SAUK-joernalis in gesig geskiet

Suna Venter

Suna Venter

Suna Venter, een van die sogenaamde SAUK 8-joernaliste, is met ʼn windbuks in die gesig geskiet.

DA-LP Phumzile van Damme het dié inligting Vrydag aan lede van die ad hoc-komitee wat die SAUK ondersoek bekend gemaak. LP’s het gesê daar moet met die relevante owerhede gekonsulteer word, insluitend die polisie, sodat die saak onmiddellik aandag kan kry.

Venter het aan Maroela Media gesê sy het op 14 Januarie by ʼn winkel in Linden, Johannesburg, stilgehou om iets op te laai. Sy het gesê die voorval was nie op 15 November verlede jaar soos wat deur talle ander media berig word nie. “Ek het die goed opgelaai en was besig om in die motor te klim. My kop was nog buite die motor en dit het ewe skielik gevoel of iemand my hard in die gesig slaan.”

Volgens Venter was daar bloed en het sy net dadelik probeer om daar weg te kom. Sy het ʼn  man gesien, maar kon niks verder uitmaak nie. Sy het nie aanvanklik besef sy is geskiet nie. Die wond aan haar wang het egter seerder geraak en begin opswel waarna sy dokter toe is.

Twee koeëls is Maandag tydens ʼn operasie verwyder. Sy het ook hierna die saak by die polisie aangemeld. Volgens Venter vermoed die polisie nie dat die voorval ʼn mislukte kaping was nie en moontlik eerder verband hou met vroeëre dreigemente wat sy en ander joernaliste ontvang het ná die gebeure by die SAUK.

Die DA het in November die polisie versoek om beskerming te verskaf aan die sogenaamde SAUK 8, wat volgens mediaberigte doodsdreigemente ontvang. Die Sunday Times het destyds berig Venter, senior radioregisseur, ontvang dreigboodskappe, daar is by haar motor ingebreek en daar is glo op haar geskiet. Daar is glo ook by die TV-regisseur, Busisiwe Ntuli, se huis ingebreek en iemand het glo in haar motor probeer vasry. Foeta Krige, uitvoerende regisseur van Monitor en Spektrum op RSG, se huiswerker is glo tydens ʼn rooftog by Krige se huis met ʼn vuurwapen gedreig.

Krige, Venter, Ntuli, Krivani Pillay, Jacques Steenkamp, Lukhanyo Calata, Vuyo Mvoko en Thandeka Gqubule is almal in Julie deur die SAUK afgedank omdat hulle volgens die uitsaaier “voortgaan om die SAUK-bestuur se gesag te ondermyn” en hul “wangedrag onhoudbaar” geword het. Nadat die joernaliste hulle na die arbeidshof gewend het, is sewe van hulle weer in hul poste aangestel.

Mvoko, wat slegs op kontrakbasis vir die SAUK gewerk het en nie vas aangestel was nie, se hofaansoek om weer deur die openbare uitsaaier aangestel te word, is in Augustus in die hooggeregshof in Johannesburg van die hand gewys. Mvoko het intussen aangedui hy sal teen die uitspraak appelleer.

Die ad hoc-komitee vergader weer vandag om hul verslag te finaliseer. Die komitee sal ook besluit of ʼn stel aanbevelings by die verslag ingesluit sal word voordat dit na die betrokke partye gestuur word.

Die verslag moet na verwagting teen 21 Februarie afgehandel wees voordat dit aan die Nasionale Vergadering vir debat voorgelê sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Connie ·

Hoe ek voel kan ek nie hier sê nie. Ek is kwaad. Sy is die saggeaardse ou fyn mensie. Sterkte Suna. Doen net jou werk soos jy altyd doen. Ons Skepper slaap nie.

Jy kom uit oorlog zones uit en oorleef om hier in jou eie land deur lafaards geskiet te word.

Ek hoop hulle vang jou sluipskutter.

Hannalie Jonker ·

Connie, sluipskutter, regtig?? Ek maak nie die voorval af as niks nie maar mens jy oordryf effe. En n sluipskutter lê op loer, hy val jou nie oop en bloot in n parkeerarea aan nie

Piet ·

Hulle se sy was met ‘n pellet geweer geskiet – nie rerig dodelik nie, maar steeds baie seer.

Pretorius Hibbers Cahrine ·

Nie dodelik nie…. Jy is skynbaar onbewus daarvan, dat mense al dood is, a.g.v. ‘n pellet geweer…

Steph ·

Daai was n “boodskap”. Sy kon ‘n oog verloor het of dalk haar lewe dank Vader sy is ok. Ons sit met n vrot, vrot kanker wat uitgewis moet word in hierdie land.

Nuwe SA ·

Ja nê! Dis die nuwe SA, ons kan maar net moor soos ons wil…. (“sekere mense”)… hul kom weg met alles!

Johan ·

Party windbukspistole werk met gas en kan n persoon doodskiet as persoon naby genoeg is is

Andre ·

M,a,w sy is eintlik tweekeer geskiet , met n windbuks , In die openbaar, in die gesig ? Wat se motief sit daar agter , wil iemand dalk n stelling maak ?

Shaun ·

Die land is nou al n 2de Zimbabwe. As jy teen die regering opstaan, kan jy verseker weet jou lewe is in gevaar.

Wicus Jansen Van Vuuren ·

Dis tipiese voetsleep deur kommunistiese ANC geleide polisie om nie die 8 die beskerming te gee wat hulle verdien nie. Wys net in die land beteken wet en orde niks.

Corrie ·

Askuus ek vra, kry jy ‘n pellet wat 2 koeltjies skiet!!!!

Karma ·

@Corrie, jip – ‘n pellet pistol oftewel ‘n BB-gun, kan tot 12 ‘pellets’ afvuur gelyk op rapid fire.

Marietjie ·

Ek is nie seker nie en het nog nie van een gehoor wat twee pellets kan vat nie, hy het seker maar die sneller twee maal getrek.

Rina Kotze ·

Enige wapen kan dodelik wees!

Sterkte Suna, hoop jy herstel goed en ek hoop hulle vang die blikskottel sommer BAIE VINNIG!

Nicolene ·

Waarom wil die “kundiges” nou ‘n analise doen oor hoeveel skote ens, ens? Dis mos irrelevant en die artikel gaan oor die onaanvaarbare wyse waarop daar met soveel gemak in hierdie land gehandel kan word en dan nog daarmee weggekom word!!!

wilma ·

Oe nog n lafhartige gesiglose gemors. Wys jou gevriet. Ek wed jou jy sali. Strongs vi Suna. Ons God Slaap nie. Vuilgud sal hy/hul dag kry

Pop ·

Ek het n pellet wat soos n handwapen lyk en hy vat 8 patroontjies. Werk met gas. En koeels het gelaaide puntjies so sal beslis iemand dood as jy reg skiet

Maryna ·

Die pellet skietgoed kan doodskiet as jy reg skiet. Dit was heel waarskynlik die plan, en die pellets kan ook nie “getrace” word na ‘n spesifieke persoon nie…

Annie ·

Sommige mense in die land van melk en heuning … val nie onder wetgewing nie .. te lekker ..

Ursula Moolman ·

Die ding kom n tyd aan, haar en ander joernaliste se lewens word al n geruime tyd bedreig, wil haar nie dood maak nie (nog nie) net seermaak en n boodskap oordra!!! Wees versigtig meisie en strerkte!!

PW Growee ·

Sterkte Suna. Jy is ‘n briljante verslaggewer en radiopersoonlikheid!

Julia Potgieter ·

Beslis n boodskap wat bedoel om Suna bang te maak of te waarsku. Dit was duidelik nie om dood te maak nie. Dan sou dit nie net beserings in haar gesig wees nie. Nogtans absoluut skokkend. Suna staan by jou besluit en weet God slaap nie. Sterkte.

Nico ·

Vreemd dat SAUK nie aanvalle op sy werknemers veroordeel of met hulle simpatiseer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.