SAUK-joernaliste: Uitspraak dié week verwag

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, Donderdag in die arbeidshof. Foto: Reint Dykema.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, Donderdag in die arbeidshof. Foto: Reint Dykema.

Uitspraak sal na verwagting Maandag gelewer word in die saak van die vakbond Solidariteit teen die SAUK oor die afdanking van vier veteraanjoernaliste wat Vrydag in die arbeidshof in Braamfontein aangehoor is.

Regter Rob Lagrange het aangedui dat hy Maandagoggend om 10:00 sy uitspraak sal lewer. Indien die uitspraak teen 09:00 nog nie gereed is nie, sal die onderskeie regspanne sodanig ingelig word en die uitspraak sal Dinsdag gelewer word.

Solidariteit het die arbeidshof genader om Foeta Krige, Suna Venter, Krivani Pillay en Jacques Steenkamp se afdankings ter syde te laat stel. Hoewel die ander vier joernaliste, Busisiwe Ntuli, Lukhanyo Calata, Vuyo Mvoko en Thandeka Gqubule, deur hul eie vakbonde en regspanne verteenwoordig word, sal Maandag se uitspraak vermoedelik ook hul afdankings beïnvloed.

Die mediavakbond Bemawu het Saterdag bekendgemaak dat hy ook die arbeidshof namens Calata en Ntuli genader het en dat hulle saak in die komende week aangehoor sal word. Volgens berigte sal Mvoko en Gqubule hulle ook tot die arbeidshof wend om hul afdankings ter syde te laat stel.

Dirk Hermann, Solidariteit se bedryfshoof, het Sondag gesê die vakbond is oortuig daarvan dat hulle daarin geslaag het om te bewys dat die vier joernaliste wat hulle verteenwoordig se afdanking onregmatig en strydig met wetgewing was. “Ons is daarvan oortuig dat ons lede binnekort terug by die werk gaan wees om in diens van die publiek op te tree deur inligting te verskaf,” het Hermann gesê.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK8 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stefaans ·

Die joernaliste het myns insiens ‘n goeie kans om te slaag. Maar wat gebeur daarna – kan jy dink hoe hulle werksomstandighede gaan wees? Vir ‘n begin sal hulle opdrag ontvang om plekke te besoek waar hulle lewens in gevaar gestel word. Die sielkundige oorlog teen die blankes is steeds aan die gang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.