SAUK in arbeidshof oor skorsing van joernaliste

Thandeka Gqubule, Foeta Krige en Suna Venter stap na die konstitusionele hof (1 Julie 2016) Foto: @SolidariDirk/Twitter

Thandeka Gqubule, Foeta Krige en Suna Venter stap na die konstitusionele hof (1 Julie 2016) Foto: @SolidariDirk/Twitter

Die vakbond Solidariteit sal Donderdag ’n dringende interdik teen die SAUK in die arbeidshof aanvra om die skorsing van verskeie SAUK-joernaliste te laat ophef, hangende die beregting van die wettigheid van die uitsaaier se sensuur-instruksies deur die konstitusionele hof.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Maandag gesê dié stap volg nadat die SAUK steeds versuim om die klagte teen die joernaliste weens hul weiering om sensuur toe te pas, terug te trek. Die SAUK het onlangs ook in ʼn brief aan die geskorste joernaliste hulle daarvan beskuldig dat hulle glo “verdere wandade gepleeg het” deur die media oor hul skorsings in te lig en dat hulle weier om aan die SAUK se instruksies te voldoen.

Hermann meen dit kom neer op onbillike arbeidspraktyk om werknemers te skors of te dissiplineer omdat hulle hulself van ʼn onwettige instruksie gedistansieer het.

“Ons glo daarom dat die betrokke individue ʼn baie sterk saak teen die SAUK het juis vanwee die feit dat die klagte wat hul werkgewer teen hulle ingestel het nie met die Grondwet strook nie,” het Hermann gesê.

Die hofverrigtinge sal na verwagting om 10:00 in Braamfontein begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Tiger ·

Pragtig Mnr.Herman,vat die SAUK VAS!En ek hoop daar kan skadevergoeding geeis word genoeg om die nikswerd SABC sommer te laat bankrot speel en toemaak.Ons het baie JARE laas na enige iets van die SABC op tv gekyk of na hul radiostasies geluister so ons sal hom nie eers mis nie!

Irene ·

Stem saam daar is niks wat op sabc is wat my trek nie rooi oog lip moet maar uitstap en toe maak

andrea van vuren ·

Ek is bevrees ons is besig om (terug) in ‘n Hitleriaanse tydperk te beweeg. Gee Rooi-oog druppels. Hy kan dit, op staatsonkoste, bekostig!

PMB ·

Sterkte met julle saak. Ons vertrou dat die mense betrokke vergoed sal word vir hul trauma.

Peter ·

Hierdie is alles oëverblindery. Dis ‘n goed uitwerkte strategie om die geweld van die ANC kiesers weg te hou. Die ANC, SABC en die ander spul is kop in een mus. Die SABC wéét hulle sensuur sal nie die toets van die hof deurstaan nie. Hulle sal die saak net sloer tot ná die verkiesing en dan alles terugtrek. En siedaar…hulle reeds oningeligte kiesers is steeds oningelig en verder in die duister. Dus het hulle in hul doel geslaag en baie geld is onnodig verkwis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.