings in hofsale en koormusiek vanuit die flinke minister se agterbank, oor die ware toedrag van sake, ingelig. En ons tuis, skink amarula teen die ontydige lentegriep in die naklanke van ons nuwe volkslied: #samustfall

Taal ·

‘Regmatiglik’? Wat van net doodeenvoudig ‘regmatig’?

Piet ·

RÉGTIG! Mag die hele ou spul weggejaag en met kostes gedagvaar word vir al die geld wat hulle gesteel het. As ons nie tv lisensies betaal nie sal astronomiese boetes gegee word, dagvaardigings uitgereik word en beslag op eiendom gelê word en elje s3nt aan uitstasnde geld aan die sauk geeïs word. Patetiese klomp trolle

ekke.. ·

Lisensiegelde is maar n druppel in die emmer. Baie word deur advertensies betaal. Besighede moet dit maar net weerhou, tot hulle van hom ontslae raak. Dstv moet ook getakel word, sodat hulle kan staak met die vervelige herhalings. Hoopeloos te veel word betaal daarvoor en dan subsideer hulle nog ander afrika lande met ons betalings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.