SAUK-joernaliste ontvang glo dreig-SMS’e

Foto: Argieffoto

Foto: Argieffoto

Die voortdurende doodsdreigemente wat die SAUK-joernaliste wat voor die parlementêre komitee wat die openbare uitsaaier se sake ondersoek getuig het, ontvang, is ʼn direkte aanval op die parlement, het LP’s Woensdag gesê.

“Ons doen weer eens ʼn beroep op die wetstoepassingsagentskappe om te verseker dat die getuies wat voor die komitee verskyn beskerm word,” het Vincent Smith, voorsitter van die komitee, in ʼn verklaring gesê. “Ons veroordeel enige poging om verantwoording aan die parlement omver te gooi.”

Nqabayomzi Kwankwa, LP van die United Democratic Movement (UDM), het LP’s vroeër ingelig dat van die joernaliste gedreig word. Hy het ʼn SMS wat aan een van die joernaliste gestuur is voorgelees.

“Traitors protecting your white friends in Parliament who started this, telling lies about your comrades. You are warned, we don’t kill blacks but sit and watch the blood flow [sic]”, lui die SMS.

Smith het gesê die komitee sien die dreigemente in ʼn baie ernstige lig en sal die saak met die parlementêre owerhede opneem. “Die komitee is baie bekommerd dat die SAUK se bestuur klaarblyklik onbewus is van die lewensbedreigende situasie waarin die joernaliste verkeer, na aanleiding van die raadsvoorsitter se getuienis gister dat hy nie kennis dra van die dreigemente nie,” het hy gesê.

Thembeka Gqubule, Krivani Pillay, Lukhanyo Calata en Vuyo Mvoko het Maandag getuienis gelewer dat Hlaudi Motsoeneng van ʼn gewone vervaardiger vir die Vrystaatse aktuelesakeprogram na topbestuur in die uitsaaier gevorder het omdat hy beskerming van “Pretoria” gekry het.

Die vier joernaliste is saam met vier kollegas vroeër vanjaar afgedank nadat hulle openlik teen sensuur by die SAUK en die manipulasie en verdraaiing van nuus beswaar gemaak het. Die meeste joernaliste is sedertdien weer aangestel, maar hulle beweer hulle word steeds geïntimideer en ontvang dreigemente.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

John ·

… maar gaan hulle moeite doen om die mense te beskerm? Dinge begin lelik raak…

Balkie ·

Ja, waarvoor rica mens dan. Die oorsprong moet vasgestel kan word? Selfde met banke wat kriminele beskerm deur kamstig nie inligting rakende die mense het nie onderwyl jy geen niks kan doen sonder bewys van adres en identiteit nie.

Lance ·

Rica is net vir eerlike mense …en die smse se mens presies met watse tiepe mense hier temake het …boewe wat n skrikbewind lei wat nou die sauk beheer ! Hoe het ons ooit op die lae vlak beland ….dankie anc !

Jan ·

‘n Bekende Afrikaanse sanger het ‘n tyd gelede gesê, “go figure”, en toe is hy daaroor verguis. Maar nouja, oor die geskiedenis heen kan mens gaan oplees hoe heersers mag misbruik het. Buiten vir Zim, kan ek nie aan ‘n land dink waar soveel mense ‘n party oopoë oondersteun en aan die bewind hou wat in so ‘n kort tyd soveel verwoesting gesaai het nie. O’ja, daar kom tog nou baie vinnig nog so ‘n naam by my op en dit het die wëreld op sy kop maak staan.

Anoniem ·

Die oorsprong van die sms’e kan tog seker deur die slim manne met die dik brille bepaal word? Dan kan ons weet wie sit daar agter….

Jan ·

Suid-Afrika hoort in die Guinness rekordboek. Daar is nie ‘n land wat by ons kan kersvas hou nie. Viva, viva.

Johann ·

‘Geloof’ is ook nie een van die skerpste potlode nie, ook nie die dunste nie.

Magda ·

Jy kan sim kaarte koop by uitlanders koop wat klaar ge rica is vir R5

Kobus ·

Waaaat??????Dan Rica net n foefie om jou persoonlike inligting te bekom om moontlik teen jou in misdaad te gebruik

MdP ·

RICA is net nog ‘n opening vir maatjies wat maatjies help! Hoe anders kry besighede/individue dit deesdae reg om selfoonnommers te bekom vir meestal sinlose oproepe/sms’e (soos “telesales”)?!

Johann Marx ·

Ons almal word deur rica ge-fica, en ons weet dit nie…

maree ·

If the sms says “they don’t kill blacks”, does that mean that they only kill whites

CL ·

Klink soos iets wat in plekke soos Mexico gebeur! Hoe het ons tot hier gekom? Hoe maak ons die gemors weer reg?

Piet ·

Mr Froggy sit agter alles die vernering was vir hom net te groot die wiel het gedraai vir jou ou Froggy ek kry so lekker my ron krul om het mos gedink hy loop op die wolke toe hel hy met n helse spoed na benede lekke man lekke kry vir jou ou Froggie jy is toe nie so onmisbaar soos jy jouself vereer en verhewe het bo ander nie ek het vir jou n peace job as jy nie weer werk het nie my gras is lank jou arrogansie het sy tol geeis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.