SAUK-joernaliste: Uitspraak dan verwag

Jacques Steenkamp, Foeta Krige en Suna Venter vergader met hul regspan voor die hofverrigtinge begin (21 Julie 2016). Foto: Via @Solidariteit

Jacques Steenkamp, Foeta Krige en Suna Venter vergader met hul regspan voor die hofverrigtinge begin (21 Julie 2016). Foto: Via @Solidariteit

Uitspraak is Vrydag voorbehou in die saak van die vakbond Solidariteit teen die SAUK oor die afdanking van vier veteraanjoernaliste in die arbeidshof in Braamfontein.

Solidariteit het ʼn dringende aansoek ingedien om die joernaliste weer in hul betrekkings aan te stel en om alle dissiplinêre prosedures teen hulle ter syde te stel.

Solidariteit tree op namens Foeta Krige, Suna Venter, Krivani Pillay en Jacques Steenkamp terwyl Busisiwe Ntuli, Lukhanyo Calata, Vuyo Mvoko en Thandeka Gqubule deur hul eie vakbonde en regspanne verteenwoordig word.

Dié agt joernaliste het onderskeidelik Maandag en Dinsdag afdankingsbriewe van die uitsaaier ontvang. In die briewe word gemeld die joernaliste word in die pad gesteek omdat hulle “voortgaan om die SAUK-bestuur se gesag te ondermyn” en dat hul wangedrag “onhoudbaar” geword het.

Dit volg nadat die joernaliste glo kritiek gelewer het teen Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, se omstrede verbod op die uitsaai van nuus en beeldmateriaal van gewelddadige betogings.

Regter Rob Lagrange het die hofverrigtinge begin deur kwessies te noem in die onderskeie regspanne se hofstukke waaroor hy graag meer duidelikheid wou hê. Hierdie kwessies het onder meer ingesluit die werklike rede vir die joernaliste se afdanking, of die SAUK se verbod op die uitsaai van gewelddadige betogings werklik op die joernaliste van toepassing was en of die hof regsbevoegdheid het om uitspraak te lewer in hierdie betrokke saak.

Lagrange het dit ook bevraagteken hoekom die SAUK gekies het om die joernaliste af te dank as die bestuur wel bewus was van die feit dat die joernaliste ʼn dringende hofaansoek ingedien het om dissiplinêre prosesse teen hulle te laat opskort. “Aangesien die SAUK geweet het die joernaliste neem verdere regstappe, moet ons kyk na watter uitwerking dit op die uitspraak en die kostebevel in hierdie saak sal hê,” het hy gesê.

Adv. Steven Budlender, wat vir Solidariteit optree, het onder meer aangevoer Krige en Venter is nie afgedank omdat hulle hul dienskontrakte verbreek het nie, maar bloot omdat hulle kritiek uitgespreek teen Motsoeneng se omstrede verbod. Volgens die joernaliste het Motsoeneng tydens ʼn vergadering met onder andere Krige en Venter gesê: “As mense nie ag slaan op die redaksionele beleid nie, raak ontslae van hulle. Ons kan nie mense kry wat die bestuur se besluite bevraagteken nie.” Budlender het beklemtoon dat die redes oor hoekom die joernaliste afgedank is “hopeloos onwettig en ongrondwetlik” is.

Themba Skosana SC, vir die SAUK, het gevra dat die aansoek van die hand gewys word aangesien die arbeidshof nie regsbevoegdheid ten opsigte van die saak het nie. Hy het aangevoer dat die afdankings wettig is en die joernaliste eers moet kan bewys dat dit onbillik is, alvorens dié hof genader word.

Lagrange het sy uitspraak tot Maandag 10:00 voorbehou. As sy uitspraak dan nog nie gereed is nie, sal hy Dinsdag uitspraak lewer. Die hof het omstreeks 17:20 verdaag.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK8 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

rudi ·

Die laaste paar jaar het die SAUK/NEWS24/IOL/MULTICHOICE mense “gebrainwash”. Dis waarom Maroelamedia so goed doen want News24 en IOL was gesonsor en geen kommentaar mag meer gelewer word. SAUK het lank terug gese hul gaan net fokus op “happy” nuus. My hart bloei en kook as ‘n bejaarde persoon soos ‘n onderwyser of dokter afgeslag word deur? Dit kan net die werk van die duiwel wees. En ons probeel polities korrek wees om dit as “gewone” misdaad te wegredeneer

rudi ·

Jy sien MM. Jul is eintlik net soos SAUK. Jul blok mense volgens jul standaarde, maar dit kan net soms “backfire”

Langenhoven ·

Hulle blok enige kommentaar waarvan hulle nie hou nie, en enige kritiek, al voldoen dit aan die voorwaardes en bepalings, wat frustrasie en negatiwiteit onder lesers veroorsaak.

Henry ·

Innie kol Langenhoven!
Soos dit met die SAUK aan’t gebeur is, gaan MM se sensurering van standpunte wat nie in ooreenstemming met hul oortuiginge is nie, meer as soms ‘backfire’.
Die meerderheid Afrikaners is laaaankal meer as keelvol vir instellings en individue wat hul belange en oortuiginge op andere wil afdwing. Om nie te praat van die blokkering van alternatiewe denke en die manipulering van oop gesprekke nie.
Onhoudbare inperkinge wat onvermydelik daartoe gelei het dat Afrikaners binne enkele dekades hulself in Niemandsland bevind.
Let wel. Vuil en kru taal, persoonlike aanvalle ensovoorts is nie van enige nut vir mens of dier nie en verdien dus geen beskerming nie.
Maar oor sensurering van alternatiewe standpunte:
‘Ons het GENOEG GEHAD!!!’ (met erkenning aan Zoid en Van Coke)

Buitestander ·

Dit lyk vir my die SAUK speel nou ver tyd uit te koop en nie’n uitspraak voor die verkiesing te bekom nie. Hulle sal dadelik appeleer sou hulle verloor om die die uitspraak deur te laat gaan nie.

Ek hoop net die uitspraak stop alle skuwergate toe om nie apel toe te laat nie.

James ·

Ek hoop regtig die SABC wen! Foeta en Suna het ‘n agenda gedryf wat meer vyandig is teenoor Afrikaners/Boere as die ANC regering.

Kobus ·

Almal wat na 1994 by sauk bly werk het het anc propaganda gedryf! Dit was die rede vir hulle aanbly en voorwaardes! Dit is maar soos die joiners van die boere oorlog!!

pieter ·

DIS NOU N GEVAL VAN MENG JOU MET DIE SEMELS EEN OF ANDER TYD EET DIE VARKE JOU OP.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.