SAUK-joernaliste: Saak uitgestel

Jacques Steenkamp, Foeta Krige en Suna Venter vergader met hul regspan voor die hofverrigtinge begin (21 Julie 2016). Foto: Twitter via @solidariteit

Jacques Steenkamp, Foeta Krige en Suna Venter vergader met hul regspan voor die hofverrigtinge begin (21 Julie 2016). Foto: Twitter via @solidariteit

Die regspanne van die SAUK en die agt joernaliste wat in ʼn omstrede besluit van die uitsaaier afgedank is, het Donderdag vlugtig in die Arbeidshof verskyn.

Die vakbond Solidariteit het namens Foeta Krige, Suna Venter, Krivani Pillay en Jacques Steenkamp versoek dat hul afdanking dringend ter syde gestel word en dat die dissiplinêre proses teen hulle algeheel opgeskort word. Die ander vier joernaliste – Busisiwe Ntuli, Lukhanyo Calata, Vuyo Mvoko en Thandeka Gqubule – word deur hul eie vakbonde en regspanne verteenwoordig.

Die agt joernaliste het onderskeidelik Maandag en Dinsdag afdankingsbriewe van die uitsaaier ontvang. In die briewe word gemeld die joernaliste word in die pad gesteek omdat hulle “voortgaan om die SAUK-bestuur se gesag te ondermyn” en hul wangedrag “onhoudbaar” geword het.

Die hofverrigtinge was Donderdag binne enkele minute verby nadat die SAUK versoek het dat die saak na Vrydag uitgestel word om hulle die geleentheid te gee om hul opponerende hofstukke in te dien. Solidariteit se regspan het tot die uitstel ingestem mits die SAUK Donderdag se regskoste dek.

Die hof het die SAUK beveel om hul hofstukke teen 19:00 vanaand in te dien en gelas dat die saak môre om 12:30 hervat sal word.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK8 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Deon ·

Dit lyk vir my of die SAUK vir tyd speel met al die drama. Na die verkiesing, dan gaan hulle skielik omswaai. Soos sake nou staan, mag niemand berig oor, protes aksies wat die ANC se onvermoe om die land/munisipaliteit te regeer/bestuur, uitlig en onder die kiesers se aandag te bring nie. Deur die hofsake uit te rek tot na die verkiesing is `n strategie. Na die verkiesing maak dit nie meer saak nie, want dan het hulle bereik wat hulle wou —- geen beriggewing oor die sake nie.

Speedguard ·

En so betaal die belasting betaler die regs kostes, onuitputbare geld bron , hul hoef nie hul hofstukke betyds in te kry nie omrede hul nie die kostes dra nie, maar wel jan alle man!!

pieter ·

KOMINUSTIESE RUSLAND MAAK N VUUR DIE MEDIA HARDLOOP SOONTOE DAN JAAG HULLE NONSENS AAN OP N ANDER PLEK. ALMAL SE OE IS OP DIE SABC DIE MEDIA MOET GAAN SOEK WAAR EN WAT JAAG DIE ANC OP N ANDER PLEK AAN. HIERDIE IS N SLENTER OM NONSENS AAN TE JAAG.

Poot ·

Pieter ek dink het seker gebrand om die AFRIKAANSE anoniem vir “nonsens aanjaag” te gebruik. LOL!!!

Plaasmeisie ·

Sé ek lankal selfde in geval van ons sportmal nasie oor rugby,iets goeds as rugby se ster dof raak dan sien ons dalk raak word gepaai en om ons maak ander planne.

Sandra ·

Moet nie eers praat van rugbymal nie, ons nasie het ons land weggegee om rugby te mag speel. Ons sit in hierdie gemors as gevolg van rugby obsessie.

Kester ·

Al my vriende wat Ja gestem het het dit gedoen vir rugby. Twee van hulle is intussen vermoor.

Poot ·

Sandra
En wat van die ander sport soorte. Krieket, Atletiek, Sokker en dis maar net die ou grotes in ons land. Hoekom rugby die skuld gee? Ek wet jou dat jou wederhelfte en jy julle groen en goud gaan aanhê met die komende toetse en ook maar voor die teevee sit of in ‘n pub gaan kyk.

Karma ·

@Plaasmeisie – jou kommentaar maak nie NAASTENBY sin nie! EN @Sandra, wat de (peep) het rugby met die verval van die land te doen? Suggereer jy dat die eerste demokratiese (sogenaamde) se doelstelling was sodat ons weer internasionaal aan sport kon deelneem en alle sanksies laat vaar is? Dan moet jy miskien maar ‘n bietjie weer gaan lees oor waarheen ons land oppad was (volskaalse burgeroorlog) ….

Ester ·

Ons is inelkgeval oppad daarheen, hulle maak oorlog teen ons soos ons elke dag hier lees. Daardie tyd het ons darm n polisie en weermag en werk gehad, nou het ons niks.

Cherokee ·

Karma, skielik kom ek tot die gevolgtrekking dat jy een van hulle is wat ons beland het waar ons is. As jy Plaasmeisie reg gelees het stem ek met haar saam.

Gideon ·

Sandra, jy is reg maar ek wil effens verskil deur te sê sportmal is ons nasie se gouekalf!!

Ernst ·

By my kind se skool gaan als net oor rugby, akademie is n bysaak. Die kinders dink hulle gaan almal sporthelde word. Toe ek op skool was het baie ook so gedink, nie een van hulle het nie en hulle het nou nie eers n ordentlike beroep om op terug te val nie.

James ·

Dié joernaliste moes in die eerste plek nie George Soros se propaganda gedek het nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.