SAUK kan teen einde Maart bankrot wees

SAUK-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die SAUK kan teen 31 Maart tegnies insolvent wees met ʼn verlies van R568 miljoen vir die finansiële jaar.

Die openbare uitsaaier se bestuurspan het Dinsdagoggend terugvoer gegee aan die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie. Madoda Mxakwe, uitvoerende hoof van die SAUK, het gesê die beoogde verlies is R281 miljoen meer as wat aanvanklik verwag is.

Volgens Mxakwe ly die openbare uitsaaier weens “die totale verontagsaming van prosesse” onder die vorige bestuur.

Die gevolg van die finansiële krisis by die SAUK is dat inhoudsverskaffers weier om met die openbare uitsaaier in gesprek te tree aangesien hulle nie betaal word nie. Die SAUK het ook nie geld om die regte te koop om sportbyeenkomste uit te saai nie.

Die openbare uitsaaier kan ook nie roetine instandhouding by van sy geboue doen nie, wat gesondheid- en veiligheidsrisiko’s inhou. Volgens berigte kan die SAUK ook nie waarborg dat werknemers aan die einde van die maand betaal gaan word nie.

Bongumusa Makhathini, voorsitter van die SAUK-raad, het in November al aan LP’s gesê as die uitsaaier nie ʼn kontantinspuiting van R3 miljard ontvang nie, hulle ʼn “dag zero” sal bereik wanneer die uitsaaier “feitlik bankrot” sal wees teen Maart vanjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Jepetto ·

Waar heen is die Regering oppad Daar is nie meer a staats instelling wat nie in die kryp is

Deon Steyn ·

So, wat is die sin daarin om verder TV lisensie te betaal?!

Wonder Net ·

Dus darem snaaks dat al die maatskappy (Transnet, Eskom, SAUK, SAL) die land se “pride” was so 30 jaar terug. Wys jou maar net wat gebeur as we demand we want dink dit kan beter bestuur word.

Essie ·

Nou dan was dit mos nie nodig dat ek my televisielisensie vanoggen betaal het nie hoe nou gemaak

Ander Annie ·

Hulle was al bankrot toe Hlaudi uitgeskop is. Ons pensioengeld gaan gebruik word om hulle uit die moeilikheid te help. Tog het Hlaudi homself destyds ‘n R30 miljoen bonus gegee. Met R30 miljoen kan ek soos ‘n koningin aftree en nooit weer bekommerd wees oor die dag van môre nie. Ek kyk in elk geval laaaankal nie meer TV nie. You tube is baie meer aangenaam.

poppie ·

Ek wil reeds uitvind of ek my tv lisensie kan kanselleer…ek kyk al jare nie meer tv nie maar betaal elke jaar

Mike ·

Ek selfs ook, Geen sateliet onvanger ens nie. Slegs showmax en netflix, En boonop is ek doof, Ek het maar teensinnig einde Feb betaal, Hoop dis laaste sien.

Helena. ·

Nou toe nou..wat is volgende..als loop verkeerd in dié land. Soos die spreekwoord sê “money is the root of all evil” die instansies gaan bankrot maar die “big shots” raak nie bankrot nie.
Jammer vir die werkers wat hard werk en miskien nie betaal word nie. Swak..Swak..Swak!!!!

D B ·

Na 20+ jaar is die geld nou op…Hoe gaan die regering nou maak? Hier kom BITTER swaer tye vir ons, want hulle gaan die geld by ons soek (nee, vat).

Helen ·

#DB Dit is waar die hele probleem lê, slegs die minderheid bly betaal vir ‘n produk wat al jare glad nie vir hul voorsiening maak nie en die vir wie daar voorsiening gemaak word, betaal nie ‘n sent nie. Dit soos om kartonne sigarette jaarliks te koop, maar jy rook nie maw geld in die water. Dit is tyd dat SAUK dekodeerders verkoop en jy betaal self maandeliks vir jou luukse om te kyk ipv dat’n handjie vol ander mense gedurig vir jou gerief opdok. Ons kyk al vir meer as 20 jaar glad nie SAUK nie maar word gedwing om elke jaar daarvoor te betaal. Die melkkoei is leeg getap!!

Hendrik UAE ·

Staats instellings is nie in die knyp nie ,hulle is in iets waarvoor jy knyp!

alida ·

Hulle het nou weer vir etol miljarde gegee sal seker die flop van ‘n SABC ook help.
Gooi die geld die aasvoels wat daarvoor.

Se maar net ·

Ek het jare terug my tv lisensie gekanseleer juis omdat daar gemors op is. Ek het selfs dstv ook gekanseleer omdat soveel programme herhaal word. Ek het wel nog my tv, sit ek my tv aan is dit net n blou skerm wat wys. Al wanneer my tv aankom as ons movies koop by musica of gaan uitneem by mr video. Andersins is hy vir weke af en spandeerbons as gesin meernkwaliteit tyd saam mekaar of speel boereplaas of uno games wat ons ure se genot gee.

JohanL ·

Natuurlik sal die ANC ‘n geld inspuiting iewers uitdink (belastinggeld van iewers af). Die SABC is mos die “maklike” manier om kiesers te beinvloed.

pieter ·

Sit net die gemors af en julle sal sien hoe baie is daar om te doen.

Bekommerd ·

Dit sal interessant wees om te weet hoeveel salaris die base per maand verdien teenoor die werkers. Nog ‘n SOE in sy glory in met die komplimente van die ANC

Michael ·

Kyk! Nog n ANC projek Kry die ANC Nie skaam nie die hele wereld sien hoe hopeloos hulle is Alles wat hulle aan raak is n flop .

hendrik ·

Hulle kan nog nooit bankrot wees nie want hul top ouens kry dan miljoene Rand se bonusse. Elke jaar.

Anel ·

Gaan seker ook aanspraak maak op ons pensioen. Hulle sal nie rus voor daar ook nie meer ‘n sent daarvan oor is nie.

lewies ·

WAT DIE LEWE MY GELEER HET. Die deler is net so goed as die steler of as jou gewete jou aankla oor n saak wat verkeerd is en jy doen niks daaraan nie, moet jy maar saam met die res ondergaan

HELLO ·

Jip, dis nie snaaks nie, sou wel skreeusnaaks gewees het as iets waaraan die ANC gevat het suksesvol was. Watter instansie is volgende.

bobbie ·

hoekom maak julle nie die plekke TOE wat die BELASTINGBETALER so DREINEER Nie?? Daaar kry ESKOM weer ‘n klomp geld en PRASA en SAA en almal wat JULLE laat bankrotspeel het moet met ONS belastinggeld gered word?? HOE FAIR IS DIT??

Donderstorm ·

Hul moet dit ss dstv maak n decoder gebruik betaal nie sny eenvoudig die syn geen geforseerde tv liksens geld nie of betaak vir sekere kanale dan sal hul seker dstv ook n lopie vir hul geld gee

honourable member ·

So lyk die hele land. Alles is besig om in duie te stort weens hierdie mense se wanbestuur.

DeVill ·

“Sit dit af sit dit af!”

ASB skalel die SABC af.

Bitter jammer vir die ouens by RSG en ander wat hard en eerlik werk!

Dries Moolman ·

Ek betaal net my tv lisensie vir die onthalwe van RSG, waarna ek wel luister. Die SANC bied lankal geen kykstof vir my nie.

Kom help Libs ·

WAAR IS DIE LIBERALE NOU EN DIE MANNE VAN Holland wat altyd hier kom inloer . SLOET?? Hoe lyk dit .. dit is mos kanale wat JULLE Idees bevorder . KOM HELP BIETJIE . kom bring hulle weer op die been met julle EUROS, en al die Croukamps en mense wat altyd alles slegs oor WITTES te se het . KOM NADER EN KOM HELP julle SOE’s.

ne ·

Nee wat, more verdubbel hulle die tv lisensies. Hulle sal wel ‘n oplossing kry.

Elna ·

Dis skrikwekkend om te sien wat werklik aangaan in hierdie land. Niemand het meer geld nie besighede is baie baie stil en hardloop teen n verlies. Die belastingbetalers is ook bankrot so SARS moet dalk ook oorweeg om hulle deure te sluit net soos een na die ander plek vou hier in Suid Afrika.

Veronica ·

Iemand het eendag vir my gesê: Hulle weet nie dat hulle nie weet nie! En wraggies! Dis waar!! Nie n cooking clue wat hulle doen nie, maar sal maar aan foeter totdat daar niks meer oor is nie!

IK ·

Daar, Veronica, slaan jy die spyker op sy kop. My gesegde is ‘dat indien jy weet dat jy nie genoeg weet dan weet jy genoeg’ m.a.w. dan gaan vra jy hulp.

Boet Fasie ·

Ag sit maar die tv af, daar is niks op nie, selfs DSTV is net so swak, net sokker op al die sport kanale. ‘ n Gedeelte van die land moet sweet en betaal en die ander kry alles verniet. Lekker Suid Arika is amper iets van die verlede, geen krag, water, tv en SASSA nie ,gedink julle kan alles veniet kry , dink weer.

Dries Moolman ·

Verlede jaar toe spog die SABC dat hulle sepie Uzalo (wat skerp produksie-bande met die Zuma familie het) die mees gekykte sepie in die land is met meer as 10 miljoen kykers. Nou as mens die somme maak, en elk van hierdie kykers betaal getrou hulle tv lisensies soos wat die wet vereis, is dit ‘n inkomste van meer as R2.5 biljoen. So wat is die probleem, die korporasie moet mos dan floreer?

Bekommerd ·

Hoeveel mense gaan hul werk by SAUK verloor, of getrench word. Dink daaraan. Hul het almal gesinne. Ek voel jammer vir dié wat hard werk daar.

Judge Dredd ·

Die skrif is aan die muur al die laaste 7-8 jaar.
Sekerlik genoeg tyd om werk by ander instansie te gesoek het.
Nee jammer, maar ek dink oorgrote meerderheid mense wat nog by SABC werk is meelopers van SABC ideale – links liberale/sosialisties.

Die SABC kan maar ten gronde gaan.

Johanna Botha ·

Agv die 9 LOST YEARS en the good story van die anc ???

aj ·

Die ‘CLEVER BLACKS’ (Cyril en kie) en die STREETSMARTS (JZ en gespuis) is gewikkel in ‘n geveg tot die dood!!!

Die SABC (RSG) saai lang hoofberigte uit oor David Mabuza … (alles propaganda om sy beeld op te blaas in die publieke diskoers) terwyl CR dood geswyg word!

Selfde met Lindiwe Sisulu … ellelange nuusberigte op RSG wat haar beeld opblaas ….
Verder is daar geen gesig op ANC verkiesingsplakate nie ….. vir die eerste keer …. ? …. terwyl CR se gesig daar behoort te pryk! So asof die leiersposisie van die ANC, ná die verkiesing, geen uitgemaakte saak is nie!

Het die STREETSMARTS reeds beheer gekry oor die CLEVER BLACKS?

Gemeet aan die prominensie wat die STREETSMARTS op SABC geniet … is hulle reeds in beheer!

Watch this space!

En geniet die GEVEG!

Alida ·

Ek wonder soms of die ANC nie skaam kry nie. ALLES het gewerk voor 1994 nou het letterlik alles in duie gestort. Die dwase stem nog vir hulle vir n simpel toebroodjie op stemdag.

klip in die bos ·

SKEP MOED: Gaan lees die eerste aanlyn uitgawe van Solidariteit se Tydskrif uitgawe 1

‘n Artikel wat geskryf deur Flip Buys “So lyk Solidaritei stad 2030.

Hendrik ·

Die staatspensioenfonds is so 4 Triljoen Rand sterk en sal maklik al die sukkelende staatsentitete uit die moeilikheid haal.

In its 2019 ANC Election Manifesto, the party says it will “Investigate the introduction of prescribed assets on financial institutions’ funds to mobilise funds within a regulatory framework for socially productive investments (including housing, infrastructure for social and economic development and township and village economy) and job creation while considering the risk profiles of the affected entities”.

Pierre ·

Wonder hoekom E-TV wat geen geld invorder deur lisensies, NIE bankkrot is nie?
En natuurlik die wat wel SABC kyk, is juis die wat nie betaal nie. Selfde resep as Eksdom.

jakes ·

Hoekom verbaas wees hieroor? Die land is vrot op alle gebiede. Altyd gewonder waar hulle geld gekry het om kunstefeeste op die grootboot te hou? Die gemors wat hulle opdis op hul verskeie radiostasies en op TV 1/2/3 en ETV is maar n bewys van hoe dit daar gaan. SABC is niks anders as n propaganda stasie vir die ANC en sy kaders. Al gaan hulle onder sal dit nie regtig n verlies wees nie.

Tienie Kruget ·

Kry vir julle ek kry lekker het gewag vir die dag haal Afrikaans van die kassie af en dit was die Afrikaner wat getrou sy TV lisensie betaal het. Ek betaal van 1995 glad nie meer myne want ek kyk ook nie meer. Kry jou geldjies by die manne in hul plakkershut. Dis mos waar die geld lê Afrikaner nie goed genoeg vir jou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.