Die bestuur van die SAUK het Donderdag ʼn aanval op sy verslaggewers veroordeel.
ʼn Span van die SAUK is in Klerksdorp van hul mobiele uitsaaitoerusting en persoonlike besittings beroof toe hulle betogings in die gebied gedek het.
“Die SAUK bedank die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Noordwes en ʼn plaaslike gemeenskapsradiostasie, Star FM, dat hulle so vinnig reageer het om die toerusting weer op te spoor,” het Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, gesê. “Die toestand van die toerusting is nog nie bekend nie, omdat dit nog nie getoets is nie.”
Kganyago het benadruk dat dié oortreding die proses, om nuus aan die publiek te lewer, belemmer. “Die toerusting is baie belangrik, omdat dit die SAUK help om sy mandaat doeltreffend uit te voer.”
Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die SAUK se toerusting, ter waarde van R300 000, is in ‘n huis in Extension 20 opgespoor ná ‘n wenk aan die polisie gegee is.
Sal cash converters mens iets gee vir sulke toerusting en is daar ‘n mark daarvoor onder die gewone publiek?
Jammer maar julle het julle regering verkies!!!
Hoekom nog die betogings erkenning gee. Bly net weg. Hoe meer hulle kameras en media dekking sien hoe meer word vernietig. Die polisie moet maar net sterker staan en die betogings stop voordat dit begin……. Ek dagdroom seker maar n bietjie.