SAUK-joernaliste in Vrystaat aangeval

SAUK-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het ʼn aanval op twee SAUK-joernaliste in die Vrystaat veroordeel.

Thabo Katsanda en Thabiso Radebe is glo in Moemaneng in Marquard deur ʼn groep gewapende jong mans aangeval. Hulle moes deur ʼn versperring van klippe en buitebande, wat aan die brand gesteek is, ry om te vlug.

Katsanda het gesê die jong mans, tussen 14 en 20 jaar oud, het die motor omsingel. “Hulle het aanvanklik vriendelik gelyk en vir geld gevra om die versperring te verwyder. Hulle het daarna vyandig geword. Een het ʼn mes te voorskyn gebring. Dit het gelyk of hulle ons wou beroof en die motor aan die brand wou steek.”

Sanef het gesê ontstoke inwoners betoog al maande lank oor swak dienslewering en eis dat die munisipale bestuurders afgedank moet word. “Verslaggewers dek dié stories te midde van teistering en vyandigheid. Vlakke van geweld het hierdie keer egter verhoog en die joernaliste is gedwing om te vlug,” het Sanef in ʼn verklaring gesê.

Die organisasie is besorg oor toenemende aanvalle op verslaggewers, veral tydens diensleweringsbetogings. Daar was ʼn paar voorvalle landswyd, insluitend tydens die onlangse #shutdown-betogings by die Alexandra- informele nedersetting.

“Dit lyk of verslaggewers sagte teikens word vir misdadigers. Sanef glo dit is ʼn kommerwekkende situasie, aangesien joernaliste nou versigtiger sal moet wees om dié gebiede te besoek. Dit is egter presies die plekke en stories wat ons moet dek as ons ernstig wil wees om die regering aanspreeklik te hou.”

Sanef doen ʼn beroep op mediahuise om hul verslaggewers te beskerm deur sekuriteitassesserings te doen, indien nodig, en om joernaliste in vyandige omstandighede te ondersteun deur opleiding en berading.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

pieter ·

Rus die verslaggewers toe met drones(hommeltuie) baie makliker

Joe Olivier ·

Hulle betoog so hard die afgelope maande dat hulle nooit gehoor het dat daar n verkiesing was nie. Hulle het n gulde geleentheid gemis. Arme sotte.

James ·

Maar hulle kon mos nou gestem het vir n beter regering met dienslewering. En die stem uitslae het dan gewys hulle is te vrede met alles. 63.02% ANC gestem………

Willehond ·

Dis maar so. Stem reg en alles is reg en verniet!! Viva anc!

piper ·

.so die jongklomp het hulle eie tolhek sisteem. hulle versperdie pad en wil dan geld he om dit oop te maak. die polisie moet hulle net vasvat. vaar onder hulle in met sambokke en kry klaar

Pieter du plessis ·

Ek het geen probleem nie die kastige persvryheid is nie eers so vry vir die media om te sê dat die aanvallers swart mans was nie,As die skuldiges nie nie eers geidentifiseer mag word nie hoe gaan die werklike probleem aangespreek word

fred ·

hulle is terug by die 80 -tiger jare..toen dreig die ANC om van die township “NO GO” gebiede te maak…nog niks verander nie..

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Hulle woon by hulle ouma ….daar is nie n gesin-struktuur in 90% van die huishoudings in Suid-Afrika nie….sonder n vader-figuur in elke huisgesin sal jy nooit n land kan bou nie…al wil jy…want daar is nie n opvoeding voor skool-ouderdom teenwoordig nie.
.
.

Priscilla ·

Beskerm 2 joernaliste maar vergeet van die boere en ou mense wat elke dag aangeval word. ???

Hansie Slim ·

Welkom in die “gewone” wêreld joernaliste. Hierdie is afrika en hier is nie misdaad soos ons min Lindiwe sê

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.