SAUK-joernaliste hoor eers môre oor hofbesluit

Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, Foeta Krige, Suna Venter, Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, en Jacques Steenkamp. Foto: Reint Dykema

Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, Foeta Krige, Suna Venter, Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, en Jacques Steenkamp. Foto: Reint Dykema

Die uitspraak in Solidariteit se hofsaak teen die SAUK oor die afdanking van vier veteraanjoernaliste sal Dinsdag in die arbeidshof in Kaapstad gelewer word.

Regter Rob Lagrange het Vrydag in die arbeidshof in Braamfontein aangedui dat hy Maandagoggend om 10:00 sy uitspraak sou lewer. Hy het egter gesê indien die uitspraak nie teen 09:00 gereed is nie, die onderskeie regspanne ingelig sou word en die uitspraak Dinsdag gelewer sal word wanneer hy in Kaapstad is.

Solidariteit het verlede week die arbeidshof genader om Foeta Krige, Suna Venter, Krivani Pillay en Jacques Steenkamp se afdankings ter syde te laat stel. Hoewel die ander vier joernaliste, Busisiwe Ntuli, Lukhanyo Calata, Vuyo Mvoko en Thandeka Gqubule, deur hul eie vakbonde en regspanne verteenwoordig word, sal Maandag se uitspraak vermoedelik ook hul afdankings beïnvloed.

Dirk Hermann, Solidariteit se bedryfshoof, het Sondag gesê die vakbond is oortuig daarvan dat hulle daarin geslaag het om te bewys dat die vier joernaliste wat hulle verteenwoordig se afdanking onregmatig en strydig met wetgewing was. “Ons is daarvan oortuig dat ons lede binnekort terug by die werk gaan wees om in diens van die publiek op te tree deur inligting te verskaf,” het Hermann gesê.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK8 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Koos ·

Ek se nog dit is ‘n “demokratiese “land begin ‘n eie uitsaaier radio en TV soos multichoice wie betaal tv lisensies dstv subskripsie?? En die kundiges wat so maklik afgedank word gebruik hulle kundigheid om weer ‘n regte SAUK op te bou.

Lizzie ·

Ek het simpatie vir die afgedanktes. Ek is ook afgedank vir n fout wat ek gemaak het, nie gesteel of bedrog gepleeg nie. Saak by CCMA gewen om weer aangestel te word, maar werkgewer saak na Arbeidshof verwys. Ek wag al hoe lank vir ‘n datum by die hof en my prokureur se dit kan nog maande vat voor my saak voorkom. Intussen moet ek nog lewe en my verpligtinge probeer betaal. Wat net vir my so onregverdig is, dat die mense van die SAUK net so binne ‘n paar dae verhoor word by hof en uitslag in paar dae se tyd kry. Wat is verskil tussen my saak en hulle. Dit wys net die mense met aansien kry voorkeur en die jan alleman moet maar sy beurt afwag.

Lizzie ·

het hulle gekontak en gese ek is nie lid nie, of hulle nie dalk my kan help om dinge vinninger te laat loop nie. n Prokureur van hulle my net geantwoord en gese dit is ongelukkig so, ek sal maar net moet wag. Kan tot ‘n jaar vat vir n hofdatum.

Tammy ·

Nee dis nou nonsies, wie speel vir tyd…mens is geneig om te dink iemand is bang vir die waarheid.. Ek hoop die SAUK gaan al die regskostes en verliese en skade van die afgedanktes betaal. Hulle het baie belastinggeld om te mors!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.